ITALIË VIR KERSFEES

As dit jou ooit be­sko­re is, be­derf jouself en jou sprui­te met ’n va­kan­sie in Ba­do­la­to in Italië. Dit klink bui­ten­spo­rig, maar dis ’n be­le­we­nis, skryf Lou­ï­ne van der Vy­ver

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF -

’n Be­soek aan Ba­do­la­to in Italië

Een so­mers­aand, op die stoep langs die ver­bleik­blom wat haar par­fuum so gul deel, ont­vang ek ’n op­roep: “Kom hou saam met ons va­kan­sie.” Ja, na­tuur­lik!, wil ek da­de­lik uit­roep, maar die lo­gis­tiek van die plan neuk. Dis nie ’n om-die-hoek­voor­stel nie. Ek gaan ’n nood­fonds­in­sa­me­ling moet hou, want hoe kry ek vyf Van der Vy­vers oor ’n paar maan­de in Italië?

Dié aand kan ek nie slaap nie. Ons het die Ro­san­der-ge­sin bit­ter lank­laas ge­sien – met hul­le wat noord van die e­we­naar woon en ons suid. Dit maal deur my kop: ’n Boer maak ’n plan; waar ’n wil is, is ’n weg. Maar ek kan een­vou­dig nie sien hoe nie en teen sons­op­koms skryf ek ’n on­wil­li­ge en swaar­moe­di­ge e-pos wat ver­dui­de­lik dat dit on­ge­luk­kig nie moont­lik gaan wees nie.

Net voor ek die stuur­knop­pie druk, kom ’n an­der e-pos in. Vir van­dag, en van­dag al­leen­lik, bied ’n lug­re­de­ry 60%-kor­ting op hul kaart­jies na Eu­ro­pa. Dis te goed om waar te wees – wat et­li­ke mi­nu­te ge­le­de heel­te­mal on­moont­lik ge­lyk het …

’n Oom­blik vir ’n dank­ge­bed.

Raai wat gaan my ge­sins­le­de elk vir Kersfees ont­vang?

Vir die vol­gen­de paar maan­de bou die op­ge­won­den­heid om­trent I­ta­li­aan­se ste­de in die kin­ders se kop­pe op. Dis eer­ste vi­sums, eer­ste ka­me­ras, eer­ste eie tas­se pak en eer­ste ver vlieg. My jong­ste is pas ses, maar ook hy leer el­ke og­gend saam met sy agt­ja­ri­ge boe­tie en 11-ja­ri­ge sus­sie op pad skool toe: “Bu­on­gi­or­no! Pi­a­ce­re. Co­me si chi­a­ma?”

Ons vlieg Ro­me toe, waar ons en die Ro­san­ders re­ël om ons huur­mo­tors te kry. Van ons eind­be­stem­ming weet ons nie veel nie – ons hou van ver­ras­sings. Ons is wel ge­sê om ons swem­kle­re in te pak, so ons sien uit na ’n see­va­kan­sie.

Van Ro­me af het ons nog so­wat 600 km suid wat voor­lê en ons vind dit moei­lik om ons vrien­de op die snel­weg te volg. Die mo­to­ris­te is nie bang vir vin­nig ry nie, en ook nie vir die af­gron­de aan weers­kan­te van die 13 mil­joen brûe en 14 mil­joen ton­nels waar­oor en waar­deur ons moet stuur nie.

Die pad voel ge­vaar­lik, maar mens kan die mooi ook nie mis­kyk nie. Ons ry deur wou­de en oor ber­ge, deur wol­ke en in hel­der son­skyn. Ons stop vir piz­za en

ry eers langs die wes­te­li­ke kus van die I­ta­li­aan­se skoen, swenk na links en be­vind ons dan aan die oos­kus. Die hak­skoen se en­kel is eint­lik maar dun en dit neem slegs ’n half­uur om van die een kant van die land na die an­der kant te ry.

Ons be­vind ons nie ver van Si­ci­lië af nie. Die Mid­del­land­se wa­ter is diep­blou en wink. Ons is ge­reed om e­ni­ge oom­blik nóú af te klim en in te duik. Dis baie warm. Maar tot ons on­be­grip kron­kel die laas­te ent van die pad weg van die aan­lok­li­ke klip­stran­de af, boon­toe.

