LEEF VOLUIT

To­ni Mould is se­re­braal ge­stremd, maar dit hou haar al­ler­mins te­rug. Sy leef ’n vol le­we en is boon­op een van Suid-a­fri­ka se e­nig­ste vrou­li­ke pa­ra­fiets­ry­ers wat ons land van­jaar in Italië ver­teen­woor­dig het

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF - Deur YOLANDA WESSELS

To­ni Mould in­spi­reer op haar fiets

To­ni Mould het op die prent­jie­mooi kus­dorp P­let­ten­berg­baai groot­ge­word. “Dit was een van daar­die dor­pe waar al­mal me­kaar ken. Boon­op was my ou­ers be­ken­de re­stau­ra­teurs wat al die af­ge­lo­pe by­na drie de­ka­des The Med Se­a­food Bis­tro daar be­dryf. Daar was ook iets an­ders wat ons in die ge­meen­skap be­kend ge­maak het: die feit dat ek as ge­volg van kom­pli­ka­sies ty­dens ge­boor­te met se­re­bra­le ge­stremd­heid ge­bo­re is.”

Hier­die ge­stremd­heid het ver­skeie vorms en grade.

“My ge­stremd­heid is slegs fi­siek van aard en be­ïn­vloed my mo­to­rie­se vaar­dig­he­de, spraak en ba­lans. My won­der­li­ke ou­ers en on­der­steu­nen­de broer en naas­be­staan­des het be­sluit om my aan te moe­dig om so nor­maal as moont­lik te le­we in ’n wê­reld wat nie werk­lik aan my be­hoef­tes vol­doen nie.”

Op ne­ge maan­de het fi­si­o­te­ra­pie deel van To­ni se le­we ge­word. ’n Groot deel van haar jeug was daar­op ge­fo­kus om haar so on­af­hank­lik as moont­lik te maak.

Tussen die ou­der­dom van vyf en ’n half en se­we jaar, het To­ni ’n in­ten­sie­we fi­sie­ke en in­tel­lek­tu­e­le sti­mu­la­sie­pro­gram on­der­gaan. Ge­du­ren­de dié tyd is daar daag­liks se­we uur lank te­ra­pie ge­doen en vroue uit die ge­meen­skap het op ’n ro­te­ren­de grond­ slag ge­help. Op se­we­ja­ri­ge ou­der­dom het To­ni vir die eer­ste keer be­gin loop. Dit was tyd om skool toe te gaan.

To­ni moes ’n spe­si­a­le skool by­woon wat die no­di­ge on­der­steu­ning aan haar kon bied. Sy is toe na die Ca­pe Re­ci­fe S­chool in Port E­li­za­beth.

“As ek van­dag te­rug­kyk, kan ek dui­de­lik die te­kens sien van hoe ek met a­ka­de­mie­se uit­da­gings en ak­ti­wi­tei­te be­gin het om men­se te ver­ras.”

Ser­ti­fi­ka­te vir a­ka­de­mie­se pres­ta­sies, ’n toe­ken­ning vir kon­se­kwen­te a­ka­de­mie­se pres­ta­sie, ’n ju­ni­or skaak­tro­fee en perd­ry­ek­sa­mens was van die groot­ste pres­ta­sies ge­du­ren­de To­ni se eer­ste vyf jaar as skool­gaan­de kind.

“Ná twee e­mo­si­o­neel uit­da­gen­de ja­re waar ek deur an­der kin­ders op skool ge­boe­lie is, het ek te­rug­ge­trek huis toe. Ek het toe ’n pri­vaat Chris­te­li­ke skool by­ge­woon.

“Ek was mal daar­oor om ’n dag­sko­lier te wees en in staat te wees om ná my skool­dag huis toe of na my ou­ers se re­stau­rant te gaan.”

Een veld waar To­ny min voor­uit­gang ge­maak het, was op so­si­a­le ge­bied.

To­ni was so­si­aal ge­ï­so­leer van haar por­tuur­groep. As ge­volg van haar on­der­vin­dings by haar vo­ri­ge skool, het sy dit baie moei­lik ge­vind om vrien­de van haar eie ou­der­dom te maak. Die ge­volg was dat sy as tie­ner nie veel vrien­de ge­had het nie.

Toe To­ni 16 jaar oud was, het haar ou­ers be­sluit dat tuis­skool ’n be­ter op­sie vir haar was. Daar was ho­pe­loos te veel ver­eis­tes en ek­stra ak­ti­wi­tei­te wat sy moes doen.

Die ge­sin het be­sluit op tuis­skool waar To­ni on­der toe­sig van on­der­wy­sers haar fi­na­le drie jaar in twee jaar kon vol­tooi.

