IS SUPERSLIMMES SUPERIEUR? Ons kyk na in­tel­li­gen­sie

Ons kyk na in­tel­li­gen­sie en hoe­kom daar soms on­der ‘in­tel­li­gen­te’ men­se ge­dis­kri­mi­neer word

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF - Deur AN­NE MARAIS

Wat be­hels dit om su­perslim te wees? Is dit men­se wat wis­kun­dig aan­ge­lê is of is dit die goeie spel­lers on­der ons? Of moet jy al­bei kan doen om werk­lik “slim” te wees?

Il­ze van der Mer­we, ’n op­voed­kun­di­ge siel­kun­di­ge, sê vol­gens dr Ca­ro­li­ne Le­af, skry­wer van die boek, S­ka­kel jou brein aan, be­hels op­ti­ma­le in­tel­lek­tu­e­le funk­si­o­ne­ring om ewe veel van die lin­ke­ren reg­ter­he­mi­sfe­re van die brein ge­bruik te maak en te­ge­ly­ker­tyd nu­we in­lig­ting te ver­staan.

“Die nu­we in­lig­ting word ge­bou en op be­staan­de in­lig­ting ge­ïn­te­greer. Soms funk­si­o­neer die een brein­he­mi­sfeer aan­sien­lik ho­ër as die an­der een, wat dan tot se­ke­re leer­pro­ble­me soos aan­dag­af­lei­baar­heid, nie­ver­ba­le leer­uit­val­le en pro­ses­se­ring­uit­da­gings kan lei. Hier­die men­se word dus met ’n be­gaafd­heid of su­pe­ri­eu­re funk­sie in een brein­he­mi­sfeer ge­bo­re, maar om­dat daar nie ’n ba­lans tussen die twee brein­he­mi­sfe­re be­staan nie, er­vaar hul­le leer­uit­da­gings.

“Om­dat ge­stoor­de in­lig­ting ook e­mo­si­o­ne­le in­lig­ting be­vat, be­ïn­vloed dit die pro­ses waar nu­we in­lig­ting ge­stoor en her­roep word. Mens kry die ge­val waar jy by­voor­beeld ’n blok­ka­sie het ten op­sig­te van wis­kun­di­ge in­lig­ting weens ne­ga­tie­we er­va­rings, of juis ge­mo­ti­veerd is weens po­si­tie­we er­va­rings.”

Sy voeg by dat daar ver­skeie ti­pes in­tel­li­gen­sie be­staan, waar­in men­se ster­ker funk­si­o­neer in se­ke­re vel­de en min­der sterk in an­der. “Daar be­staan eg­ter se­ke­re men­se wat glo­baal op­ti­maal funk­si­o­neer in al of die mees­te van hier­die vel­de, wat dan met ’n ho­ër glo­ba­le Ik-toets be­ves­tig word. Ek dink baie van die Suid-a­fri­kaan­se Ik­toet­se neig om meer na teg­nie­se, wis­kun­di­ge en taalfunk­si­o­na­li­teit te leun.”

Ta­ma­ra So­sa, ’n voor­lig­ting­siel­kun­di­ge, sê daar is geen u­ni­ver­se­le de­fi­ni­sie van in­tel­li­gen­sie nie om­dat dit ’n wye ver­skei­den­heid toet­se be­hels en die ver­skil­len­de te­o­re­ti­ci in die toe­pas­sing daar­van ver­skil.

“Ten spy­te hier­van fo­kus baie de­fi­ni­sies op die ver­moë om ab­strak te dink, die ver­moë om te leer en die ver­moë om by die om­ge­wing aan te pas. Ik-toet­se word ge­bruik om die vlak van in­tel­li­gen­sie te meet. As ’n per­soon ’n tel­ling van 130 of meer op ’n ge­stan­daar­di­seer­de Ik-toets be­haal, word hy of sy as in­tel­lek­tu­eel be­gaafd be­skou.”

Is so ie­mand superieur? Ta­ma­ra sê die ant­woord is nie een­vou­dig nie. “Vol­gens die nor­me wat met Ik-toet­se toe­ge­pas word, is so ie­mand be­gaafd. Ik­toet­se moet eg­ter teen die ag­ter­grond van kon­teks­tu­e­le en kwa­li­ta­tie­we fak­to­re soos die taal van die per­soon, skool­om­ge­wing en dies meer ge­ïn­ter­pre­teer word. ’n Hoë Ik-tel­ling waar­borg nie meer suk­ses of su­pe­ri­o­ri­teit in ’n loop­baan of op­voed­kun­di­ge om­ge­wing nie.”

HOE­KOM KRY BA-GRADE DIE WIND VAN VOOR?

“Ek het ’n Ba-graad en is al ge­sê dis eint­lik net ’n Ba-man-vang-graad. Dit voel soms of die men­se in die we­ten­skap­li­ke vel­de dink hul­le is baie slim­mer as ons taal­men­se,” ver­tel Be­ni­ta*.