Die to­neel wat hom voor ons ont­vou, wil ek in my le­we nooit ver­geet nie. Voor my op die berg San Ni­co­la (so sê die GPS), staan ’n stuk Re­nais­san­ce, ’n an­der era in ’n klip-en-se­ment-kap­pie op die spits. Dit voel of ons deur ’n tyd­wand ge­dring het waar die 21ste eeu nie uit­ge­kom het nie. Die eer­ste steen hier is 1 038 jaar ge­le­de, in 980, ge­lê. Van die oud­ste ge­hug­gies lê in puin, tog het die mees­te van die dorp steeds ’n reg­op rug­graat, al word daar dak­ke en ven­sters ver­mis.

’n T­ri­om­fant­li­ke klip­boog ver­wel­kom ons in die dor­pie Ba­do­la­to.

Ons eind­be­stem­ming.

Ons ry deur die boog en par­keer op die dorps­plein – tot hier kom jou mo­tor. Nou is dit steil ste­gies en trap­pies ver­der: berg­op en berg­af.

“P­re­go! P­re­go!” roep die paar re­stau­rant­jies op die dorps­plein ons na­der. Maar vir ’n ver­an­de­ring is nie­mand van ons op hier­die oom­blik só hon­ger nie. Ons staan en ver­gaap ons aan die on­ver­wag­te uit­sig – oor die see! Die laas­te ent pad berg­op het uit­mer­ge­lend ver ge­voel, maar hier is dit – net 8 km van die see af en ons sien hom wyd en ver. Die wa­ter is blou­er as ’n Por­tu­ge­se te­ël­tjie en die­per as die blou uit­span­sel op ’n G­riek­se pos­kaart. Teen die son­ver­bleik­te se­ment­dor­pie hier op die berg­spits, lyk die wa­ter swan­ger met kleur – of dit gaan uit­bars en tot ag­ter jou oë gaan in­loop.

’n Jong kel­ner by die groot re­stau­rant op die plein be­ge­lei ons tot by ons bly­plek. Ek won­der heim­lik of ons die pad na die plein te­rug sal vind, want dis links en regs en heen en weer en el­ke ste­gie is nou­er as die vo­ri­ge. Die ba­si­lie­kruid groei knie­hoog­te voor el­ke wer­ken­de voor­deur waar­by ons ver­by­loop en die bla­re is gro­ter as my hand­palm.

Ons om­ge­wings­vrien­de­li­ke huis, Pa­laz­zo Bel­la­vis­ta, is in 1645 ge­bou en is met duur­sa­me af­wer­kings vol­gens die tyd­perk ge­re­stou­reer. Dit het vier ver­die­pings en op twee daar­van is ter­ras­se wat oor die Va­du­la­to-val­lei en die see in die ver­te uit­kyk – al met die sand­han­ge van die berg af ver­dwyn o­lyf­boor­de die diep­te in. Die land­skap is ru, die dorp half ver­val­le, die hit­te ver­sen­gend, maar dit roof jou van jou a­sem.

Reg on­der ons is die 15de eeu­se ker­kie San­ta Ma­ria del­la Pro­vi­den­zia. Dis ’n klein dub­bel­ruim­te-klip­ker­kie met ’n on­be­speur­ba­re klein klok, maar moe­nie dat dit jou flous nie. Die kerk­klok en die hoen­der­haan in die tuin reg langs­aan ding el­ke og­gend mee om wie eer­ste die dorp gaan wek. Ek ver­moed die haan se ei­e­naar is die y­we­ri­ge klok­lui­er wat reeds se­dert dag­breek met ’n on­be­sten­di­ge hand ’n baie on­voor­spel­ba­re en on­pa­troon­ma­ti­ge dieng-dieng-dieng­dieng-dieng-dieng om die uur lui. Som­mi­ge og­gen­de kan ons om­draai en een­vou­dig ver­der slaap. Som­mi­ge og­gen­de is dit nie so mak­lik nie en staan jy teen wil en dank op om met ’n skou­spel­ag­ti­ge sons­op­koms oor die Io­nie­se kus be­loon te word.

