Let­ter­lik

Ek word ge­reeld ver­soek om my per­soon­li­ke ly­sie van die bes­te, mooi­ste, lek­ker­ste boe­ke van die laas­te jaar met me­de­le­sers te deel. Ek doen dit graag

Vrouekeur - - INHOUD - Deur MA­RI­TA VAN DER VY­VER

Wa­re boek­le­sers is e­wig hoop­vol­le we­sens. Jy le­we al­tyd met so ’n on­blus­ba­re von­kie hoop in jou hart dat die vol­gen­de boek wat jy oop­blaai, die bes­te een sal wees wat jy die he­le jaar ge­lees het. Soms is jy skaars ’n paar blad­sye in die sto­rie in voor­dat die von­kie vlam vat en ’n knet­te­ren­de vuur word. Dís die een waar­voor jy ge­wag het, be­sef jy da­de­lik, die re­de waar­om jy aan­hou lees. Soos ’n bloed­hond op die spoor van daar­die één boek wat bo al­les sal uit­staan wat jy die af­ge­lo­pe de­ka­de aan­ge­durf het.

Soms, net soms, word daar­die von­kie ’n man­ji­fie­ke vuur­werk­ver­to­ning wat jou na jou a­sem laat snak, wan­neer jy ’n ro­man ont­dek wat jy vir die res van jou le­we as ’n guns­te­ling sal ont­hou.

En dis pre­sies my pro­bleem met die Boek van die Jaar-ly­sies wat dié tyd van die jaar wê­reld­wyd in die me­dia ver­skyn. Ek word ge­reeld ver­soek om my per­soon­li­ke ly­sie van die bes­te, mooi­ste, lek­ker­ste boe­ke van die laas­te 12 maan­de met me­de­le­sers te deel. Ek doen dit graag. Ek hóú mos daar­van om die blye bood­skap van die boek te ver­kon­dig, maar van­weë die s­per­da­tums van ve­le tyd­skrif­te kom hier­die ver­soek dik­wels we­ke of selfs maan­de vóór 31 De­sem­ber. En hoe weet ek of ek nie dalk in die laas­te week van die jaar my Boek van die Jaar gaan lees nie?

Soos in­der­daad laas jaar ge­beur het. In die fees­tyd lees baie van ons meer as ge­woon­lik – al daar­die boe­ke wat heel­jaar vir die va­kan­sie­tyd ge­bê­re word – en na­dat ek klaar my keu­ses in die o­pen­baar ver­kon­dig het, tref ’n on­lang­se A­me­ri­kaan­se ro­man my tus­sen Kers­fees en Nu­we­jaar kol­skoot in die hart. Dit steek al die vreug­des­vu­re aan, ver­bluf my met knal­le en kleu­re, ver­hit my van kop tot to­ne. Nie al­tyd ’n aan­ge­na­me hit­te nie, maar dis ge­woon­lik ’n goeie te­ken, want ek wil tog nie net “lek­ker” boe­ke lees nie. Soms wou ek weg­skram, bang dat ek ge­skroei gaan word, maar dis so boei­end ge­skryf dat ek nie kon ont­snap tot ek die laas­te blad­sy be­reik het nie.

Die boek was The Un­der­ground Rai­l­ro­ad van Col­son W­hi­te­he­ad, ’n ont­roe­ren­de sto­rie met ’n ver­beel­ding­ry­ke, ma­gie­se on­der­toon oor ’n swart vrou wat uit sla­wer­ny pro­beer ont­snap. ’n His­to­rie­se ro­man wat jou ook met an­der oë na die he­den­daag­se A­me­ri­ka kan laat kyk. So ’n boek is soos ’n koningsmaal in ’n uit­ste­ken­de re­stau­rant – al­les wat jy in die daar­op­vol­gen­de dae eet, is net nie so lek­ker soos dit sou ge­wees het as jy dit nie met die koningsmaal kon ver­ge­lyk nie. Ek het maan­de lank ge­soek na nog ’n on­lang­se ro­man wat my op die­self­de ma­nier kan aan­gryp.

Ek soek eint­lik steeds. Dis waar­om my Boek van die Jaar-ly­sie bloot ’n voor­lo­pi­ge ly­sie sal wees. Soos die ge­vat­te ti­tel van Sa­rah B­rit­ten se jeug­ro­man ’n klom­pie ja­re ge­le­de: The Worst Ye­ar of My Li­fe – So

Far. My Bes­te Boe­ke van die Jaar (Tot Dus­ver) sluit in Die Dao van Daan van der Walt deur die ge­heim­sin­ni­ge skuil­naam­skry­wer Lo­de­wyk G du P­les­sis; die nooit vol­pre­se El­sa Jou­bert se S­per­tyd; as­ook ’n Griekse ro­man en ’n B­rit­se nie­fik­sie­boek wat al­bei meer as ’n hal­we eeu ge­le­de reeds ge­skryf is: Zor­ba the G­reek van Ni­kos Ka­zant­za­kis en Do­wn and Out in Pa­ris and Lon­don van Ge­or­ge Or­well.

Die rol­prent van Zor­ba met die on­ver­geet­li­ke dan­sen­de An­tho­ny Quinn het my as jong mei­sie al be­to­wer. En nou be­sef ek, soos so dik­wels, dat die boek selfs be­ter as die rol­prent is. Die rol­prent van Or­well se Ni­ne­teen Eig­hty-four, wat (na­tuur­lik) in 1984 uit­ge­reik is, het ook ’n bly­wen­de in­druk op my ge­maak, maar ek ont­hou dit be­slis nie as snaaks nie. Dis waar­om Do­wn and Out so ’n aan­ge­na­me ver­ras­sing was. Heel­te­mal an­ders as Or­well se be­roem­de dis­to­pie­se we­ten­skaps­fik­sie, ’n lek­ker­lees­boek vol hu­mor en wys­heid oor ’n tyd­perk toe die skry­wer as brand­arm jong­man saam met boe­me­laars en rand­fi­gu­re ge­le­we het.

Wat meer on­lang­se boe­ke be­tref, ont­hou die sper­da­tum vir hier­die ru­briek is vroeg Ok­to­ber. Dit be­te­ken daar is nog by­na drie maan­de oor om te lees – en ’n berg be­lo­wen­de boe­ke wat langs my bed lê en wag. Ek is se­ker ek gaan my Boek van die Jaar op daar­die berg vind. (Ek sê mos ons le­sers bly im­mer hoop­vol.)

Al­les WAT jy IN DIE DAAR­OP­VOL­GEN­DE DAE EET, Is NET NIE so lek­ker soos DIT sou ge­wees HET As jy DIT NIE MET DIE KONINGSMAAL kon VER­GE­LYK NIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.