IS ONS AL DAAR, MA?

Klein kin­ders maak die pad ef­fens uit­da­gend. Oor­leef die lang­pad só

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF - Deur THERESA VAN BAALEN

Oor­leef die lang­pad só

Dit is va­kan­sie. Baie van ons kan nie wag om die mo­tor te pak en in die pad te val na Ou­ma en Ou­pa se huis, of see toe, of na ’n va­kan­sie­oord in die ber­ge, of die Bos­veld, of ’n gas­te­huis op ’n skil­der­ag­ti­ge klein dor­pie nie.

Dit maak nie saak waar­heen jy van plan is om te reis nie, dit verg heel­wat be­plan­ning voor jy jou mo­tor se sleu­tel kan draai. As jy boon­op kin­ders het wat saam­gaan, is daar selfs meer din­ge om in ge­dag­te te hou.

DINK HIERAAN VOOR JUL­LE VERTREK

Jy kan nie van kin­ders ver­wag om vir lang tye stil te sit of hul­self be­sig te hou nie. Be­plan dus jul reis só dat jul­le ge­reeld stil­hou om be­ne te rek. As jy nie ver­troud is met die roe­te wat jul­le gaan ry nie, doen voor­af na­vor­sing oor vei­li­ge stil­hou­plek­ke soos pad­stal­le­tjies, be­siens­waar­dig­he­de, of vul­sta­sies met veel­vul­di­ge ge­rie­we vir rei­si­gers. Jy is ver­kies­lik op soek na ’n vul­sta­sie met ’n kin­der­vrien­de­li­ke eet­plek, ’n speel­par­kie én net­jie­se bad­ka­mers, al­les op een ter­rein.

Hou jou kin­ders se eet- en slaap­roe­ti­ne in ge­dag­te. In­dien moont­lik, vertrek net voor dit tyd vir ’n sla­pie is, so­dat hul­le ’n groot ge­deel­te van die pad kan om­slaap. Pro­beer stil­hou­tye met jou kin­ders se eet­tye ko­ör­di­neer, maar hou nog­tans ’n voor­raad ge­son­de en mak­li­ke eet­hap­pies in die mo­tor en sorg vir ge­noeg wa­ter en an­der drink­goed.

El­ke kind moet in sy of haar eie karstoel­tjie vas­ge­ges­pe word, wat kor­rek ge­ïn­stal­leer is. Dis nie net vir jou kind se vei­lig­heid en ge­mak be­doel nie, maar vol­gens wet is dit ook ver­plig­tend vir al­le kin­ders on­der die ou­der­dom van drie.

Moe­nie ver­geet om die vol­gen­de in te pak nie, en hou dit by­der­hand in die mo­tor, nie ag­ter in die kat­te­bak nie: ’n Nat was­lap of ’n hou­er weg­doen­ba­re nat lap­pies, me­di­sy­ne vir in­ge­val ie­mand langs die pad koors, hoof­pyn of maag­pyn ont­wik­kel, jou kind se guns­te­lings­laap­tyd-speelding of troos­kom­ber­sie, son­skerm, ek­stra stel­le kle­re, en ver­se­ël­ba­re plas­tiek­sak­ke waar­in jy kle­re waar­op ie­mand kar­siek was of vuil doe­ke kan ver­se­ël.

HOU HUL­LE BE­SIG

Die groot­ste uit­da­ging van e­ni­ge reis met kin­ders aan boord, is se­ker om hul­le be­sig ge­noeg te hou so­dat hul­le nie ver­veeld raak en op jou se­nu­wees be­gin werk nie. Hier is ’n paar i­dees wat hul­le nie net sal be­sig hou nie, maar wat ook die reis ple­sie­ri­ger sal maak. Help hul­le om een­dag met nos­tal­gie te­rug te dink aan die lek­ker tye wat jul­le saam op die lang­pad be­leef het.

’n Ta­blet of ’n draag­ba­re e­lek­tro­nie­se spe­le­tjie kan baie doen om ver­ve­ling te ver­lig, maar pro­beer skerm­tyd be­perk tot dit wat jy by die huis sou toe­ge­laat het. Moe­nie ou­to­ma­ties in­gee die oom­blik as hul­le be­gin moei­lik raak of aan­dring om met die ta­blet te speel nie, want dan leer hul­le dalk dat as hul­le lank ge­noeg aan­hou kerm, kan hul­le hul sin in al­les kry. Sorg vir een of twee nu­we speel­goed, maar draai dit soos ge­sken­kies toe so­dat die oop­maak daar­van deel van die pret kan wees. Deel die “ge­sken­kies” een vir een uit en gee elk­een ’n beurt om eers sy of haar pak­kie oop te maak ter­wyl al­mal toe­kyk. In hoe meer lae pa­pier jy dit toe­draai, hoe lan­ger vat dit om oop te maak. Só rek jy nie net die ak­ti­wi­teit uit nie, maar elk­een kry ’n beurt om die mid­del­punt van die aan­dag te wees.

’n Bak­plaat of me­taals­kink­bord is die per­fek­te op­per­vlak om mag­ne­te aan vas te sit. Dis ook i­de­aal om op te druk as jou kin­ders wil te­ken of in­kleur. Mag­ne­tie­se let­ters en sy­fers is ge­re­de­lik be­skik­baar. As jou kin­ders oud ge­noeg is, daag hul­le uit om se­ke­re woorde op die skink­bord uit te spel. Of as hul­le vir ’n spe­si­fie­ke eet­ding lus het, laat hul­le eers die woord op die skink­bord “skryf”. Net so kan jy vir hul­le ’n een­vou­di­ge som gee wat hul­le moet uit­pak, en dan self die ant­woord moet by­sit. Die moont­lik­he­de vir spe­le­tjies is ein­de­loos, maar dis na­tuur­lik be­ter as jul­le meer as een stel nom­mers of let­ters het! ’n Wit­bord met ge­kleur­de wit­bord­pen­ne kan ook baie lek­ker werk. Die kin­ders kan daar­op te­ken, spe­le­tjies soos hang­man­ne­tjie en nul­le-en-krui­sies speel en vir me­kaar no­tas skryf. Die bord vee mak­lik met ’n droë lap skoon, en kan oor en oor ge­bruik word.

Vir jon­ger kin­ders is ’n ak­ti­wi­teits­boe­kie met plak­kers ’n goeie i­dee. Hul­le kan kre­a­tief raak sonder om per on­ge­luk die mo­tor se be­kleed­sel met vilt­pen­ne of vet­kry­te te be­krap.

Daar be­staan reis­weer­ga­wes van am­per el­ke tra­di­si­o­ne­le bord­spe­le­tjie, soos skaak, dam­bord, back­gam­mon, en nog an­der, waar die spe­le­tjie­stuk­kies mag­ne­te het wat hul­le aan ’n me­taal­bord laat kleef, of pen­ne­tjies het wat in gaat­jies pas, so­dat stuk­ke nie in ’n be­we­gen­de voer­tuig om­val of rond­skuif nie. Maar as jou kin­ders dit nie kan ver­dra om met me­kaar by die huis skaak te speel nie, moe­nie ver­wag dat hul­le dit op die lang­pad sal wil doen nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.