WEDLOOP VIR WEDLOOP

Ir­vet­te van Zyl – su­pe­r­at­leet én su­per­ma

Vrouekeur - - INHOUD -

As dog­ter­tjie het Ir­vet­te van Zyl se peet­ma, Fran­ces van B­lerk, al­tyd haar me­dal­jes om haar nek ge­hang. Fran­ces, die wen­ner van die Com­ra­des-ma­ra­thon se vrou­e­wed­loop in 1992, het die k­lein Ir­vet­te dik­wels na wed­lo­pe ge­vat waar sy in die sand­put ge­speel het ter­wyl haar peet­ma me­dal­jes in­ryg.

“Toe be­sluit ek, ek soek my eie me­dal­jes, dis nie so re­war­ding om haar me­dal­jes te hê nie,” ver­tel Ir­vet­te.

Op skool in Jo­han­nes­burg het sy “al­les van ge­wig­stoot tot hek­kies pro­beer, maar ek kon nie oor die hek­kie kom nie”, ver­tel sy lag­gend.

Toe sy eg­ter be­sef sy het ’n lang a­sem, het sy ge­weet hier­mee kan sy haar eie me­dal­jes wen.

Dees­dae wen Ir­vet­te nie net me­dal­jes nie, sy gaan vir die gou­es. Week ná week ver­stom sy men­se in at­le­tiek­krin­ge met haar pres­ta­sies.

Sy was am­per twee maan­de swan­ger toe sy ver­le­de jaar die uit­mer­ge­len­de So­we­to-ma­ra­thon ge­wen het. Van­jaar het sy haar ti­tel suk­ses­vol ver­de­dig én die re­kord ver­be­ter, skaars vyf maan­de ná haar twee­de seun, Gi­de­on, se ge­boor­te.

“Eint­lik wou ek ver­le­de jaar die So­we­to­ma­ra­thon nie eens hard­loop nie, want ek het ge­dink ek is be­sig om ver­koue te kry. Ek het eers ná die wedloop uit­ge­vind ek is swan­ger. En toe wen ek én ek het nog toi­let­breu­ke ook ge­vat!” ver­tel Ir­vet­te in haar huis in P­re­to­ria.

Van­jaar se oor­win­ning in So­we­to was een van heel­wat hoog­te­pun­te in die af­ge­lo­pe sei­soen.

Be­hal­we (en ten spy­te van) haar twee­de seun­tjie se koms, kon sy in drie van die land se groot­ste 10 km-wed­lo­pe in Kaap­stad, Jo­han­nes­burg en Dur­ban eer­ste oor die wen­streep hard­loop. In Dur­ban kon sy dit boon­op in ’n per­soon­li­ke bes­te tyd doen: ’n haas­ti­ge 32 mi­nu­te en 5 se­kon­des.

In haar nom­mer­sesjeans lyk Ir­vet­te al­ler­mins na ie­mand wat twee kin­ders het, wat nog te sê ’n seun­tjie van vyf maan­de. Van die Nu­tel­la-en-pie­sang-pan­ne­koe­ke waar­mee sy haar­self af en toe be­derf, is daar ook geen te­ken aan haar 52 kg­lyf nie.

“Maar ek het ’n kleu­ter én ’n ba­ba!” sê sy lag­gend ter­wyl die drie­ja­ri­ge Lou­is met ’n wa­ter­ge­weer in die huis rond­hard­loop. “Ek ver­geet om te eet – ek is net te be­sig.”

‘Ek het my ta­lent ge­mors’

Haar at­le­tiek­pad was eg­ter nie al­tyd in goud ge­tooi nie. Toe sy 17 was, het ’n erns­ti­ge brom­po­nie-on­ge­luk haar maan­de lank bui­te ak­sie ge­laat.

“Dok­ters het ge­sê daar is ’n kans dat ek nie weer sal kan hard­loop nie. Ek het daar­na baie met be­se­rings ge­suk­kel. Ek het ’n paar jaar nie goed ge­hard­loop nie, ek was eint­lik maar am­bi­sie­loos.”

Haar stief­pa is in 2009 oor­le­de, wat haar moed weer ’n bie­tjie ge­knak het.

“Daar­na het ek net be­sef ek moet iets met my ta­lent doen, want ek hét dit ge­kry en ek is be­sig om dit te mors.”

Twee van haar groot te­leur­stel­lings was die O­lim­pie­se S­pe­le in 2012 en 2016.

In 2012 se ma­ra­thon in Lon­den moes sy ná 17 km die stryd ge­won­ne gee na­dat sy ’n a­chil­les­be­se­ring op­ge­doen het.

’n Dag voor­dat sy vir die ma­ra­thon in 2016 sou aan­tree, moes sy weens ’n stres­frak­tuur ont­trek.

“Ek is baie op so­si­a­le me­dia ge­kri­ti­seer. Daar was men­se wat ge­sê het ek het an­der at­le­te se plek in die span ge­vat en ek ver­dien nie om daar te wees nie. As hul­le maar net weet hoe hard mens oe­fen om daar te kom en die te­leur­stel­ling as jy dan nie eens kan deel­neem nie ...”

Goue paar­tjie

At­le­tiek het ook haar pad met dié van haar man, die hek­kies­at­leet LJ van Zyl, laat kruis. Hul­le het me­kaar in 2004 ont­moet en was lank eers net goeie vrien­de.

“Ein­de 2008 het hy my ge­bel en ge­sê hy het ’n huis ge­koop, ek moet kom kyk. Ek was nie reg­tig lus om na sy huis te gaan kyk nie, maar dit was ’n or­dent­li­ke huis, ek was heel ver­baas. Nou grap hy en sê ek het van daar af nie weer ge­waai nie,” ver­tel sy lag­gend.

