TENNISAFRIGTER SE TWEE­DE KANS Hy help kin­ders met hul ten­nis­dro­me

’n Gedwon­ge ver­skui­wing het ’n jong Kit­to A­rend­se se le­wens­pad ver­an­der, maar van­dag help hy kin­ders met hul ten­nis­dro­me

Vrouekeur - - INHOUD - Deur SARIE MARAIS-NELL

Kit­to A­rend­se van Mal­mes­bu­ry het as jong man ge­leer om stuk­ken­de mo­tors se bak­werk so mooi te her­stel dat dit weer splin­ter­nuut lyk. Dees­dae volg hy die­self­de nou­keu­ri­ge roe­te wan­neer hy jong ten­nis­spe­lers af­rig. Hy her­stel graag stuk­ken­de kin­ders se self­beeld net soos hy des­tyds die ry­goed her­stel het.

Kit­to is ’n 65-ja­ri­ge af­ge­tre­de on­der­wy­ser en pro­fes­si­o­ne­le Bo­land-tennisafrigter en op sy tuis­dorp ken nie­mand sy ge­boor­te­naam Chris­ti­an nie.

“Ek kan my by­naam nie ver­klaar nie,” ver­tel hy met sy ken­mer­ken­de breë lag, “maar dis wat vas­ge­steek het.”

Kit­to se op­regt­heid en sy reg­uit blik maak hom o­ral ge­liefd. Op 65 rig hy steeds ak­tief ten­nis af. Sy eie kin­ders het pro­vin­si­aal ten­nis ge­speel en sy klein­kin­ders volg die­self­de roe­te.

Sy ten­nis­paad­jie het eg­ter nie son­der kin­kels ge­loop nie. Kit­to se la­er­skool­ja­re op Mal­mes­bu­ry was van sy ge­luk­kig­ste: In ’n huis reg­oor ’n ten­nis­baan, was die A­rend­se-ge­sin in hul e­le­ment. Die he­le ge­sin was ver­sot op ten­nis. Een sus­sie was ’n Wp-spe­ler en Kit­to was as tien­ja­ri­ge die WP se nom­mer-twee-spe­ler.

Die ge­sel­lig­heid rond­om ten­nis oe­fe­nin­ge, wed­stry­de en baan voor­be­rei­dings vir tuis­wed­stry­de het hul ure ge­vul.

“Ons wed­stry­de was al­tyd hier op Mal­mes­bu­ry o fin Groen­punt se Mu­ni­si­pa­li­teit straat. Na­we­ke is ons huis in Ar­ca­dia straat in die klub­huis om­skep, waar Mam­mie die Kaap­se be­soe­kers ont­vang en ons al­tyd die net­te ge­stoor het. As ju­ni­ors was dit ons werk om die baan vir wed­stry­de voor te be­rei. Eers die he­le gruis­blad nat­spuit en dan nat sak­ke oor die baan sleep. Daar­na moes ons die op­per­vlak met handrol­lers plat­rol en met styf­ge­span­de toue reg­uit kalk­stre­pe met ’n kwas aan­wend – ’n tyd­ro­wen­de, nou­keu­ri­ge pro­ses.”

As tien­ja­ri­ge is Kit­to en sy ge­sin vol­gens a­part­heids­wet­ge­wing na’ n nu­we woon­ge­bied in Mal­mes­bu­ry ver­skuif–son­der’ n ten­nis­baan na­by. “Ons was in el­ke op­sig ont­wor­tel. My kin­der­ja­re was eens­klaps ver­by.”

Hier­die ver­skui­wing het Kit­to se ten­nis­loop­baan ’n kis­hou ge­gee.

Op ho­ër­skool het hy rug­by ge­speel en hom ná skool as spuit­ver­wer be­kwaam.

“Dit was al­tyd my doel om my wê­reld te ver­breed en daar­om het ek in ver­skil­len­de ver­tak­kings van dié be­dryf ge­werk.”

Kit­to het ook amp­te­lik as vak­man by die des­tyd­se O­li­fants­fon­tein in Jo­han­nes­burg ge­kwa­li­fi­seer. Hy was voor­man by ’n pa­neel klop werk­win­kel in Paar­den­ei­land toe die on­der­wys­de­par­te­ment na ge­kwa­li­fi­seer­de am­bags­man­ne be­gin soek het wat leer­ders by vaar­dig­heid­sko­le prak­ties kon op­lei.

“Daar word ek toe as am­bags­man op­ge­trek na skool­hou vir kin­ders wat vroeg met die ge­reg ge­bots het. Die He­re het vir my hier­die werk ge­gee.”

