Kers­fees­soe­ne

’n Voor­ha­mer het hom reg tussen die oë ge­tref en hy het vin­nig gaan sit nog lank voor die res van die gas­te gaan sit het. En hy moes al sy wils­krag ge­bruik om te bly sit, want hy wou vo­ren­toe storm, die vrou­mens aan haar hand gryp en vir haar sê sy maak ’

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF - Deur EL­SA WINCKLER

Hoe­kom be­weeg sy nie vo­ren­toe nie? Ge­na tel die lae en lae net van haar trou­rok op en pro­beer stap, maar dis as­of haar voe­te van lood ge­maak is. Haar oë is op die kerk­deur. As sy net daar kan uit, hoef sy met nie­mand te praat nie.

Hy sit in die heel laas­te ry, die man met die pot­blou oë. Sy kan nie weg­kyk nie, sy kan nie be­weeg nie, die oë word blou­er en blou­er en ...

“Sor­ry, la­dy ...” Ie­mand ruk aan haar skou­er en Ge­na se oë vlieg oop.

Die lug­waar­din leun oor haar. “Are you o­kay? We’ve just lan­ded at Ca­pe In­ter­na­ti­o­nal Ai­r­port.” Sy be­duie om haar.

“You’re the last per­son on the pla­ne. The last bus is wai­ting to ta­ke e­ver­yo­ne to the ai­r­port buil­ding.”

“I’m fi­ne,” pre­wel Ge­na en knip haar oë ’n paar keer voor sy op­staan. Sy druk vin­nig haar deur­me­kaar ha­re on­der haar pet in en gryp haar hand­sak. Haar tas wag ho­pe­lik in die lug­ha­we­ge­bou op haar. Met ’n wuif vir die lug­waar­din, draf sy teen die paad­jie af.

Bui­te is Ta­fel­berg die eer­ste ding wat sy sien. Opgewonde trek sy die vars, be­ken­de Kaap­se lug diep in haar lon­ge in en voel som­mer tra­ne­rig. Die af­ge­lo­pe jaar en ’n half het sy lief ge­raak vir Lon­den en die En­gel­se plat­te­land, maar sy het el­ke dag na haar men­se en haar huis ver­lang.

Maar ná die fa­ta­sma­go­rie­se ramp, soos Ka­rien, haar sus­ter graag na Ge­na se trou­dag van 18 maan­de ge­le­de ver­wys, moes sy ver weg­kom. Sy kon ge­luk­kig weer by die far­ma­seu­tie­se maat­skap­py in Lon­den werk kry waar sy ná u­ni­ver­si­teit met haar ap­te­kers­graad gaan werk het.

En nou gaan sy bin­ne oom­blik­ke vir die eer­ste keer in maan­de haar voe­te weer op Suid-a­fri­kaan­se bo­dem sit. In die lug­ha­we­ge­bou wag haar pa en ma en sus. Sy het baie om te ver­dui­de­lik, daar is net so­veel wat ’n mens oor Sky­pe of per e-pos kan sê.

Sy en C­harl Be­ne­ke het me­kaar van al­tyd af ge­ken, hy was let­ter­lik die boy next door. Hul­le was bes­te maat­jies van­dat hul­le drie jaar oud was en al­mal het ver­wag hul­le gaan trou. Nie hy of sy het ooit daar­oor ge­won­der nie. Eers toe hul­le voor die preek­stoel staan, en hul fa­mi­lies en al hul vrien­de toe­kyk, het sy die twy­fel in sy oë ge­sien, die­self­de twy­fel wat sy toe al reeds maan­de lank in haar bin­ne­ste rond­dra. En net daar het hy vir haar ge­sê sy kan gaan, hy sal vir al­mal ver­dui­de­lik wat aan­gaan.

Sy’s lief vir C­harl, sy sal al­tyd wees, maar teen die tyd wat sy be­sef het sy kon nie trou met ’n man wat nie haar knieë lam maak, die he­me­le laat kan­tel en ster­re laat ver­skiet nie, was sy reeds in haar trou­rok voor die kan­sel.

Met ’n plei­ten­de kyk in haar pa en ma se rig­ting, het sy die lae van haar rok by­me­kaar­ge­maak en so vin­nig soos wat haar hoë hak­ke haar toe­ge­laat het, die kerk uit­ge­stap.

Sy was am­per by die deur toe sy in ’n paar on­moont­li­ke blou oë vas­kyk. Don­ker ha­re, stop­pel­baard, glim­lag – bin­ne se­kon­des het al­les by haar re­gis­treer en die he­me­le het ge­kan­tel, ster­re het ver­skiet en haar knieë wou so­waar on­der haar knak. Sy weet nou nog nie hoe sy uit­ein­de­lik weer by die huis ge­kom het nie.

C­harl is ’n maand ge­le­de ge­troud. Hy het sy soul ma­te ge­kry, het hy vir haar laat weet. Sy is so bly vir hom. Dit is deel van die re­de hoe­kom sy nou eers kans sien om

weer huis toe te kom.