Ná skool het To­ni ’n jaar lank ’n blaas­kans van stu­dies ge­neem voor­dat sy by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch BA be­gin stu­deer het.

Sy het haar eer­ste twee jaar suk­ses­vol vol­tooi, maar het daar­na be­sluit om eer­der in ’n rig­ting te gaan waar­oor sy baie pas­sie­vol was.

“Ek het ge­roe­pe ge­voel om ’n maat­skap­li­ke wer­ker te word hoe­wel my loop­baan­voor­uit­sig­te nie te waf­fers ge­lyk het weens my spraak­ge­brek en die feit dat ek nie kan mo­tor be­stuur nie. On­ge­ag hier­van, het ek in 2009 my graad in maat­skap­li­ke werk ont­vang.”

To­ni ver­tel dat om aan die u­ni­ver­si­teit te stu­deer, be­slis nie die mak­lik­ste ding is wat sy al aan­ge­pak het nie, maar dat dit die bes­te ding was wat sy ge­doen het.

“Op ’n se­ke­re ma­nier het my le­we op S­tel­len­bosch be­gin. Hier kon ek vir die eer­ste keer in my le­we vriend­skap­pe smee met men­se wat my ver­staan en aan­vaar.

Dié aan­vaar­ding van my por­tuur­groep het

my weer ’n heel mens ge­maak.”

Sy het ook ’n bal- en La­tyn­se dan­ser ge­word, ’n lei­er on­der stu­den­te met spe­si­a­le be­hoef­tes, so­wel as ’n drie­ma­li­ge wen­ner van ’n spe­si­a­le rek­tor­s­toe­ken­ning.

To­ni woon steeds op S­tel­len­bosch, waar sy en ’n ven­noot in 2009 ’n nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie, B­rid­ging A­bi­li­ties, be­gin het. Hul­le be­stuur twee pro­jek­te: Hul­le bied twee keer per jaar sport- en re­kre­a­sie­ge­leent­he­de vir kin­ders met ge­stremd­he­de en be­stuur week­liks aan­ge­pas­te fi­sie­ke ak­ti­wi­tei­te vir vol­was­se­nes met ge­stremd­he­de in vyf ge­meen­skap­pe in die So­mer­set-we­sen Wyn­land­streek.

To­ni be­stuur die sa­ke-as­pek­te soos fi­nan­sies, fonds­in­sa­me­lings, be­mar­king, die dag-tot-dag-be­stuur as­ook die sport­ge­leent­he­de vir die kin­ders.

’n nu­we pas­sie

To­ni wou al­tyd graag aan ’n me­de­din­gen­de sport deel­neem, maar weens die feit dat sy in ’n klein dor­pie ge­woon het, was daar geen ge­leent­he­de om by sport vir men­se met ge­stremd­he­de be­trok­ke te raak nie.

“Ek het deur­lo­pend perd­ge­ry en het wel ver­skeie sport­soor­te pro­beer, maar daar was nooit ie­mand wat my kon help en tou­wys maak nie.

“Ty­dens my u­ni­ver­si­teits­ja­re het my ou­ers vir my ’n drie­wiel­fiets ge­koop. Dit het my die ge­leent­heid ge­gee om oe­fe­nin­ge te doen, ter­wyl ek ’n ak­ti­wi­teit doen wat ek ge­niet. Weens my stu­dies en die feit dat ek hulp be­no­dig het en dat ie­mand saam met my moes ry, het ek eg­ter sel­de die ge­leent­heid ge­kry.”

In 2012 het To­ni ge­hoor van pa­ra­fiets­ry­li­ga­ren­ne wat deur die We­stern Pro­vin­ce Cy­cling for Pe­op­le with P­hy­si­cal Di­sa­bi­li­ties ge­or­ga­ni­seer is.

In Fe­bru­a­rie 2013 het sy saam met ’n vrien­din vir haar eer­ste wed­ren be­gin oe­fen.

“In Maart het ek aan my eer­ste 10 km-ren deel­ge­neem. Ek het die wed­ren in 57 mi­nu­te vol­tooi. Oor die vol­gen­de se­we maan­de het ek daar­in ge­slaag om my tyd met meer as 17 mi­nu­te te ver­min­der! Hier­die pres­ta­sie was ’n be­ves­ti­ging vir my en an­der men­se dat ek ’n ta­lent vir pa­ra­fiets­ry ge­had het en ek is aan­ge­moe­dig om har­der te werk in my nuut­ge­von­de sport­ak­ti­wi­teit.”

Na­ma­te To­ni ver­be­ter het, is sy aan­ge­raai om in 2014 aan die Suid-a­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pa­ra­fiets­ry-kam­pi­oen­skap deel te neem.

