Ken jou sto­rie

Willie Bur­ger kyk na A­lex­an­der S­tra­chan se 1 Recce – Die nag be­hoort aan ons

Vrouekeur - - INHOUD -

Die woord “recce” het ge­du­ren­de die 1970’s en 1980’s ont­set­tend baie ont­sag in ons ge­mi­li­ta­ri­seer­de sa­me­le­wing in­ge­boe­sem. Selfs van­dag nog het die recces by­na ’n soort mi­tie­se sta­tus as die dap­per­ste, taai­ste en ge­vaar­lik­ste ou­ens.

In sy 1984-kort­ver­haal­bun­del, ’n Wê­reld son­der gren­se, be­skryf A­lex­an­der S­tra­chan ’n sol­daat wat pas die recce-keu­rings­pro­ses ge­slaag het en wat moeg en trots op pad huis toe is. Hy sien sy weer­kaat­sing in die trein­ven­ster en dink dat dit mos nou is hoe hy be­hoort te lyk: “Stil en ge­vaar­lik.”

Hul reputasie as ge­vaar­lik is met be­won­de­ring be­je­ën en hul stil­swye oor waar­mee hul­le reg­tig be­sig was, het tot die by­na mi­tie­se sta­tus by­ge­dra. In daar­die ja­re was die Suid-a­fri­kaan­se sa­me­le­wing ge­mi­li­ta­ri­seer. Ty­dens “ka­det­pe­ri­o­des” het wit skool­seuns in bruin u­ni­forms on­der be­vel van on­der­wy­sers in weer­mag­u­ni­forms op en af mar­sjeer. El­ke wit ge­sin het ’n broer of neef of oom of pa in u­ni­form ge­ken. Om­trent el­ke ge­bed is af­ge­sluit met: “Wees as­se­blief met ons man­ne op die grens.”

Die vraag na wat ons man­ne op die grens ge­soek het, is bit­ter sel­de on­der wit men­se, ver­al A­fri­kaans­spre­ken­des, ge­vra.

Ui­tien­de­lik het die ka­det­te, die ge­be­de en die lied­jies daar­toe by­ge­dra dat die i­dee van sol­da­te o­ral in die land en op die grens nor­maal voor­ge­kom het. Die­ge­ne wat hul land in u­ni­form ge­dien het, is met eer­bied en ont­sag be­je­ën.

Ter­wyl daar re­spek vir ge­wo­ne sol­da­te was, is daar met gro­ter ont­sag na die val­skerm­sol­da­te in Bloem­fon­tein ge­kyk. Maar dan, met nog veel meer ont­sag, is van die recces ge­praat.

Die recces was die room van die weermag – daar­die su­per­fik­se, taai, spe­si­a­lis­sol­da­te wat in k­lein groe­pies diep in vy­an­de­li­ke ge­bied kon op­tree. Hul­le het uit­ge­staan met hul lan­ger ha­re en die ge­mak waar­mee hul­le deur ’n weer­mag­ba­sis ge­stap het. Bang vir niks.

In 2015 het Koos S­tad­ler se boek, Recce, oor sy er­va­rings ver­skyn. Nou word dit ge­volg deur A­lex­an­der S­tra­chan se 1 Recce – Die nag be­hoort aan ons, wat as ’n soort ge­skie­de­nis van 1 Ver­ken­nings­kom­man­do aan­ge­bied word. Wat van al­bei hier­die boe­ke op­val, is die af­we­sig­heid van po­li­tie­ke oor­we­gings of his­to­rie­se kon­teks en die klem op a­von­tuur.

In die mi­li­tê­re ma­cho­kul­tuur wat toe ge­heers het, is jong man­ne wat uit­ein­de­lik recces ge­word het, nie so­seer deur veg­lus, ’n haat vir die vy­and, ’n i­de­o­lo­gie­se ge­loof in die NP, die “Wes­te” of die Chris­ten­dom daar­toe ge­lok nie, maar veel eer­der deur a­von­tuur­lus.