Met haar hand­sak oor haar skou­er, draf sy vin­nig die trap­pies af. Die laas­te pas­sa­sier klim net mooi op toe sy by die bus kom. Die voer­tuig is ge­pak. Sy klim vin­nig op, die deur gaan ag­ter haar toe en sy draai om ter­wyl sy na iets soek om aan vas te hou.

Die bus trek met ’n ruk weg. Van ag­ter stamp ie­mand teen haar, haar kep val af, haar ha­re tui­mel oor haar skou­ers en sy gryp wild na een van die hand­vat­sels wat uit die lug hang. Haar hand vou om ie­mand an­der s’n. Sy ruk dit vin­nig weg, die bus­be­stuur­der sit rat­te oor, sy val vo­ren­toe en haar han­de be­land op ’n klip­har­de bors­kas.

“Ek is jam­mer,” pre­wel sy, trek haar han­de weg ter­wyl sy op die grond rond­kyk op soek na haar kep.

“Dis net ’n ple­sier,” sê ’n whis­key-stem bo­kant haar.

Sy kyk op. Vas in ’n paar on­moont­li­ke pot­blou oë. Haar a­sem raak heel­te­mal weg, haar knieë knak en vir een waan­sin­ni­ge oom­blik kan­tel die heel­al.

Dis hy. Die man wat in die laas­te bank in die kerk ge­sit het toe sy van haar eie troue af weg­ge­hard­loop het.

Die bus ruk weer, sy word teen die man ge­gooi, haar hand be­land op sy bors­kas. ’n Sterk arm vou om haar lyf.

“Hou aan my vas, jy gaan val,” dreun sy stem bo­kant haar.

Sy moet die man ver­ont­waar­dig weg­stamp en ’n an­der p­lek kry om te staan, maar sy is nie in staat om te be­weeg nie, haar knieë is lam, haar voe­te van lood. Hul­le moet baie na­by aan die lug­ha­we­ge­bou wees, die rit kan nie vir e­wig aan­hou nie.

Haar hand lê nog ewe te­vre­de teen sy bors­kas. Sy breë, ge­spier­de bors­kas. Die bus maak ’n wil­de draai, die arm trek haar nog ste­wi­ger teen die warm lyf vas, haar hand vuis sy hemp vas.

Ge­na staan dood­stil. Elk­een van haar sintuie is oor­laai, on­be­ken­de e­mo­sies bruis deur haar lyf, ver­hit haar bloed tot­dat sy voel as­of sy gaan uit­brand.

Die bus ruk tot stil­stand, die deur gaan oop. Dalk is dit die vars lug, maar haar brein be­gin uit­ein­de­lik weer werk. Sy staan feit­lik vas­ge­plak teen ’n wild­vreem­de man. Wie dóén so iets?

Vin­nig glip sy saam met die an­der men­se by die deur uit en stap so vin­nig soos wat sy kan die ge­bou bin­ne.

Ti­mo wag tot­dat die laas­te mens van die bus af­klim voor­dat hy ag­ter in die ry in­val. Sy hart klop nog soos ’n weg­hol­trein. Hy’t haar weer ge­sien – die bruid wat weg­ge­hard­loop het. Daai ko­ring­blom­me­tjies­blou oë sal hy e­ni­ge p­lek her­ken.

En sy het hom her­ken. Hy kon dit in die ein­ste blou oë sien.

Sy oog val op die pet wat sy op­ge­had het. Dit het tussen die sit­plek­ke in­ge­rol. Hy tel dit op en be­gin haas­tig ag­ter die an­der men­se aan­stap.

Sy het nie na­by hom op die vlieg­tuig ge­sit nie, hy sou haar be­slis raak­ge­sien het. Hy ont­hou die dag toe hy haar die eer­ste keer ge­sien het, soos gis­ter. Sy nig­gie, Car­men, se man was oor­see en sy het vir hom wat Ti­mo is, ge­vra om saam met haar na hul vriend C­harl se troue toe te gaan. Wat toe nooit ’n troue was nie.

Hy wou nie saam­gaan nie, trou­es is só nie sy sce­ne nie, maar Car­men het mooi ge­vra en hy sê moei­lik nee vir sy nig. Die oom­blik toe die bruid die kerk bin­ne­stap, sal hy nooit in sy le­we ver­geet nie. Haar naam is Ge­na, het hy la­ter op die uit­no­di­ging ge­sien.

’n Voor­ha­mer het hom reg tussen die oë ge­tref en hy het vin­nig gaan sit nog lank voor die res van die gas­te gaan sit het. En hy moes al sy wils­krag ge­bruik om te bly sit, want hy wou vo­ren­toe storm, die vrou­mens aan haar hand gryp en vir haar sê sy maak ’n fout, sy kan nie met ie­mand an­ders trou nie. Sy het sonder e­ni­ge waar­sku­wing sy hart uit sy bin­ne­ste ge­ruk.

