DIE BEKKERS SE LANGTERMYNDANS

’n Kre­a­tie­we en in­te­res­san­te paar­tjie

Vrouekeur - - INHOUD - Deur ANNALI CABANO-DEMPSEY

Mens doen nie bloot ’n on­der­houd met die Bekkers van Lin­den nie. Daar word oor­vloe­dig brood ge­breek en wyn ge­drink, vol­gens Al­ber te­ke­nend van Em­ma se “by­kans por­no­gra­fie­se be­lang­stel­ling in kos”.

Daar word baie met en vir me­kaar ge­lag ter­wyl die eg­paar op nos­tal­gie­se me­mo­ry trips gaan. Hul­le maak me­kaar se sin­ne klaar.

Hul­le be­oe­fen veel­sy­di­ge en uit­een­lo­pen­de be­roe­pe en bring ge­du­rig nu­we be­lang­stel­lings na die ta­fel.

Al­ber­tus is ’n me­ga­nie­se in­ge­ni­eur wat be­dags as mark­ri­si­ko­be­stuur­der vir ’n groot bank­groep werk en na­uurs vi­o­le bou en re­stou­reer. Em­ma is ’n ge­bo­re sto­rie­ver­tel­ler met die ver­moë om moei­te­loos woor­de en beel­de in­een te stren­gel. Sy noem haar­self ’n trans­for­ma­sie-fa­si­li­teer­der, of tong in die kies, ’n voor­ste­de­li­ke sja­maan, wat met in­tu­ï­tie­we ga­wes men­se van raad be­dien.

Em­ma ver­dui­de­lik: “Ons is al­bei pi­o­niers en doen dik­wels din­ge teen ons tyds­gees in. Ons weet waar ons krag­te lê – hy is die fixer en ek die net­wer­ker; hy werk met die saak en ek met men­se en emosies. Ons kom al­bei uit hui­se van doe­ners. En van ons groot­ste ge­deel­de waar­des is lief­de en kind­ness. Daar­die waar­des vloei deur al­les. Die groot­ste ge­skenk wat jy jou kin­ders kan gee, is om tus­sen die sleur deur die won­der in k­lein goed­jies te sien.”

Al­ber se pa is die be­ken­de dig­ter en skry­wer Pi­row Bek­ker. Hy kan dit dus met ’n kre­a­tie­we siel on­der een dak uit­hou.

“Die woord kre­a­ti­wi­teit,” sê hy, “is dik­wels ’n plaas­ver­van­ger vir ’n klomp an­der be­grip­pe. Dit be­te­ken in­tel­li­gen­sie, weet­gie­rig­heid en die lus om nu­we goed te ver­ken – nie al­les ge­woond te wees nie. Ons kan nie net een ding doen nie en is ge­du­rig met ’n paar goed ge­lyk aan die gang – dit is ons ge­aard­heid.”

Em­ma deel haar le­we met we­ten­skap­li­kes wat haar per­spek­tie­we uit­daag en leer om an­ders te kyk. Be­ne­wens die in­ge­ni­eur­pa, is Pi­row, hul oud­ste, ’n ge­ne­ti­kus wat hom tans met bier­brou be­sig hou, Ja­cob, die mid­del kind, i s’ n as­pi­rant kern­fi­si­kus en die jong­ste, Em­mie, doe­nig met me­gatro­nie­se in­ge­ni­eurs­we­se, het pas ’n Mer­ce­des-beurs ver­werf.

“Die be­spre­kings om die e­tens­ta­fel raak in­ge­wik­keld. Om ’n te­o­rie te for­mu­leer, is ’n an­der ma­nier van dig. Baie we­ten­skap­li­kes is ook kuns­sin­nig. Vir my is dit ’n on­weer­staan­ba­re kombinasie! ’n On­peil­baar­heid saam met die lo­gie­se,” sê Em­ma.

“We­ten­skap­li­kes be­vraag­te­ken die on­der­bou van die heel­al op sul­ke in­spi­re­ren­de ma­nie­re. En daar is ’n groot stuk skep­pend­heid in die be­trag­ting van o­ën­skyn­lik een­vou­di­ge din­ge.”