Hy het da­de­lik vir ’n on­der­wys­di­plo­ma be­gin swot. “Ek het vin­nig ge­leer om kind­ge­sen­treerd te werk. Mens moe­nie on­reg aan ’n kind doen nie, want ons is al­mal die­self­de ge­ska­pe. Kin­ders moes tuis voel in my klas – g’n kind wil net heel­dag af­ge­druk word nie. Ons al­mal wil ê­rens ’n plek­kie hê waar ons tuis voel.”

Kit­to het die mooi­maak be­gin­sels van mo­tor­her­stel­werk na die leer­ders in sy sorg be­gin oor­dra.

“Ek het dik­wels daar­aan ge­dink hoe mens ver­sig­tig aan die me­taal van in­ge­duik­te ry­goed werk, hoe ek kleu­re sorg­vul­dig ge­meng het om ’n prag­tig her­stel­de mo­tor aan die ei­e­naar te­rug te be­sorg en hoe ek ook el­ke kind kan ‘mooi maak’. Ek het

ge­wroeg oor hoe ek elk­een kan help ont­wik­kel tot die mooi­ste mens wat hy moont­lik kan wees. Dit was my rig­ly­ne in ’n skool vol ont­wrig­te kin­ders.”

Kit­to glo ag­ter el­ke suk­ses­vol­le man staan ’n goeie vrou.

“Ek en my vrou, He­leen (Le­nie), het twee kin­ders ge­had toe ek bui­te­muurs be­gin stu­deer het. Le­nie, self ’n on­der­wy­se­res, moes din­ge tuis reg­hou as ek tus­sen stu­dies en werk deur saans toe­sig­diens­te by Kaap­se kos­hui­se ge­le­wer het.

“Toe my eer­ste skool­hoof vra ek moet ’n saal­diens met Skrif­le­sing en ge­bed o­pen, was ek baie be­noud. Pu­re on­der­wy­se­res, het Le­nie vir my ’n By­bel­bood­skap­pie ge­skryf en hulp­mid­dels ge­maak. Ek moes dit voor die spie­ël in­oe­fen. So tus­sen die oe­fen en be­noud­heid deur, moes ons ook lag toe Le­nie sê: ‘Jul­le mans se mon­de is al­tyd so groot, wat­se bang­geit is dit nou?’ Só het ons me­kaar deur­ge­dra.”

La­ter ja­re was Kit­to de­par­te­ments­hoof van teg­nies by die At­lan­tis-vaar­dig­heid­skool, as­ook ny­wer­heid­skool-mo­de­ra­tor en pad­vin­ders­lei­er.

“Net toe ek my­self as ’n rug­by­man be­gin sien, het ons drie dog­ters ge­kry en toe ek hul ten­nis­ta­lent sien, het ek my twee­de kans met ten­nis ge­kry.”

Kit­to het ten­nis af­rig­ting s kur­sus­se be­gin by­woon. “Ek kon gra­tis kur­sus­se volg met die ver­wag­ting dat ek my ken­nis in my ge­meen­skap sou te­rug­ploeg. Deur die ja­re was ek ge­luk­kig om baie goeie men­tors te hê.”

Met Kit­to se af­rig­ting en Le­nie wat self ’n kra­ni­ge ten­nis­spe­ler is, het al drie dog­ters Bo­land­kleu­re vir ten­nis ver­werf – met

Ek het ge­wroeg oor hoe ek elk­een kan help ont­wik­kel tot die mooi­ste mens wat hy moont­lik kan wees. Dit was my rig­ly­ne in ’n skool vol ont­wrig­te kin­ders

e­ne­tjie wat as kor­da­te ne­ge­ja­ri­ge reeds vir die o.12-span ge­speel het.

Ge­lei­de­lik het Kit­to in die ran­ge van Ten­nis SA ge­vor­der, eers as af­rig­ter, daar­na as af­rig­ter en ek­sa­mi­na­tor van pro­fes­si­o­ne­le ten­nis­af­rig­ters. Van­dag is hy by Ten­nis Suid-a­fri­ka as pro­fes­si­o­ne­le Bo­land-af­rig­ter ge­re­gis­treer.

“Baie dae ty­dens op­lei­ding­ses­sies en tus­sen hoog­ge­plaas­tes in die ten­nis­be­dryf, be­sef ek dat ek my­self steeds sien as my ma, Mu­riel, die vrou met die oop hart vir al­mal, se klong. In my hart bly ek een van die agt kin­ders van ’n wer­ker in ’n meu­bel­win­kel op Mal­mes­bu­ry. Ek leer my eie kin­ders ook ne­de­rig­heid.