En toe die bruid mi­nu­te la­ter te mid­de van dood­se stil­te te­rug teen die paad­jie af­stap, nog steeds on­ge­troud, was hy heel­waar­skyn­lik die e­nig­ste per­soon wat nie ge­skok was nie. Sy kón nie met ie­mand an­ders trou nie, want sy moes met hom trou. Hoe en waar en wan­neer het in sy be­ne­wel­de brein nie saak ge­maak nie.

Sy’s Lon­den toe, het hy la­ter by Car­men ge­hoor. Ook maar goed, was sy eer­ste ge­dag­te, want as ’n vrou­mens hom so

Elk­een van haar sintuie is oor­laai, on­be­ken­de e­mo­sies bruis deur haar lyf, ver­hit haar bloed tot­dat sy voel as­of sy gaan uit­brand

sim­pel maak as hy haar net sien, moet hy liefs uit haar pad bly. In daar­die sta­di­um het hy pas as nu­we ven­noot by ’n tand­arts­prak­tyk in Sand­ton be­gin werk en van trou was daar nie spra­ke nie.

Hy ge­niet vroue se ge­sel­skap, neem hul­le graag uit, maar geen an­der vrou het die voor­ha­mer-teen-die-kop-uit­wer­king op hom ge­had nie. En on­be­wus­te­lik is dit se­ker waar­voor hy ge­wag het.

En nou, 18 maan­de la­ter, val sy let­ter­lik in sy arms. En w­ham, die voor­ha­mer tref hom weer reg tussen die oë. Daar is net iets aan die gi­rl wat hom el­ke keer wat hy haar nog ge­sien het, aan­por om haar in sy arms te neem en te soen. En dis net sy wat hom so laat re­a­geer. Oor­bluf vryf hy oor sy nek en skud sy kop. Die vrou­mens laat sy hor­mo­ne be­hoor­lik vlam­vat.

Die ba­ga­sie­band be­gin tas­se uit­spoeg en van die pas­sa­siers be­weeg reeds in die rig­ting van die ont­vangs­lo­kaal. Hy stap vin­nig na­der net toe sy tas ver­by­kom. So met die reg­op trek, kyk hy deur die men­se wat vir tas­se staan en wag, maar Ge­na is nê­rens te sien nie.

Hy be­gin stap, maar sy oë bly soek. Daar loop sy, skuins voor hom. Hy loop ef­fens sta­di­ger so­dat hy na haar kan kyk. Sy’t haar baad­jie uit­ge­trek. Sy het ’n goud­geel band­jie­stop by ’n paar je­ans aan. Lang be­ne, soe­pel lyf, net­jie­se boud­jies.

Voor hul­le skuif die deu­re oop, sy ver­dwyn tussen die men­se. Hy rek sy treë, maar voor hy aan haar arm kan raak, storm ’n an­der vrou­mens met ’n gil­le­tjie op haar af.

“Sus!” gil sy en gooi haar arms om

Ge­na se nek.

Ge­na lag en druk haar. Se­ker ’n sus­ter. Sy het die­self­de goue ha­re. ’n Ou­er man en vrou kom vin­nig na­der en vou hul arms om al­bei vroue. Ti­mo gaan staan stil. Wat ’n prent­jie.

“Kom, dis nog ’n lang pad huis toe,” sê die man en neem die tas by Ge­na.

Wel, dis nou of nooit. Ti­mo stap vin­nig vo­ren­toe en raak aan Ge­na se elm­boog. Sy lag nog toe sy op­kyk na hom. Haar glim­lag haak vas.

“Jou pet,” sê hy en druk die pet in haar han­de. “Dit was goed om jou weer te sien ... Ge­na.”

Haar oë rek en haar mond gaan oop, maar voor sy kan praat, hoor hy Car­men se stem ag­ter hom. “Ti­mo, hier’s ons!”

Om hul­le is lag­gen­de, pra­ten­de men­se. Hy buk af so­dat sy mond by haar oor is.

“Ek moet gaan. Ek hoop ek sien jou weer. Ek is Ti­mo. My naam is Ti­mo B­rink,” sê hy teen haar oor. En om­dat hy hom­self op geen ma­nier kan help nie, raak sy lip­pe vir ’n mil­li­se­kon­de aan haar slaap. Nar­tjies. Ba­le vol goud­geel nar­tjies. Dís waar­na sy ruik.

Hy kom reg­op, knik in haar ou­ers en sus­ter se rig­ting voor hy om­draai en vir Car­men tussen die men­se soek.

So, wie’s die hunk?” vra Ka­rien ter­wyl hul­le ag­ter hul ou­ers in die rig­ting van die par­keer­a­rea aan­stap.

“Ek weet nie. Som­mer ’n vrien­de­li­ke ou wat my op die bus ... ge­help het.”

“Ge­help het, nè?” sê Ka­rien lag­gend. “Ek ken die man van geen kant af nie.” Dis nie ’n leu­en nie. Sy weet nou wat sy naam is, maar dis al. Wat is die kan­se dat sy hom weer sal sien? “Ek is so ag­ter met die nuus. Waar’s jou man en kin­ders? Ver­tel my van die nu­we strand­huis op Her­ma­nus. Ek kan nie wag om my to­ne in die wa­ter te druk nie.”