Be­ne­wens die a­von­tuur­lus word die man­ne deur ka­me­ra­de­rie ge­bind. Her­haal­de­lik word in 1 Recce na die v­riend­skap­pe ver­wys. Die ka­me­ra­de­rie ont­staan uit die saam swaar­kry ty­dens die keu­rings­pro­ses – min­der as 10% van die aan­vank­li­ke hoop­vol­les slaag dit. Maar die ban­de word nog die­per ge­smee tus­sen ou­ens wat saam deur veld­slae is, wat hul mak­kers om hul­le sien s­terf het, man­ne wat me­kaar met hul le­wens ver­trou en vir me­kaar op­of­fer.

A­lex­an­der S­tra­chan was self ’n recce en hy is in 2015 deur voor­ma­li­ge be­vel­voer­ders en le­de van 1 Ver­ken­nings­re­gi­ment ge­vra om ’n boek oor hier­die moe­der­een­heid van al die spe­si­a­li­s­een­he­de te skryf. Die le­ser moet eg­ter nie ’n ge­skie­de­nis met baie pre­sie­se da­tums en kon­teks­tu­a­li­se­ring ver­wag nie. Die werk steun ook nie op ver­sig­ti­ge ar­gie­fon­der­soek nie, maar hoof­saak­lik op on­der­hou­de met meer as 30 oud-recces as­ook en­ke­le an­der bron­ne wat reeds in die o­pen­ba­re do­mein is.

Die ge­volg is dat die boek ’n sterk a­nek­do­tie­se in­slag het. Staal­tjies oor die op­lei­ding en hul per­soon­li­ke er­va­rings staan voor­op. Pas­sie­we kon­struk­sies word dik­wels ge­bruik met sin­ne soos: “Die recce-ont­plooi­ings is as baie ge­slaagd be­skou”, son­der om te ver­dui­de­lik wie dit as ge­slaagd be­skou het, of in wat­ter kon­teks.

Dit wil soms voor­kom as­of tal­le be­slui­te, ver­al in die be­gin­ja­re van die re­gi­ment, maar taam­lik luk­raak ge­neem is deur men­se soos die le­gen­da­rie­se ko­lo­nel Jan B­rey­ten­bach. Die sa­me­wer­king met die des­tyd­se R­ho­de­sie­se spe­si­a­lis­mag­te wat as ba­sis ge­dien het vir die ma­nier waar­op 1 VK ge­ves­tig is, word breed­voe­rig be­skryf en mel­ding word ge­maak van som­mi­ge weer­mag­le­de wat deur die B­rit­se spe­si­a­le mag­te op­ge­lei is, of deur Fran­se en A­me­ri­kaan­se in­struk­teurs, son­der dat die de­tail of po­li­tiek hier­ag­ter ver­dui­de­lik word.

Die boek is in hoof­stuk­ke in­ge­deel waar­vol­gens ’n mens rof­weg die tot­stand­ko­ming (met ’n Ni­ge­rie­se band!), die op­lei­ding en dan spe­si­fie­ke o­pe­ra­sies waar­by 1 VK be­trok­ke was, kan mee­leef. S­tra­chan maak op sy skryf­ver­nuf staat om tel­kens die le­ser mid­de-in ’n ge­veg­si­tu­a­sie of ge­vaar­li­ke o­pe­ra­sie te plaas, wat la­ter op­ge­volg word deur her­in­ne­rings en te­rug­skoue wat nie vry te spreek is van ro­man­ti­se­ring nie.

Uit­ein­de­lik is 1 Recce ’n lof­sang aan die hel­de­da­de van die groe­pie uit­soek­sol­da­te. Daar is iets nos­tal­gies daar­aan so­dat die boek ef­fens soos ’n kos­huis­jaar­blad voel. Bre­ër his­to­rie­se en po­li­tie­ke kon­teks­tu­a­li­se­ring ont­breek. K­ri­tie­se re­flek­sie ont­breek.

Dit is ’n boek oor en vir ka­me­ra­de. Maar ook by­na al­le mans van oor 45 jaar sal die boek waar­skyn­lik nuus­kie­rig op­tel om meer van daar­die ou­ens te pro­beer weet wat steeds deur baie as hel­de be­won­der word.

(Ta­fel­berg)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.