LJ het ook ’n be­lang­ri­ke rol ge­speel om haar at­le­tiek­loop­baan weer op dreef te kry.

“Toe ek en LJ in 2011 ver­loof ge­raak het, moes ek ook be­sluit wat my loop­baan­doel­wit is. Hy het ge­sê hy wil O­lim­pie­se S­pe­le toe gaan en toe be­sluit ek ék wil ook.”

Toe sy in 2016 ’n twee­de keer vir die S­pe­le kon kwa­li­fi­seer, het sy be­sluit at­le­tiek gaan haar brood en bot­ter wees.

Ir­vet­te en LJ is in 2012 ná hul ramp­spoe­di­ge O­lim­pie­se S­pe­le ge­troud. (LJ kon nie ver­by die uit­dun­ron­de vir die

400 m-hek­kies vor­der nie.)

Hy het on­langs uit­ge­tree en wag Ir­vet­te nou ge­reeld by die eind­streep in. Op so­si­a­le me­dia spog hy wyd met sy “Irv” en hy sê haar deur­set­tings­ver­moë is die ei­en­skap wat hy die mees­te be­won­der.

“Sy vat deur­set­tings­ver­moë na die vol­gen­de vlak toe. Sy het al baie be­se­rings ge­had en sy het net aan­hou veg en te­rug­ge­kom. Dit is vir my baie in­druk­wek­kend. Hoe­wel ek ook ’n har­de wer­ker is, skop sy my din­ges,” sê hy.

Be­hal­we dat sy ra­tel­taai is, is sy boon­op ’n su­per­ma vir hul seun­tjies. “Sy is baie lief vir daai twee seuns. Al die har­de werk wat sy vir wed­lo­pe in­sit, sit sy ook as ma in. Sy sê nooit nee vir die seuns nie en sy gee nie om om vroeg, drie­uur tot ses­uur die og­gend, te gaan oe­fen nie, so­dat sy deur die dag daar kan wees vir die seuns.”

‘Moe­der­skap Maak My be­ter’

Ir­vet­te en LJ was een og­gend in Ju­nie be­sig om hul bad­ka­mer te re­stou­reer (“Ek het die ga­te ge­boor en hy het die leer vas­ge­hou,” sê sy) toe Gi­de­on twee we­ke te vroeg sy op­wag­ting maak. Skaars vier we­ke ná die seuns se ge­boor­te was Ir­vet­te weer op die pad.

“Al­bei is met ’n kei­ser­snee ge­bo­re, maar ek het ’n gi­ne­ko­loog wat my mal­lig­heid mooi ver­staan. ’n Mens is ver­on­der­stel om eint­lik ses we­ke te wag, maar as ’n at­leet vat jy ’n bie­tjie meer ri­si­ko’s.”

Sy glo swan­ger­skap en moe­der­skap het van haar ’n be­ter at­leet ge­maak.

“Dit was nie be­plan nie, maar ek sou dit glad nie an­ders wou hê nie. Jou loop­baan kom nie tot ’n ein­de as jy kin­ders het nie. Dit maak jou eint­lik net in al­le op­sig­te be­ter, want jy is min­der self­sug­tig, jy leer om te pri­o­ri­ti­seer.”

Haar peet­ma Fran­ces meen ook

Ir­vet­te kry die ba­lan­seer toer­tjie tus­sen moe­der­skap en haar at­le­tiek­loop­baan goed reg.

“Ir­vet­te se dryf­krag ver­stom my,” sê sy oor haar peet­kind.

“Dis net on­ge­loof­lik hoe ge­mo­ti­veerd en doel­ge­rig sy is. Sy maak net een­vou­dig tyd om te oe­fen, al is dit vroeg in die og­gend, en dan doen sy nog al­les vir die twee kin­der­tjies ook.

“Ek sê al­tyd dis goed dat sy so fiks is, an­ders weet ek nie hoe sy als in ’n dag ge­doen sou kry nie.”

Ir­vet­te rig nou haar­self af na­dat sy lank on­der die be­ken­de af­rig­ter Lind­sey Par­ry ge­oe­fen het.

“Ek het swan­ger ge­word en vir hom ge­sê ek gaan nou net ’n breuk vat en op my eie oe­fen. Dis nou al ’n bie­tjie meer as ’n jaar wat ek ses­sies op my eie doen, en ek voel con­fi­dent in wat ek doen. Ek sal se­ker een­dag weer te­rug­gaan, maar vir nou werk dit be­ter, ek be­plan my week om die kin­ders en hoe­veel slaap ek kry.”

Haar raad vir an­der swan­ger vroue wat wil oe­fen, is om baie na­vor­sing te doen en me­die­se rig­ly­ne te volg, maar uit­ein­de­lik na jou lyf te luis­ter.

“Ná el­ke swan­ger­skap leer jy jou lyf be­ter ken en el­ke vrou is an­ders. My twee swan­ger­skap­pe het van me­kaar ver­skil. Om te hard­loop, het my met die naar­heid ge­help en dat ek nie so erg op­swel nie.

“Men­se sê al­tyd as jy nor­maal kraam, maak dit jou ster­ker, maar ’n kei­ser is maar net so seer. Deur el­ke swan­ger­skap kom jy ’n bie­tjie ster­ker an­der­kant uit. En om swan­ger te wees en te hard­loop is tough, maak nie saak wat­ter groot­te jy is nie. Dit is reg­tig moei­lik – die on­ge­mak en die ek­stra ge­wig.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.