“Ons is al­mal klaar op Her­ma­nus, dis mô­re Ou­kers­aand! Dis ’n lief­li­ke dag daar, Roelf het aan­ge­bied om die kids strand toe neem ter­wyl ons vir jou kom haal. Dis so ’n mooi p­lek wat Pa ge­koop het, jy sal mal wees daar­oor. Reg bo­kant Vo­ël­klip­strand – en al ons ka­mers kyk op die see uit!” roep Ka­rien uit.

“Sa­lig, ek kan nie wag nie.” Hul­le is by die mo­tor en haar pa maak die kat­te­bak oop en bê­re haar tas.

“Jy’t ge­hoor van C­harl?” vra Kar­lien ter­wyl hul­le in­klim.

Ge­na knik. “Hy’t my laat weet hy’s ge­troud. Ek is so bly vir hom.” Ho­pe­lik kan hul­le die on­der­werp nou daar laat.

Maar Kar­lien is nog nie klaar nie. “Gaan ons praat oor die fan­tas­ma­go­rie­se ramp?”

Haar ma draai om so­dat sy na Ge­na kan kyk ter­wyl haar pa ag­ter die stuur­wiel in­skuif.

“Ge­na, jy het niks om te ver­dui­de­lik nie. Dis hoe­kom ek en Pa vir jou in Lon­den wou kom kui­er, maar ek ver­staan jy was nog nie reg om daar­oor te praat nie. Al wat ek vra, is moe­nie weer so lank wag voor jy kom kui­er nie, ou­kei?” Haar ma se oë is vol tra­ne en Ge­na leun vo­ren­toe om haar ’n druk­kie te gee.

Haar ma snuif en druk met haar sne­sie teen haar oë. “Ek het eint­lik lank­al ge­weet jy en C­harl moes nooit trou nie. Die man het jou nooit or­dent­lik ge­soen nie!”

“Hoe weet Ma?” proes Ka­rien.

“Want ek weet. ’n Mens moet mos lyk of jy ge­soen word ...” be­gin haar ma drif­tig.

Sy en Kar­lien kyk vir me­kaar en lag voor hul­le saam hul­le ma se be­ken­de sin vol­tooi. “... jou ha­re moet deur­me­kaar wees, jou lip­stif­fie af, en jou oë moet skit­ter.”

“Pre­sies,” sê haar ma. “As die reg­te man jou soen en hy weet wat hy doen, soen hy jou so deur­me­kaar jy weet nie of jy kom of gaan nie. En Ge­na het nog nooit so ge­lyk nie.”

Ge­na knik. “Ma is so reg. Maar hoe­kom het jy nooit iets ge­sê nie?”

“Ek het ge­hoop jul­le sal dit self ag­ter­kom.” Haar ma glim­lag en trek haar mond. “Ge­luk­kig het jul­le, al was dit voor die preek­stoel.”

Haar pa trek haar ma se kop na­der en soen haar. Toe hy se­kon­des la­ter sy kop op­lig, is haar ma se ha­re deur­me­kaar, haar oë blink en hul­le al­bei straal. Ge­na sug en sit ag­ter­oor. Hoe­kom dit haar so lank ge­neem het om dit te be­sef, sal sy se­ker nooit weet nie. Sy en C­harl kon ure lank ge­sels, maar hul­le het baie sel­de aan me­kaar ge­vat. Sy het aan­vaar dis iets wat ná die troue sou ver­an­der.

Haar hand lig op na haar slaap. Dis waar Ti­mo se mond net­nou aan haar ge­raak het. Die lig­te aan­ra­king van die man se lip­pe het haar am­per ge­brand. Dié man sal haar deur­me­kaar kan soen, sy weet som­mer net. Ook maar goed sy sal hom nie weer sien nie.

“Die bu­re het ons vir Ou­kers­aand

Ek het eint­lik lank­al ge­weet jy en C­harl moes nooit trou nie. Die man het jou nooit or­dent­lik ge­soen nie!

ge­nooi,” sê haar ma oor haar skou­er. “Ek hoop nie jy gee om nie. Baie ni­ce men­se en toe­val­lig ken Kar­lien hul dog­ter.”

“Ja, Car­men hou saam met my skool en toe sy hoor ons is daar vir Kersfees, het sy ons al­mal da­de­lik ge­nooi. ’n Neef of ’n ding is glo Kersvader. Dalk is hy ou­lik,” ein­dig sy en stamp met haar skou­er teen Ge­na.

“Dit sal ’n vin­ni­ge fling moet wees, ek moet net ná Nu­we­jaar te­rug in Lon­den wees.”

“Wel, ek wil nie nou al daar­aan dink nie,” sê Kar­lien en leun met haar kop teen Ge­na se skou­er. “En ek sal duim vas­hou Kersvader skop jou voe­te on­der jou uit.”