Daar was wel die be­sef dat die groot­ste be­per­king om me­de­din­gend te wees, haar toe­rus­ting was.

“My drie­wiel­fiets was toe al meer as agt jaar oud en het 23 kg ge­weeg. El­ke moont­li­ke po­ging is voor die kam­pi­oen­skap aan­ge­wend om ’n nu­we drie­wiel te be­kom. Aan­ge­sien ons nie een kon vind nie, moes ek on­ge­luk­kig tou op­gooi en kon nie aan die kam­pi­oen­skap deel­neem nie.”

Ge­du­ren­de 2014 het To­ni en ’n vrien­din met ’n fonds­in­sa­me­lings­pro­jek ge­naamd “Help Build To­ni’s T­ri­ke” be­gin.

’n Ga­we man van die li­ga, wat van­dag steeds by To­ni se fiets­ry be­trok­ke is, het aan­ge­bied om te help om die reg­te drie­wiel­fiets vir To­ni te kry. Ge­du­ren­de Ja­nu­a­rie 2015 is die nu­we fiets ge­koop.

“Drie we­ke la­ter het ek aan die SuidA­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pad­kam­pi­oen­skap deel­ge­neem waar ek die tyd­toets en pad­wed­ren in my klas ge­wen het. Dit het be­te­ken dat ek daar­die Sep­tem­ber in die Suid-a­fri­kaan­se span vir die UCI Wê­reld­be­ker in Pie­ter­ma­ritz­burg in­ge­sluit is.”

Hier het To­ni vir die heel eer­ste keer met in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie te doen ge­kry, maar sy het merk­waar­di­ge pres­ta­sies be­reik deur vier­de in die tyd­toets en pad­wed­ren te ein­dig.

Die laas­te paar jaar was baie op­win­dend én moei­lik. In 2016 en 2017 het To­ni se uit­slae by die Na­si­o­na­le Kam­pi­oen­skap­pe daar­toe ge­lei dat sy by die SA span vir in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sies in­ge­sluit is.

In 2016 het sy ge­noeg pun­te by die Wê­reld­ren ver­dien om die al­ge­he­le wen­ner in haar klas te wees.

In 2017, ná ’n ui­ters uit­da­gen­de pad­wed­ren, het sy die sil­wer me­dal­je by die Wê­reld­kam­pi­oen­skap ge­wen.

“Ek het die af­ge­lo­pe drie jaar se in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sies ver­skrik­lik ge­niet, maar ek het nog ’n droom ge­had wat ek graag wou be­waar­heid: ’n oor­se­se wed­ren!”

Ná ’n wel­ver­dien­de blaas­kans van haar oe­fen­ske­du­le, het To­ni teen laat 2017 weer eens skou­er aan die wiel ge­sit. Haar vrien­din, A­net Bos­man, haar reg­ter­hand en hulp van­dat sy vir haar eer­ste wed­ren in 2013 be­gin oe­fen het, het ’n fonds­in­sa­me­ling be­gin vir ’n kom­pe­ti­sie wat ge­du­ren­de 2018 in Eu­ro­pa sou plaas­vind.

“Op 27 Ju­lie van­jaar het ek en A­net op die vlieg­tuig ge­klim. Ons was op pad na Italië, ’n land wat ek van kinds­been af so graag wou be­soek. Dit was waar­lik ’n droom wat be­waar­heid is, hoe­wel dit al­les­be­hal­we mak­lik was!”

In Suid-a­fri­ka word pa­ra-at­le­te dik­wels nie fi­nan­si­eel deur groot maat­skap­pye on­der­steun nie, want hul­le kry nie die­self­de bloot­stel­ling as at­le­te sonder ge­stremd­he­de nie. Aan­ge­sien To­ni nie ’n pro­fes­si­o­ne­le af­rig­ter of be­stuur­der het nie, moet sy haar eie geld vir op­lei­ding, toe­rus­ting, as­ook reis­kos­te vir haar­self en ’n hel­per in. Die af­ge­lo­pe twee jaar het die SA pa­ra­fiets­ry­span geen bor­ge ge­had nie, wat be­te­ken dat die span sonder die no­di­ge span­on­der­steu­ning moes reis wat die deel­ne­mers die ge­leent­heid kan gee om op­ti­maal te pres­teer.

Vir meer in­lig­ting oor haar or­ga­ni­sa­sie: www. brid­gin­ga­bi­li­ties.co.za

Kon­tak To­ni by to­ni­cy­[email protected], be­soek haar blog by https://to­nikm.word­press. com en haar Fa­ce­book-blad­sy by https:// www.fa­ce­book.com/to­ni­mould­pa­ra­cy­clist/

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.