RAAK AAN ME­KAAR! Aan­ra­king kan ’n groot ver­skil in jul ver­hou­ding maak

Met ’n en­ke­le aan­ra­king kan jy teer­heid, omgee, dank­baar­heid, vreug­de en lief­de kom­mu­ni­keer, skryf A­li­ta S­teen­kamp

Vrouekeur - - INHOUD -

Ont­hou jy nog daar­die eer­ste keer toe jou ge­lief­de aan jou hand ge­vat het? Of daar­die eer­ste soen? Selfs ja­re na­dat dit ge­beur het, sal baie men­se nog die oom­blik pre­sies kan ont­hou.

Aan­ra­king bly nou maar een­maal ’n be­son­der be­lang­ri­ke e­le­ment van al­le mens­li­ke ver­hou­dings. Dié tus­sen ou­ers en kin­ders, tus­sen ge­lief­des en ook tus­sen pla­to­nie­se vrien­de. Aan­ra­king praat ’n taal wat e­nig­een kan ver­staan.

Die Ka­na­de­se skry­wer Mar­ga­ret At­wood het dit so mooi ver­woord: “Aan­ra­king ge­beur voor­dat jy kan sien of kan praat. Dit is die eer­ste taal, en ook die laas­te, en dit ver­tel al­tyd die waar­heid.”

Na­vor­sers het oor die ja­re die po­si­tie­we waar­de van aan­ra­king be­wys, on­der meer dat ’n druk­kie wat 30 se­kon­des duur en ’n soen van ses se­kon­des, stres ver­laag en ter­self­der­tyd ok­si­to­sien, die so­ge­naam­de lief­des­hor­moon, vry­stel.

An­der fi­sie­ke voordele wat dit bied, is: ’n ver­la­ging in bloed­druk, ver­be­te­ring van die immuunstelsel en die vry­stel­ling van en­dor­fie­ne, die so­ge­naam­de goed­voel­hor­moon.

Die reg­te aan­ra­king op die reg­te tyd is ver­troos­tend en dit lig jou ge­moed. Dit is ’n won­der­li­ke kom­mu­ni­ka­sie­mid­del in e­ni­ge ver­hou­ding en spel uit dat ie­mand jou ver­staan en ’n be­hoef­te het om aan jou te raak.

Dr El­ma­ri Craig, sek­su­o­loog en ver­hou­dings ken­ner van P­re­to­ria, sê ge­trou­de p a­reen men­se in lang­ter­myn ver­hou­dings on­der­skat dik­wels die waar­de van aan­ra­king .“Bin­ne’ n lief­des­ver­hou­ding is aan­ra­king ge­wel­dig be­lang­rik om­dat dit na sek­su­a­li­teit op­bou. Som­mi­ge men­se vat glad nie aan me­kaar nie en loop op ’n af­stand in die gang by me­kaar ver­by, maar dan wil hul­le daar­die aand seks hê.

“Ou­ers moet ook al­tyd ont­hou dat wan­neer hul­le aan me­kaar raak, dit ’n be­lang­ri­ke bood­skap aan die kin­ders uit­stuur: Men­se wat lief is vir me­kaar, vat aan me­kaar, en dit is goed en no­dig.

“So maak jy jou kind ge­mak­lik met aan­ra­king. Dit is ver­al in die eer­ste drie jaar van ’n kind se le­we ook baie be­lang­rik dat sy ou­ers so­veel as moont­lik aan hom of haar moet raak, want daar­die koes­te­ring maak die he­le kwes­sie van in­ti­mi­teit la­ter in sy of haar le­we baie mak­li­ker.”

El­ma­ri is nie die e­nig­ste ver­hou­dings ken­ner wat men­se in ver­hou­dings sterk aan­raai om aan me­kaar te raak nie. So­wat 50 jaar ge­le­de het Mas­ters en John­son, die twee A­me­ri­kaan­se te­ra­peu­te wat die he­le kon­sep van mo­der­ne seks­te­ra­pie aan die gang ge­sit het, die waar­de van fi­sie­ke aan­ra­king be­sef.

Deel van hul te­ra­pie is sen­sa­te fo­cus ge­noem en het ’n oe­fe­ning be­hels waar­in ’n paar­tjie met nie­sek­su­e­le aan­ra­king hul maats moet laat ont­span.

Dit het se­dert­dien ’n be­lang­ri­ke deel van seks­te­ra­pie ge­word. Dik­wels word pro­ble­me op sek­su­e­le ge­bied deur angs­tig­heid of ’n ge­brek aan kom­mu­ni­ka­sie ver­oor­saak en hier­die aan­ra­kings te­ra­pie kan dan’ n be­lang­ri­ke hulp­mid­del word. Dit kan ook voor­kom dat daar in die eer­ste plek pro­ble­me op sek­su­e­le ge­bied ont­staan.

El­ma­ri sê dat men­se dik­wels die waar­de van aan­ra­king mis­kyk.

“Ons vel is ons groot­ste seks­or­gaan

en die brein die be­lang­rik­ste. Vir my lê die be­lang­rik­heid van aan­ra­king daar­in dat dit in­ti­mi­teit, na­by­heid en vei­lig­heid skep en jou maat ge­koes­ter laat voel. Ons wil al­mal so graag raak­ge­sien word en wan­neer jy aan jou maat raak, stuur dit die be­lang­ri­ke bood­skap uit: ‘Ek sien jou raak.’”

Drr C­har­les en E­li­za­beth S­chmitz, twee A­me­ri­kaan­se te­ra­peu­te en skry­wers van die boek Buil­ding a Lo­ve that Las­ts, sê dat wan­neer jy aan jou ge­lief­de raak, er­ken jy sy of haar teen­woor­dig­heid en kom­mu­ni­keer jy ter­self­der­tyd jou be­geer­te vir en be­hoef­te aan hom of haar.

In Buil­ding a Lo­ve that Las­ts skryf hul­le dat aan­ra­king een van die be­lang­rik­ste ei­en­skap­pe van ’n suk­ses­vol­le hu­we­lik is, selfs be­lang­ri­ker as seks.

“Een van die ge­luk­ki­ge paar­tjies met wie ons ge­sels het, sê dat as hul­le 100 keer op ’n dag by me­kaar ver­by­loop, raak hul­le 100 keer aan me­kaar. Hier­die paar­tjie ver­staan die kon­sep van aan­ra­king: ‘Ek het jou so lief, ek móét net aan jou raak,’” skryf hul­le.

Ons wil al­mal so graag raak­ge­sien word en wan­neer jy aan jou maat raak, stuur dit die be­lang­ri­ke bood­skap uit: ‘Ek sien jou raak’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.