“Kom ge­rus bin­ne,” nooi die vrou wat die deur oop­maak vrien­de­lik. “Jy is se­ker Ge­na. Ek sien dui­de­lik die fa­mi­lie­trek. Ek is El­lie.” Sy tree vo­ren­toe en gee vir Ge­na ’n druk­kie.

“Dan­kie dat ek kan saam­kui­er, tan­nie El­lie,” sê Ge­na.

“Jy’s al die pad van Lon­den af hier, ver­tel jou ma. Ek hoor dis nou so koud daar.”

“Ja, ek ge­niet die weer hier. Ons was heel­dag in die bran­ders.”

El­lie glim­lag af na Car­men se twee kin­ders. “Kersvader is al op pad, kom ons gaan wag vir hom by die Kers­boom,” voeg sy met ’n knip­oog na die groot­men­se by.

“Reg­tig?” vra klein Roelf en vat da­de­lik die vrou die hand.

Klein Sus­ra ver­trou nie so mak­lik nie. “Daar is nie reg­tig ’n Kersvader nie,” sê sy vol vyf­ja­ri­ge wys­heid.

“Wel, ons sal moet sien. Maar in­tus­sen is daar ’n an­der ver­ras­sing. Wil jy kom kyk?”

Sus­ra se nuus­kie­rig­heid kry die oor­hand en sy gryp die ou­er vrou se hand.

“Kom ge­rus in, ons sit ag­ter op die stoep, daar is ’n heer­li­ke koel lug­gie,” be­duie die gas­vrou oor haar skou­er. “En von­kel­wyn!”

Ti­mo kyk fron­send na die Kers­va­der­baad­jie wat hy ver­on­der­stel is om aan te trek. Tant El­lie het die pak ge­maak. Dis klein Ke­vin se eer­ste Kersfees, ho­pe­lik sal die pak nog vir baie ja­re ge­dra word, het sy met ’n knip­oog in sy rig­ting be­duie.

Hy gee glad nie om nie, vir sy pa se sus­ter, tant El­lie, en haar man, oom E­ric, loop hy oor warm ko­le. Dis hul­le wat vir hom in sy kos­huis­ka­mer kom haal het toe sy ou­ers in ’n mo­tor­on­ge­luk dood is ty­dens sy eer­ste jaar op u­ni­ver­si­teit en dis hul­le wat vir hom ge­sê het hul huis is nou ook sy huis.

Maar die baad­jie is warm. En op ’n snik­he­te dag soos van­dag is dit reg­tig die laas­te ding wat hy wil aan­trek. Hy druk die mus met die groot wit tos­sel wat oor sy skou­er hang, oor sy kop. Maar ho­pe­lik is dit nie vir lank nie. Die ge­luid van die voor­deur­klok­kie dring deur die mu­re. Se­ker die nu­we bu­re, hy’t ge­hoor hul­le kom ook oor. Car­men en die bu­re se dog­ter is skyn­baar kol­le­gas en sy het ook twee kin­ders. Drie klein kin­ders sal Kersvader ho­pe­lik nie te lank be­sig hou nie.

Hy kyk op sy hor­lo­sie. Tan­nie El­lie het ge­sê hy moet se­we­uur sy ver­sky­ning maak, daar is nog tien mi­nu­te oor en hy gaan be­slis nie die baad­jie aan­trek voor dit nie no­dig is nie. Mis­kien moet hy vir hom ’n bot­tel koue wa­ter kry voor hy klaar aan­trek. Die gas­te is ag­ter, nie­mand sal hom sien nie.

“Sta­dig, Roel­fie,” roep Ka­rien. “Los lie­wer die be­ker op die ta­fel en ...”

Roelf staan by die lae ta­fel reg voor Ge­na en pro­beer die be­ker met sy twee klein hand­jies op­tel. Sy skuif vo­ren­toe op haar stoel om hom te help, maar hy draai vin­nig om met die be­ker in sy han­de, dit kan­tel en feit­lik al die ap­pel­sap spat oor Ge­na se wit bloes.

“Roel­fie!” roep Ka­rien ont­steld uit.

Roelf se lip­pie be­gin be­we. Ge­na spring lag­gend op en gryp van die ser­vet­te wat op die ta­fel lê om die erg­ste van die sap teen haar bloes op te vee. Die top­pie pas styf oor haar bo­lyf en het nie band­jies nie. Nou is die he­le boon­ste ge­deel­te van die bloes nat. Sy kniel voor Roelf ter­wyl sy aan haar bloes vee. “Dis ou­kei, dis net sap. Ek gaan trek vin­nig ’n an­der top aan.”

“Ek is jam­mer, Sus,” sê Kar­lien weer. Ge­na is reeds op en by die skuif­deur. “Ek is nou te­rug, ont­span. Dis ’n on­ge­luk.”

“Maak gou, Kersvader is nou­nou hier,” roep oom E­ric. Hy, haar pa, Roelf en Car­men se man, Mar­tin, staan voor die vuur.

