RE­SEP­TE ’n Koel Kers­fees

Moe­nie jou op Kers­dag boeg­lam kook nie. Pro­beer hier­die mak­li­ke re­sep­te waar jy al­les voor­af kan maak en net koud op die Kers­ta­fel voor­sit

Vrouekeur - - INHOUD - Deur SUZANNE CROZIER Ko­sassis­tent JAS­MYN VAN HEERDEN Fo­to’s AND­REA CALDWELL

Wal­dorf-aar­tap­pel­slaai 6-8 por­sies

1 kg k­lein aar­tap­pel­tjies, in helf­tes ge­sny

2 groot sel­de­ry­s­tok­kies

4 groen appels

100 g (1 pak­kie) bos­bes­sies

100 g (1 pak­kie) pe­kan­neu­te, grof­ge­kap

250 ml (1 k) ma­yon­nai­se

125 ml (½ k) suur­le­moen­sap

1 Kook aar­tap­pels tot sag, drei­neer en

hou een­kant.

2 Sny sel­de­ry in klei­ner stuk­kies en

meng met aar­tap­pels.

3 Kerf groen­ap­pels in dun sky­fies en

meng by aar­tap­pels

4 Gooi bos­bes­sies en pe­kan­neu­te by.

5 Meng ma­yon­nai­se en suur­le­moen­sap saam en roer goed deur aar­tap­pel­meng­sel.

ge­droog­de-vrug­te-vark­nek 6–8 por­sies

50 g (½ pak­kie) ge­droog­de

per­skes

50 g (½ pak­kie) ge­droog­de vye 50 g (½ pak­kie) ge­droog­de ap­pel­ko­se

125 ml (½ k) kor­rel­mos­terd 15 ml (1 e) vars tie­mie

15 ml (1 e) vars roos­ma­ryn

5 t (1 t) sout

2,5 ml (½ t) swart­pe­per

1 ml (1/5 t) brand­ris­sie­vlok­kies 1 kg vark­nek Stel oond op 160 ˚C

1 Ver­werk per­skes, vye, ap­pel­ko­se, mos­terd, kruie en spe­se­rye in voed­sel­ver­wer­ker tot glad.

2 S­meer meng­sel oor vark­nek.

3 Sit in oond­bak en maak met

foe­lie toe.

4 Bak vir twee uur of tot goud­bruin

en goed gaar.

5 Laat heel­te­mal af­koel en bê­re in

ys­kas.

6 Sny in sky­we en sit voor.

Heu­ning­mos­terd­sous 6–8 por­sies

125 ml (½ k) ma­yon­nai­se 60 ml (¼ k) Di­jon-mos­terd 60 ml (¼ k) kor­rel­mos­terd 15 ml (1 e) En­gel­se mos­terd 125 ml (½ k) heu­ning kny­pie rooi­pe­per

1 Meng al­les.

2 Bê­re in glas­bot­tels in ys­kas vir

tot ’n week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.