Ba­do­la­to is in die I­ta­li­aan­se pro­vin­sie Ka­la­brië ge­leë, ’n land­streek wat baie het om vir die toe­ris te bied. So­wat 80 km noord van die dorp is goed be­houe G­riek­se ru­ï­nes, want dié deel van die kus was dui­sen­de ja­re ge­le­de on­der Io­nie­se be­stuur (van­daar ook die naam van die see). Gaan jy meer suid, is daar ge­or­ga­ni­seer­de wouduit­stap­pies na berg­wa­ter­val­le en rots­ge­steen­tes met in­druk­wek­ken­de kolk­ga­te so tussen die va­rings deur.

Die ei­land Si­ci­lië is so­wat twee uur se ry suid. Dis ’n uit­stap­pie vir ku­li­nê­re vis­ple­sier­tjies, maar wees ge­waar­sku dat die ver­keer in die so­mer­maan­de iets is wat jou va­kan­sie­stem­ming gaan knou.

As jy jou Ba­do­la­to-va­kan­sie vir twee we­ke en lan­ger be­plan, kan mens ’n uit­stap-

pie of twee oor­weeg, maar dis be­slis nie no­dig nie. Ons kui­er vir een week, en die di­rek­te om­ge­wing bied meer as ge­noeg af­wis­se­ling. Ons proe van die plaas­li­ke Va­du­la­to-o­lyf­o­lie wat in 2018 met die Eu­ro­pe­se toe­ken­ning vir bes­te or­ga­nie­se o­lyf­o­lie be­kroon is. Ons lui­er el­ke dag op die klip­strand van Ba­do­la­to Ma­ri­na (die see­voet van hier­die ne­der­set­ting). Daar is min an­der a­sems, dis ’n on­ge­rep­te en af­ge­leë om­ge­wing. Des te be­ter. Ons het die strand vir ons­self. Ons aar­sel nie om duik­bril­le vir die kin­ders aan te skaf nie, want die sou­tin­houd van die wa­ter maak dit mak­lik om te dryf en die af­we­sig­heid van ma­len­de bran­ders maak die wa­ter deur­sig­tig. Jy kan die vis­sies om jou sien swem en die kleu­re van die klip­pe on­der jou voe­te is ’n prent wat jy ge­rus maar in jou ge­heue kan raam.

Die twee blink­ste ster­re van die va­kan­sie is be­slis die twee plaas­li­ke re­stau­ran­te. An­cho­ra is tussen ’n klom­pie bo­me weg­ge­steek, maar eint­lik reg op die strand.

Die speel­plek met klim­ra­me en swaai wat oor die see uit­kyk, is ’n bo­nus, maar so ook die heer­li­ke koel bin­ne­ruim en die kok wat trots self sy plaas­li­ke cui­si­ne kom be­dien. En wat ’n ont­dek­king! Die tuis­ge­maak­te salm­tor­tel­li­ni, saf­fraan­ri­sot­to en el­ke moont­li­ke see­kos­dis is be­ter as in jou drome. My agt­ja­ri­ge kon sy oë nie glo toe hy see­kos­spag­het­ti be­stel en die bord voor hom op­doem met meer as 50 mos­sels wat reg­op in sy pas­ta pryk nie. Hy het ge­dog die pa­ra­dys het op hom neer­ge­daal.

In Ba­do­la­to self het Cu­ci­na Ti­pi­ca ’n 280°-uit­sig oor die dorp, val­lei en see daar­on­der. Dis vir laat­aand­kui­er en kyk hoe die maan op die dei­nings glin­ster.

Ook hier is die kos ’n lied. En die kin­ders speel vei­lig en sonder op­hou op die plein, ter­wyl jy rus­tig aan jou wyn­tjie teug.

Nee, moe­nie wag nie, daar is her­in­ne­rin­ge om te maak. Koop jou kaart­jie en vlieg.

Die re­li­gi­eu­se fees by San­ta Ma­ria del­la Pro­vi­den­zia.

Ty­dens die re­li­gi­eu­se pro­ses­sie word Ma­ria deur die dorp ge­dra en mu­si­kan­te speel on­op­hou­de­lik vir twee tot drie ure.

El­ke kind in die dorp word deel van die Ka­to­lie­ke fees­vie­ring.

’n Re­li­gi­eu­se pro­ses­sie een Son­dag.

Die stoe­pie waar ons el­ke aand on­der die suur­le­moe­ne ge­sit het.

Selfs die klein­stes maak mu­siek.

Ba­do­la­to

Ons huis, Pa­laz­zo Bel­la­vis­ta, is heel links.

Pie­tra­gran­de se klip­strand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.