Sy glip vin­nig by die skuif­deur in en kyk af na haar top. Goei­ste, sy skyn heel­te­mal deur. Wat het sy wat sy kan aan­trek? Ter­wyl sy in die rig­ting van die voor­deur stap, pro­beer sy dink aan die kle­re wat sy van­og­gend in die kas ge­hang het.

By die sit­ka­mer­deur draai sy links, haar oë steeds op haar bloes. Die vol­gen­de oom­blik loop sy teen ’n rots­blok vas. ’n Rots­blok met ’n Kers­va­der­broek aan, as die rooi broek e­ni­ge aan­dui­ding is.

Sy wil­wil haar ba­lans ver­loor, haar han­de skiet uit en be­land op ’n kaal, ge­spier­de bo­lyf. Om haar kan­tel al­les, haar mond word droog, haar knieë lam en nog voor sy op­kyk, weet sy – dis Ti­mo. Ti­mo met die diep­blou oë.

Sy han­de vou om haar skou­ers, sy oë

lag. “Ge­na. Droom ek?”

“Kersvader?” vra sy.

Hy be­duie na die mus op sy kop. “Jip. Dis ek. Is jy een van die nu­we bu­re?”

“My pa het die huis langs­aan ge­koop, ja. Ek ...” Sy be­sef haar han­de lê nog ewe rus­tig op sy bors­kas en sy pluk hul­le weg. “Ek ... Roel­fie het sap op my ge­mors, ek gaan net iets an­ders aan­trek.”

Sy oë sak af, sy glim­lag ver­dwyn.

Toe hy weer op­kyk, is sy oë smel­ten­de, ko­ken­de saf­fie­re. ’n S­pier­tjie spring in sy wang, sy dui­me be­weeg rus­te­loos oor haar skou­ers. “Jou bloes skyn deur.”

Ge­na sluk. Be­geer­te – dis wat sy in sy oë sien. “Dis hoe­kom ek ’n an­der bloes gaan aan­trek.” Is dit haar stem wat so hees klink?

“Ou­kei,” pre­wel hy, maar hy lig nie da­de­lik sy han­de op nie, hy laat gly sy vin­gers sta­dig teen haar arms af.

Bin­ne se­kon­des is haar bloed by kook­punt, haar oë sien al­les raak – die fyn stip­pels om die i­ris­se van sy blou oë, die be­gin van ’n stop­pel­baard, die ha­re laag in sy nek. Hy ruik na see en leer en man. “Ti­mo,” pre­wel sy, haar oë op sy mond. Sy kop kom sta­dig na­der. Of ver­beel sy haar? As­of ge­hip­no­ti­seer, hou sy sy mond dop. Hier­die man gaan al­les deur­me­kaar soen, nie net haar ha­re nie.

“Wat maak jul­le?” vra ’n stem­me­tjie van on­der af.

Ge­na gee vin­nig ’n tree ag­ter­uit. Sus­ra staan en kyk be­lang­stel­lend op na hul­le.

“Kersvader het ... uhm ... hy wou ...” sy het geen i­dee hoe om die laas­te paar mi­nu­te te ver­dui­de­lik nie, nie eens aan ’n vyf­ja­ri­ge nie.

“... vir Ge­na soen, maar sy gaan eers ’n an­der bloes aan­trek.”

“Is jy reg­tig Kersvader?” wil Sus­ra weet. “Kersvader het ’n baad­jie. Hoe­kom het jy nie baad­jie nie?”

“Want ...” be­gin Ti­mo, maar Ge­na glip ver­by hom voor­deur toe. Hy wou haar soen. Dit ís wat hy ge­sê het, of hoe? Sy glip by die voor­deur uit, haar hart da­we­rend in haar ore. Haar mond is kurk­droog, haar hand­palms klam, haar knieë lam en ... sy druk haar han­de teen haar warm wan­ge, haar ge­sig bloed­rooi.

“... ek het by die skoor­steen af­ge­klim en moes my baad­jie uit­trek, maar ...” dreun Ti­mo se stem ag­ter haar.

Sy druk die deur ag­ter haar toe en staar vir ’n oom­blik dronk­ge­slaan om haar rond. Hoe­kom staan sy hier? Sy is op pad ie­wers heen, of hoe? Wat moet sy gaan doen? O, ja. Haar bloes. F­lip­pit, die man het tot haar brein­sel­le deur­me­kaar ge­skom­mel.

Vin­nig draf sy om na haar pa se huis.

Vir die eer­ste keer dink sy sy ver­staan wat haar ma be­doel en die man het haar nog nie eens ge­soen nie!

Met die sak ge­sken­ke oor sy skou­er stap Ti­mo uit op die stoep. Hy skuif die na­ge­maak­te baard reg op sy ge­sig en maak se­ker die kus­sing is in p­lek on­der die baad­jie. Die drie kin­ders staan skug­ter en groot­oog na­der. Ti­mo sit die sak ge­sken­ke neer en Car­men se een­ja­ri­ge Ke­vin wat pas be­gin loop het, wag­gel opgewonde na­der aan die sak.