Al­ber bou en re­stou­reer reeds die af­ge­lo­pe 18 jaar vi­o­le vir van die voor­ste mu­si­ci in die land. Hy is self ’n be­kwa­me vi­ool­spe­ler wat jong­tyd in die Trans­vaal­se Jeug­or­kes ge­speel het.

Die be­lang­stel­ling het in sy twee­de jaar aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria ont­staan toe hy saam met ’n vriend deur Eu­ro­pa ge­reis en in Mit­ten­wald, die vi­ool­bou­hoof­stad van Duits­land, be­land het.

Met sy te­rug­keer het hy som­mer ’n stuk hout ge­ta­kel en aan sy eer­ste vi­ool be­gin kerf, maar het spoe­dig be­sef dat dit ’n spe­si­a­lis­veld is, wat na be­paal­de ken­nis, hout en gom vra.

Met die draai van die eeu het die ge­sin na Lin­den ver­huis waar hy amp­te­lik sy eer­ste werks­ka­mer kon in­rig.

Hy het baie ge­lees en ge­ëks­pe­ri­men­teer, maar wou graag meer oor ont­werp, ge­o­me­trie­se ver­hou­dings, die maak van gom en ver­nis leer. So­wat se­we jaar ge­le­de het hy die ge­leent­heid ge­had om mees­ter­klas­se in Par­ma, en ’n han­del­skou oor stryk­in­stru­men­te in C­re­mo­na, I­ta­lië, by

te woon.

Em­ma het as k­lein pre­di­kant s dog­ter­tjie met ’n le­wen­di­ge ver­beel­ding haar toe­vlug tot die let­ter­kun­de ge­neem, ver­al ty­dens hul ver­blyf in die des­tyds oor­log­ge­teis­ter­de R­ho­de­sië.

Die groot wa­ter­skei­ding in haar le­we het in mid­del­ho­ër­skool ge­kom toe haar pa vir haar op De Kat in­ge­te­ken het.

Pi­row Bek­ker se kortverhaal Die in­vloed, een van die mooi­ste kort­ver­ha­le wat sy ooit in A­fri­kaans ge­lees het, is des­tyds in die tyd­skrif ge­pu­bli­seer.

As stu­dent aan die UP was sy be­wus van Al­ber Bek­ker, maar hul­le het me­kaar eers mooi raak­ge­loop na­dat hy haar in ’n ka­ba­ret in ’n pers mi­ni­rok, vis­net­kou­se en knie­hoog­te ste­wels aan­skou het. Kort hier­na moes die man­ne ’n keu­se maak tus­sen die eer­ste sok­ker­wed­stryd op Lof­tus Vers­feld en ’n kuns­uit­stal­ling. “Ons het be­sluit om liefs gi­r­lf­riends by die uit­stal­ling te gaan opsoek,” sê hy.

“Rou hei­de­ne,” sê sy.

Tuis het sy haar ma ver­tel van hier­die ou wat ’n di­a­ken is en soos ’n se­pie­ster lyk en die bes­te van al­les: Sy pa het Die in­vloed ge­skryf.

In die nu­we jaar het sy en haar kê­rel uit­ge­maak en die “ten­der-do­ku­men­te was nog nie uit op my nie”, toe is sy en Al­ber in ’n ver­hou­ding.

Sy het met rooi C­le­o­pa­tra-ha­re en klok­kies om die en­kels haar toe­koms­ti­ge skoon­ou­ers gaan ont­moet, min we­ten­de dat sy een­dag as ge­trou­de vrou in die­self­de huis sou woon.

Teen die tyd dat die nu­we Suid-a­fri­ka ge­bo­re is, was die twee ge­troud, in hul on­der­skeie be­roe­pe en met ’n ne­ge maan­de oue ba­ba op die rug on­der­weg om drie maan­de in Hol­land te werk. Die drie kin­ders is ná aan me­kaar ge­bo­re, wat sy as ’n tyd­perk van “me Ma­sai Ma­ra en mnr Se­ren­ge­ti” be­stem­pel – woe­lig en vol be­we­ging.

Em­ma is as veel­sy­di­ge skry­wer be­kend en haar de­buut­dig­bun­del, Skryn, is in 2015 ge­pu­bli­seer.