Il­ze sê ge­grond op die na­vor­sing deur die S­weed­se psi­gi­a­ter, dr Ha­rald Blom­berg oor ge­drag en ei­en­skap­pe in do­mi­nan­sie van lin­ker- of reg­ter­brein­he­mi­sfe­re en die oor­hoof­se fo­kus van gees­tes­we­ten­skap­pe, blyk dit as­of men­se met Ba-grade meer tot reg­ter­brein- do­mi­nan­te ge­drag neig, om­dat dit ’n sterk so­sio-e­mo­si­o­ne­le kom­po­nent be­vat. “Hie­r­uit kan af­ge­lei word dat men­se wat ’n stu­die­rig­ting in

gees­tes­we­ten­skap­pe kies, meer tot ho­ër so­sio-e­mo­si­o­ne­le in­tel­li­gen­sie ge­neig kan wees. Die mees­te an­der vel­de op u­ni­ver­si­teit neig om meer op lin­ker­brein­funk­sie te steun en min­der op e­mo­si­o­ne­le in­tel­li­gen­sie. As hul­le dus ge­drag van dis­kri­mi­na­sie of sno­bis­me teen­oor stu­den­te toon wat BA stu­deer, be­staan die kans dat hul­le van­uit ’n te­kort aan e­mo­si­o­ne­le in­tel­li­gen­sie of reg­ter­brein­funk­si­o­na­li­teit op­tree. Dit is eg­ter slegs ’n af­lei­ding wat op ’n in­di­vi­du­e­le grond­slag be­paal moet word.”

Ta­ma­ra sê daar kleef moont­lik ’n stig­ma aan Ba-grade om­dat dit op so­si­a­le we­ten­skap­pe, ta­le en gees­tes­we­ten­skap­pe fo­kus, ter­wyl Bsc-grade op teg­nie­se en we­ten­skap­li­ke vel­de fo­kus.

“Laas­ge­noem­de bied toe­gang tot be­roe­pe wat hoë sta­tus ge­niet.”

Wat is die op­los­sing vir dié wat voel daar word teen hul­le ge­dis­kri­mi­neer en hoe moet meer­der­waar­dig­heid han­teer word?

Il­ze sê meer­der­waar­dig­heid is trau­ma­ties en ’n vorm van dis­kri­mi­na­sie wat op be­perk­te, ver­draai­de of selfs val­se fei­te ge­grond is.

“Men­se moet be­sef self­waar­de is nie af­hank­lik van hoe hoog jou IK is nie. Hul­le moet be­sef dat el­ke per­soon u­niek ge­skep is en mens­waar­dig­heid, as­ook die reg op ’n ge­hal­te­le­we het. “Neu­ro­plas­ti­si­teit leer ons ook dat in­tel­li­gen­sie ver­an­der­lik is, en dat ’n toets slegs ’n blik is van funk­si­o­na­li­teit op daar­die spe­si­fie­ke oom­blik in tyd. Dus is dit nie ’n fi­na­le of vas­te uit­spraak oor die per­soon nie.”

Il­ze sê dis mak­li­ker om self­gel­dend op te tree as jy ’n sterk, po­si­tie­we self­beeld het.

“Ge­bruik dus hier­die sleg­te si­tu­a­sie om iets po­si­tiefs te ge­ne­reer, en bou ’n po­si­tie­we self­beeld deur die pro­ses van self­ont­dek­king, -groei en -aan­vaar­ding. Ge­bruik dus die teen­stand om ster­ker te word, in plaas daar­van om af­ge­breek of ver­klei­neer te word.”

Ta­ma­ra sê on­ge­ag die ti­pe dis­kri­mi­na­sie wat jy in die werks­plek, op­voed­kun­di­ge om­ge­wing of by die huis be­leef, is dit al­tyd be­lang­rik om be­wus te wees van jou ba­sie­se men­se­reg­te en jou in­ter­ne en ek­ster­ne mag en hulp­bron­ne wat in hier­die ti­pe si­tu­a­sies be­skik­baar is.

“As jy voel daar word on­reg­ver­dig teen jou ge­dis­kri­mi­neer, het jy die reg om vir lei­ding en on­der­steu­ning met vak­bon­de, stu­den­te-on­der­steu­nings­diens­te, re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies en hulp­ly­ne te s­ka­kel.

“Dis ook moont­lik om ie­mand van bui­te te kry om as me­di­a­tor op te tree ten ein­de kon­flik op te los. Dis al­tyd be­lang­rik om jou stem te laat hoor as daar teen jou ge­dis­kri­mi­neer word.

“Ken­nis is mag, so dit is be­lang­rik om van jou grond­wet­li­ke en men­se­reg­te en al­le wet­ge­wing en or­ga­ni­sa­sies wat jou kan on­der­steun, be­wus te wees.”

Ta­ma­ra sê ver­der is dit be­lang­rik om te ont­hou dat die ma­nier hoe men­se op jou re­a­geer ’n weer­spie­ë­ling van hul in­ter­ne wê­reld is. “Hoe­wel dit frus­tre­rend mag wees om saam met men­se wat meer­der­waar­dig op­tree, te leef en te werk, is dit be­lang­rik om be­wus te wees van die feit dat men­se hul in­ter­ne kon­flik­te en on­se­ker­he­de as ’n ver­de­di­gings­me­ga­nis­me op an­der pro­jek­teer.

“Dis be­lang­rik om te be­sef dat die ti­pe ge­drag ’n weer­spie­ë­ling is van ’n an­der per­soon se eie bin­ne­wê­reld en ook dat dit em­pa­tie en be­grip ver­eis. Dis ook be­lang­rik om gren­se te stel ten op­sig­te van wat in jou eie leef­ruim­te aan­vaar­baar en toe­laat­baar is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.