Die groot­men­se kom ook na­der, Ti­mo se oë soek na Ge­na. Sy het in ’n rooi pol­ka­kol-rok ver­klee. ’n Kort rooi pol­ka­kol­rok wat na on­der uit­klok. Haar skou­ers is kaal, die bo­lyf pas net­jies. Vir ’n oom­blik sny al­les an­ders om hom uit, dis net hul­le twee op die stoep.

“Dis Kersvader!” roep die an­der seun­tjie al lis­pen­de uit. “Mam­ma, kyk!”

“Mam­ma sien. Jy moet vir Kersvader sê wat is jou naam, an­ders kry jy dalk die ver­keer­de ge­skenk.”

“Ek is Roelf,” kon­dig die man­ne­tjie kor­daat aan.

Die dog­ter­tjie wat net­nou by hom en Ge­na in die gang was, be­trag hom met ’n frons.

Haar ma pro­beer haar vo­ren­toe druk. “Dis Kersvader, Sus­ra. Sê vir hom wat is jou naam. Daar is dalk iets vir jou in die sak.”

“Kersvader wil vir tan­nie Ge­na soen.” Ti­mo sluk sy lag in. Die vroue trek ge­sa­ment­lik hul a­sems in en in­dien hy dit nie mis het nie, het Ge­na se pa se glim­lag ef­fens ver­styf.

“Sus­ra!” sê haar ma en kyk vra­end na hom voor sy na Ge­na draai.

Ge­na druk haar han­de teen haar wan­ge en skud haar kop.

Tant El­lie kyk hom vra­end aan en lag. “Wel, Kersvader sal eers moet wag met ’n soe­ne­ry, hy moet eers die ge­sken­ke uit­deel!” Sy be­duie vir Ti­mo waar hy moet sit en hul­le be­gin die ge­sken­ke uit­deel.

Kar­lien trek haar ’n ent weg aan haar arm, haar ma is op hul hak­ke. “Ou­kei, se­ri­ous­ly, Ge­na, ver­dui­de­lik.” “Wie is die man wat my dog­ter wil soen?” vra haar pa, wat ook vin­nig na­der­stap.

“Ek is ook nog­al nuus­kie­rig. Hoe ken jy vir Ti­mo?” vra Car­men.

“Ek het nie ge­weet Ti­mo sien ie­mand nie,” sê haar man wat sy arm om haar skou­ers slaan.

“Hoe­kom wil Kersvader jou soen?” vra Roelf wat fron­send na­der­stap. “Wie is hy?”

“Oor die hoe­kom kan ek my nie uit­laat nie,” sê oom E­ric, tan­nie El­lie se man met die braai­tang in sy hand. “Maar ek kan vir jou ver­tel wie hy is. Hy is El­lie se broer se seun. Sy ou­ers is in ’n mo­tor­on­ge­luk oor­le­de toe hy ’n eer­ste­jaar was. Van toe af is dié sy huis. ’n Be­ter man kan jy nie kry nie.”

“Wat doen hy as hy nie Kersvader is nie?” vra Roelf.

“Tand­arts in Sand­ton.”

“Ge­na? Maar hoe ...? Wan­neer ...? Waar ...?”

’n Warm hand vou om haar skou­er.

“Sal jul­le ons ver­skoon?” vra Ti­mo. “Ons sal net­nou kom ver­dui­de­lik.” En ter­wyl Ge­na nog na woorde soek, stuur hy haar be­hen­dig ver­by al­mal tot in die huis.

“Kom, dis stil in my ka­mer,” sê hy en vat haar hand.

Stom stap sy ag­ter hom aan. Sy het geen i­dee wat gaan ge­beur nie, sy weet net sy wil uit­vind. Sy moet uit­vind. Want

Sy kop kom sta­dig na­der. Of ver­beel sy haar? As­of ge­hip­no­ti­seer, hou sy sy mond dop. Hier­die man gaan al­les deur­me­kaar soen, nie net haar ha­re nie

wat sy nou, hier, by hier­die man voel, is ’n eer­ste. En diep bin­ne haar weet sy, dis die mis­tie­ke “iets” waar­na sy al so lank soek, wat sy ge­weet het sy nie by C­harl kan kry nie, maar wat sy ge­hoop het sy tog ie­wers sal raak­loop.

Want vir een breuk­deel van ’n se­kon­de het sy dit 18 maan­de ge­le­de in die kerk er­vaar voor sy uit­ge­stap het.

Hy trek haar die gang af ag­ter hom aan tot in ’n ka­mer. Sonder om sy oë van haar af te haal, haal hy die hoed van sy kop af en trek sy baad­jie uit.

Be­we­rig lag sy vir die kus­sing wat hy on­der die baad­jie in­ge­druk het. Hy glim­lag en gooi dit op die bed. Oor die bed hang ’n T-hemp wat hy vin­nig aan­trek.