Sy werk as vry­skut­skry­wer in die TV- en ver­maak­lik­heid s be­dryf en het on­der­meer twee ka­ba­ret­te saam met El­za­bé Ziets­man en mu­siek­bly­spe­le saam met Roc­co de Vil­liers ge­skryf en ge­re­gis­seer. Sy was tot on­langs toe nog be­sig met die re­gie vir Jan­nie du Toit se nu­we CD, skryf ver­der teks, doen na­vor­sing vir kyknet-pro­gram­me en werk aan’ n kortverhaal bun­del.

“My skryf­werk han­del ten diep­ste oor die per­mu­ta­sies van ver­hou­dings wat ’n mens kan hê. My oog is fyn op hu­mor en i­ro­nie in­ge­stel. En die ab­sur­de. Ek glo as mens jou in die i­ro­nie­se kan ver­lus­tig, het jy ’n kans om ge­luk­kig te wees.”

’n On­der­ne­ming wat die eg­paar in die eer­ste de­ka­de van die eeu met ver­slan­king s ma­sjie­ne, mas­se­ring sen vel­ver­sor­gings ge­ves­tig het, het haar le­we in’ n gans an­der rig­ting ge­stuur. Sy het be­sef dat sy na­tuur­li­ker­ge­wys met haar han­de en in ge­sprek men­se se pro­ble­me kan help op­los.

“Van my werk be­hels lyf­werk, soos mas­se­ring, maar dan is daar ook kli­ën­te wat net kom om te praat. Ek is se­ker maar so ’n bie­tjie soos die ou tan­nie met die voor­skoot by wie mens kan kom sit en tee drink. Ek werk met ’n in­tu­ï­tie­we ga­we wat ek nie heel­te­mal in woor­de kan be­skryf nie. Ek werk met die me­di­sy­ne van me­ta­fo­re. En met lief­de en me­de­doë.”

Ge­sin­sa­me­syn is be­lang­rik. “Ons stel men­se al­tyd voor goed en hart­lik­heid bo per­fek­sie. Ons het die voor­deel dat ons uit ge­sin­ne kom met ou­er ou­ers wat vir me­kaar lief is – elk op sy eie ma­nier en met ver­skil­len­de le­wens­wy­ses. Ons was ge­luk­kig om me­kaar on­ge­skon­de in dié de­par­te­ment te vind – ons het al­bei met in­he­ren­te ver­troue die langtermyndans van die hu­we­lik be­tree,” sê sy.

Een van die groot­ste ge­sins­vreug­des is ’n staal­raam­huis, ont­werp deur Da­niel van der Mer­we, 2 000 m bo­kant see­vlak, op ’n land­goed na­by Ver­ky­kers­kop in die Vry­staat. Dit is hul k­lein Gol­den Ga­te waar die Bekkers bat­te­rye gaan her­laai, vis­vang en die lief­li­ke vis­tas ge­niet.

Hier­die be­staan van ’n be­son­der­se ge­sin word daag­liks op so­si­a­le me­dia ge­boek­staaf – “’n vi­su­e­le re­pliek op ’n be­si­ge en op­win­den­de le­we wat van aan­pas­baar­heid, op­win­ding oor ver­an­de­ring en ver­nu­wing ge­tuig. So as­of el­ke oom­blik vas­ge­gryp en vas­ge­hou moet word om­dat dit so lek­ker was”.

“So­si­a­le me­dia is ’n goeie ma­nier om jou le­we met al die vrien­de en fa­mi­lie te deel wat ver bly. Vir my as skry­wer is dit ook’ n be­lang­ri­ke be­kend­stel­lings plat­form. Dis ’n mark­plek en deel­poort vir i­dees en in­spi­ra­sie. En dis ’n skep­pen­de ruim­te. In­sta­gram is ’n soort kre­a­tie­we dis­si­pli­ne vir my. Dit hou my oog in­ge­stem. Dis @grys­wol­vin, as le­sers wil gaan loer,” sê Em­ma.

Ons stel men­se al­tyd voor goed en hart­lik­heid bo per­fek­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.