“Wan­neer ek ten­nis af­rig, gaan dit vir my oor die glim­lag op die kin­ders se ge­sig­te as hul­le ’n vaar­dig­heid be­mees­ter. Saam met ten­nis leer ek kin­ders die waar­de van har­de werk, die bloot­stel­ling aan sport ge­sen­treer­de uit­da­gings en dat nie­mand win­tie mag wees as hy suk­ses­vol raak nie.

“Ek glo vas dis nie net die vin­nig­ste sport­man nie, maar dik­wels die mees aan­pas­ba­re at­leet wat ie­wers gaan kom. Som­mi­ge kin­ders ont­wik­kel eers la­ter en neem lan­ger voor­dat die pen­nie drop.

“Wan­neer ’n kind nie a­ka­de­mies sterk is nie, kan hy op sport­ge­bied op die­self­de vlak as sy tyd­ge­no­te ver­keer.

“Ek gee graag aan elk­een die aan­dag en er­ken­ning wat hom of haar toe­kom,” sê hy.

Hy rig ook sy vyf klein­kin­ders af. “Die vyf­de e­ne­tjie is nog ’n ba­ba. Hul­le speel al­mal goed. Die twee oud­stes het reeds twee jaar by die Suid-a­fri­kaan­se sko­le­kom­pe­ti­sies vir Bo­land ge­speel. Van­jaar het hul Bo­land­span die eer­ste keer in 17 jaar die Gau­teng­span op la­er­skool­vlak ge­wen.

“Ek raak be­kom­merd oor die dui­sen­de ran­de wat dit ons jong spe­lers en hul fa­mi­lies in ’n wê­reld son­der borg­skap­pe kos om me­de­din­gen­de ten­nis te speel.”

Ter­wyl tik in die rond­te is en dis­si­pli­ne af­ge­wa­ter ge­raak het, be­pleit Kit­to die waar­de van sport en hand­werk vir kin­ders. “Ge­luk­kig het die Wes-kaap­se re­ge­ring nou vir spor­tas­sis­ten­te en be­ter sport­ge­rie­we by sko­le be­ding. Dit be­hoort bin­ne­kort die ge­wo­ne kind te be­gin be­voor­deel.”

Het kin­ders stou­ter ge­raak as ja­re ge­le­de?

Die man met die hel­der oë dink deeg­lik voor hy ant­woord: “Ek praat eer­der van ge­drag­ge­strem­de kin­ders. Wan­neer hul­le nie weet hoe om uit­da­gings te han­teer nie en dalk oor ’n swak­ke­ri­ge hou vloek, werk ek aan die mind­set; leer ek hom of haar dat mens eers jou fou­te moet er­ken voor jy die uit­da­ging kan oor­win.

“Dis veel mak­li­ker om ‘stout’ kin­ders sum­mier kort te vat, maar ek pro­beer kin­ders eer­der op­bou as af­breek.”

“My deur­sneegrap­pie met die kin­ders gaan oor die los­k­op­lor­ries wat so los­haak van die lyf af – vreemd hoe hul­le daai be­grip ver­staan.”

In 2014 het Kit­to ty­dens ’n glans­ge­leent­heid ’n S­port­le­gen­de-toe­ken­ning van die Wes-kaap­se mi­nis­ter van sport ont­vang. “Hier­die soort er­ken­ning be­te­ken vir my baie, ver­al om­dat my ge­sond­heid dit nog toe­laat.”

Kit­to het in die laas­te 18 jaar on­ge­veer 20 stents, ’n vy­f­aar-hart­om­lei­ding en ’n o­pe­ra­sie aan sy nek­wer­wels deur­ge­maak.

“El­ke dag van goeie ge­sond­heid is ’n groot voor­reg! Ek glo mens moet be­sig bly.”

Sy oë blink: “Ek maak graag pot­jie­kos – af­val- en soet of suur ker­rie­pot­te. Dis my guns­te­ling stok­perd­jie. E kry ook graag my klein­kin­ders na hul ten­nis­toer­nooie toe. Ek kry dees­dae se kin­ders so jam­mer. Hul­le ken nie die vry­heid en vei­lig­heid van speel in die park en swem in die ri­vier nie.

“Daar is so­veel on­no­di­ge druk op kin­ders en daar­om moe­dig ek hul­le aan om nie hul teg­nie­ke in­ge­wik­keld te maak nie.

“‘Ge­bruik dit waar jy van­daan kom, ge­bruik jou na­tuur­li­ke aan­slag, moe­nie din­ge in jou ten­nis (en in jou le­we) on­no­dig in­ge­wik­keld maak nie!’”

Saam met ten­nis leer ek kin­ders die waar­de van har­de werk, die bloot­stel­ling aan sport ge­sen­treer­de uit­da­gings en dat nie­mand win­tie mag wees as hy suk­ses­vol raak nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.