“Kom sit by my,” nooi hy en trek haar langs hom op die bed neer.

“Die dag toe jy sou trou ...” be­gin hy ver­sig­tig.

“Jy was in die ag­ter­ste bank.”

Hy lig sy hand en laat gly sy vin­gers deur haar ha­re. “Ek het ge­won­der of jy my her­ken het.”

“Ek het.”

“Ek is so bly jy’s nie ge­troud nie.”

Die glim­lag wat haar mond­hoe­ke lig, kom diep uit haar bin­ne­ste. “Ek ook.”

Sy vin­gers glip on­der haar ha­re in. “Wat jy aan my doen ... ek kan dit nie ver­dui­de­lik nie. Dit was on­ver­wags. Ek het nie ie­mand ge­soek nie, jy sou trou. Maar toe trou jy nie. Die af­ge­lo­pe 18 maan­de pro­beer ek te­ver­geefs van jou ver­geet, maar in mens se ge­dag­tes, het ek ag­ter­ge­kom, her­leef jy ge­beu­re wat die hart nie kan de­le­te nie, oor en oor. Jy was weg, maar nou het ek jou weer ge­kry. En ek weet hier,” hy druk sy hand teen sy hart, “ek sal jou al­tyd kies. In ’n an­der le­we, in e­ni­ge an­der werk­lik­heid, sal ek jou soek tot­dat ek jou kry, want jy is die een vir my.” Hy glim­lag. “Ek praat nooit so baie nie.”

“Ons hoef nie praat nie,” sê sy.

“’n Vrou na my hart,” glim­lag hy en vou sy han­de om haar ge­sig.

Sy warm a­sem blaas ruk­ke­rig oor haar voor sy lip­pe teen haar voor­kop rus. Hier­die oom­blik wil sy vir al­tyd ont­hou. Ve­raf raas die bran­ders, kras ’n see­meeu, lag ’n kind en Ma­ri­ah Ca­rey sing All I want for Chris­t­mas is you. Blou oë brand ’n pad tot in haar hart.

“En al wat ek wil hê,” pre­wel hy teen haar ge­sig, “is vir jou.”

Sen­ti­me­ter vir sen­ti­me­ter gly sy mond teen haar slaap af tot by haar oor. Haar a­sem het ie­wers in haar lug­pyp ver­dwyn. Maar dit maak nie saak nie, suur­stof is heel­te­mal oor­bo­dig op hier­die oom­blik. Sy mond wat sta­dig maar se­ker al hoe na­der en na­der aan haar lip­pe be­weeg, is al wat nou saak maak. En uit­ein­de­lik, toe sy al wil uit­roep van frus­tra­sie, vou sy mond ste­wig en met se­ker­heid en met be­geer­te en met me­ning oor ha­re. ’n Man wat weet wat hy doen, is haar laas­te lo­gie­se ge­dag­te.

Haar ma was so reg.

“Soen jul­le?” vra ’n stem­me­tjie van die deur af.

Ti­mo lig sy kop en lag. “Ons soen.” “Hoe­kom?” wil Sus­ra weet.

“Dis ’n baie goeie vraag,” sê Ti­mo en kyk na Ge­na. “Ek wil vir Ge­na soen, want ek kan nie an­ders nie. Jy sien, ek is lief vir haar.” Hy kyk na Sus­ra. “Ek weet na­tuur­lik nie hoe­kom sy my soen nie. Sal ons haar vra?”

Sus­ra hou van die spe­le­tjie en kom vin­nig na­der. “Hoe­kom soen jy vir Kersvader, tan­nie Ge­na?”

Ge­na kyk op. Blou oë vang ha­re vas. En toe is dit so mak­lik. “Want ek is lief vir hom.”

“Ou­kei,” sê Sus­ra dood­te­vre­de en hup­pel by die ka­mer uit. “Tan­nie Ge­na soen vir Kersvader! Tan­nie Ge­na soen vir Kersvader!” sing sy al hup­pe­lend die gang af.

Ti­mo lag en trek haar aan die hand op. “Ek het ’n i­dee ons het baie om te ver­dui­de­lik.”

“Kar­lien bars teen die tyd al van nuus­kie­rig­heid.”

“Ons het baie om oor te praat,” sê hy ter­wyl hul­le na bui­te stap.

“Ek dog jy praat nie so baie nie,” terg sy. “Vrou­mens,” sê hy kam­ma drei­gend en trek haar na­der. Die soen is weer warm, vol en­toe­si­as­me en deeg­lik.

Toe hul­le mi­nu­te la­ter uit­stap op die stoep, lig haar ma haar glas vol von­kel­wyn op en glim­lag.

Dis dui­de­lik sy hou van wat sy sien.vk

Die af­ge­lo­pe 18 maan­de pro­beer ek te­ver­geefs van jou ver­geet, maar in mens se ge­dag­tes, het ek ag­ter­ge­kom, her­leef jy ge­beu­re wat die hart nie kan de­le­te nie, oor en oor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.