GESONDHEID

Hier­die siek­te wat so­veel pyn en on­ge­mak ver­oor­saak, is baie meer as om net vir glu­ten sen­si­tief te wees

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF - Deur CHRISTA SWANEPOEL

Se­li­ak­siek­te

Mag­da Pis­to­ri­us* van Po­lo­kwa­ne het in­ge­bel en ver­tel van haar stryd met se­li­ak­siek­te. Hier is haar sto­rie: In 2016 het ek in ’n sta­di­um goor ge­voel en is dok­ter toe. Hy het ge­sê ek is glu­ten­sen­si­tief en dat ek al­le glu­ten­pro­duk­te moet uit­ska­kel.

Ek het ge­dink dit sal nie so moei­lik wees om sonder brood klaar te kom nie ... Min het ek ge­weet dit sluit nie net brood nie, maar veel meer kos­soor­te in en selfs an­der pro­duk­te, soos tan­de­pas­ta, was­seep, sjam­poe, spe­se­rye, wor­ces­ter­sous en me­di­ka­sie.

My le­we het dras­ties ver­an­der, om­dat my ge­wo­ne ma­nier van kos­maak heel­te­mal moes ver­an­der. Pro­duk­te en spe­se­rye en sou­se wat ek al­tyd ge­bruik het, moes met glu­ten­vrye pro­duk­te ver­vang word. Ek maak soms vir my a­part kos as ek vir my man se­ke­re dis­se wil voor­sit. Ek ge­bruik nou net bal­se­mie­ke a­syn, sout, pe­per, vars kruie uit die tuin en vars groen­te en vrug­te.

V­leis be­hels net skoon hoen­der, vis en v­leis, sonder ma­ri­na­des en ’n krum­mel­la­gie. Wors, koue v­leis of rooi­wor­sies is ta­boe weens die glu­ten wat dit be­vat.

Ek moes vin­nig leer om op te let na die ver­skuil­de en we­ten­skap­li­ke of vreem­de na­me vir glu­ten wat daar soms op die e­ti­ket­te ge­bruik word. Ek kyk ook na die e­ti­ket­te op koel­dran­ke voor ek een koop, om­dat be­stand­de­le soos MSG (mo­no­so­di­um glu­ta­ma­te) my siek maak. Na­me soos mal­to­dex­trin is ook een van die ver­skuil­de vorms wat op die e­ti­ket­te voor­kom, of e­nig­iets met geur­sel, kleur­sel, ge­hi­dro­li­seer­de sty­sel, en­so­voorts.

Selfs ons kui­ers by fa­mi­lie en vrien­de is be­ïn­vloed. Som­mi­ge dink ek het die pad bys­ter ge­raak of dat ek som­mer net vol fie­mies is. Ons kui­er nou baie min­der.

Ek het ge­leer om aan­pas­sings te maak wat kos be­tref. Ek ver­my wat my siek maak, al is ek soms so lus daar­voor, soos ’n piz­za, ’n ge­roos­ter­de ham-kaas-en-ta­ma­tie-brood­jie, ’n braai­brood­jie, sjo­ko­la­de of ’n room­ys of lek­ker uit­eet in ’n re­stau­rant.

Ek het my­self ge­leer om krui­e­tee te trek en om weg te bly van e­ni­ge sui­ker en ver­soe­ters wan­neer dit “ge­glu­te­ni­ze” is om­dat dit die derm net nog er­ger laat pyn en kramp. Die ke­re wat ek wel sui­ker wil hê, ge­bruik ek net bruin­sui­ker of heu­ning.

Ek kan nie waag om te oor­tree nie, want die ge­vol­ge is net te erg.

Stel jou voor ’n mi­grai­ne, te­sa­me met arc ey­es en ’n kop wat voel of dit in klam­pe is wat sty­wer ge­draai word. Boon­op voel jy soos ’n zom­bie en of jou kop vol wat­te is. My ge­wrig­te pyn van kop tot to­ne as­of ek ar­tri­tis in my he­le lyf het. My ge­wrig­te raak seer en stram en die kram­pe is on­op­hou­de­lik. My maag is op­ge­blaas en seer en ek is hard­ly­wig.

My mond raak seer en sen­si­tief weens die seer­tjies daar­in, my na­els is bros, my vel droog en bran­de­rig en my ha­re le­we­loos en vaal.

Dit raak my man ook, want die tye wat ek “ge­glu­te­ni­ze” is, is ek vir vyf dae siek en meest­al in die bed om­re­de dit te seer is om te be­weeg. Dit duur so­veel lan­ger om in­ko­pies te doen om­dat ons al die e­ti­ket­te moet be­stu­deer.

Ons tyd van weg­neem­e­tes en uit­eet is ver­by, want min eet­plek­ke maak voor­sie­ning vir men­se met se­li­ak­siek­te.

Ek moes ook vre­de maak met kin­der­loos­heid ná twee mis­kra­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.