Kers­fees met In­no­cen­ce

Hul­le stap in ’n jam­mer­li­ke pro­ses­sie na sy Corol­la toe. Lu­kas sit die kis­sie in die ba­ga­sie­bak, be­sef toe eers dat ál se­we daar­op re­ken om saam te ry. Ses men­se klim ag­ter­in. Hy glo dit nie, maar hy sien dit. In­no­cen­ce kom voor langs hom sit. Hul­le stamp

Vrouekeur - - INHOUD - Deur MARZANNE LE­ROUX-VAN DER BOON

Lu­kas is uit­ge­brand. G­rens­loos moeg. Vir te­le­foon­ge­sprek­ke, ein­de­lo­se be­ra­ding, ver­soe­ke wat eint­lik be­dek­te op­drag­te is, vir klag­tes en ru­sies, ver­ga­de­rings en a­gen­das.

Hy’s moeg vir preek en pre­di­kant wees. Hy’s moeg vir die din­ge van God.

As die voor­deur­klok­kie lui, be­sluit hy dat hy dit nie hoor nie. Maar dit hou aan deur die leë huis skel en die hond blaf his­te­ries. Soos wan­neer hy ie­mand bui­te her­ken.

Toe hy oop­maak, sug Lu­kas on­hoor­baar toe hy sien wie daar staan. “Mô­re, In­no­cen­ce.”

“Die men­se van Bis­ho hy’t nie ge­kom vir die fu­ne­ral nie, Do­mie. Ons moet die kind loop by die gat sit van­daag, hy’s …” Hy be­duie hul­pe­loos.

Lu­kas wieg soos een in ’n sterk wind. Die He­re al­leen weet hy dog dié kwes­sie is ten min­ste af­ge­han­del. Nog­tans neem hy die man aan sy ver­weer­de mou en trek hom bin­ne.

“Het jy al van­dag ge­ëet, In­no­cen­ce?”

Nie van­dag nie, gis­ter ook nie, weet hy. Hy s­meer brood, bak ei­ers, maak kof­fie. Die man eet uit­ge­hon­ger.

“Ek het nie die he­ar­se ge­kon kry nie, Do­mie. Die men­se sê hy’t nie van Bis­ho af ge­kom nie.”

“Ek sal jou help met die geld, In­no­cen­ce.”

Lu­cas dink wan­ho­pig aan die geld­jie wat hy vir die see­va­kan­sie­tjie be­skik­baar het. “Ek sal die kind be­graaf­plaas toe vat. Sal jul­le pas­toor kom be­gra­we?”

“Hy sal kom.”

Lu­kas krap on­be­hol­pe deur sy kas vir kle­re. Min­da en die seuns is al voor­uit see toe vir Kers­fees. Hy moet mô­re, Kers­dag, nog preek. Oom Vis­sie is gis­ter­aand hos­pi­taal toe. Broer Van Wyk het laat weet sy vrou … Sy hart slaan pa­nie­ke­rig teen sy bors­kas.

Hy moet bui­te die plak­kers­dorp stil­hou. Gis­ter­aand se re­ën­bui het die deur­gan­ge tus­sen die krot­jies ver­spoel. Die De­sem­ber­hit­te slaan teen sy ge­sig op toe hul­le uit­klim. Ma­er hon­de kom snuif om sy be­ne. Twee hen­ne hol kry­send voor ’n vas­be­slo­te haan uit. Die reuk van ver­rot­ten­de af­val hang swaar in die lug.

Voor In­no­cen­ce nog die seil wat as deur dien, op­sy druk, be­gryp Lu­kas die be­graf­nis kan nie uit­ge­stel word nie. Sy sen­si­tie­we maag ruk in­me­kaar, maar hy beur bin­ne­toe. Dis don­ker van baie men­se, en son­der lug. Op ’n kon­ka staan die wit kis­sie. Oop. Hy vat Pa­tri­cia se koue han­de in sy­ne.

Maar toe oor­wel­dig mis­lik­heid hom en hy beur be­skaamd bui­ten­toe en braak tus­sen hon­ger hon­de wat kom snuf­fel.

Hy trek die vars lug sid­de­rend in sy longe. “Ek sal hier wag,” be­duie hy vir In­no­cen­ce, wat be­kom­merd uit­kyk.

Toe wag hy. Bin­ne sing men­se te­me­rig, ein­de­loos. Die son stoot sta­dig deur die rook­vuil lug.

“Dis nie my ge­meen­te hier­die nie,” sê hy vir God, “dis my tuin­man. Hul­le be­hoort nie eens aan my kerk nie!”

Dit word ’n uur voor daar be­we­ging is. Vier vroue, ’n man, Pa­tri­cia en In­no­cen­ce kom uit. Hul­le stap in ’n jam­mer­li­ke pro­ses­sie na sy Corol­la toe. Lu­kas sit die kis­sie in die ba­ga­sie­bak, be­sef toe eers dat ál se­we daar­op re­ken om saam te ry. Ses men­se klim ag­ter­in. Hy glo dit nie, maar hy sien dit. In­no­cen­ce kom voor langs hom sit. Hul­le stamp deur slag­ga­te en wa­ter­plas­se, jil­len­de kin­ders en bok­ke.

Toe hul­le by die be­graaf­pla­sie stil­hou, vra hy tog: “Die pas­toor kom?”

“Hy kom, Do­mie.”

Twee man­ne wat die graf ge­gra­we het, wag hul­le in. Moet nog ver­goed word. Lu­kas be­taal hul­le. Hy kyk nie in In­no­cen­ce se ver­ne­der­de ge­sig nie. Hy sien hoe dun die la­gie no­te in sy beur­sie raak en hy pro­beer nie aan sy be­nou­de be­gro­ting dink nie. Of aan die twee seuns se u­ni­ver­si­teits­gel­de vir aan­staan­de jaar nie.

Die pas­toor kom nie. Hul­le wag 40 mi­nu­te in die ver­sen­gen­de son. Lu­kas raak so dui­se­lig dat die graf­te se hout­krui­se om hom dans.

’n Week ge­le­de het hy ure lank met In­no­cen­ce en Pa­tri­cia in die be­dom­pi­ge hos­pi­taal­gan­ge ge­sit. Die kind wat die jong vrou ses maan­de ge­le­de vir In­no­cen­ce ge­baar het, was ster­wend. Die seun wat hy so bit­ter graag wou hê.

Dit het twaalf­uur ge­word. “In­no­cen­ce …?” Lu­kas sien die don­ker vlek­ke on­der die man se oë. “Ek weet nie waar daar­die man nou is nie.”

He­re-god! Hoe moet ek die kind be­gra­we? Ek het nie eens ’n By­bel by my nie. Nie­mand be­hal­we In­no­cen­ce ver­staan iets an­ders as X­ho­sa nie!

Dan maar En­gels. Roer­loos staan die groe­pie om die ga­pen­de gat, as­of hul­le nooit moeg word van wag nie. Ar­moe­de is ook ge­weld. Hy ril ten spy­te van die son wat ’n ver­blin­den­de vuur­bal bo­kant hul­le hang.

Lu­kas strui­kel on­wen­nig oor woor­de wat hy nog nooit ge­bruik het nie, swe­tend van ver­leent­heid. Toe hy bid, voel hy soos die Fa­ri­se­ër wat by hom­self ge­bid het en niks met God te ma­ke ge­had het nie. Een­maal toe hy na haar kyk, sien hy die tra­ne ge­luid­loos oor die jong vrou se ge­sig loop.

Al woord wat hul­le ken­ne­lik her­ken, is “a­men”. Hul­le maak hul oë oop en kyk hoop­vol na hom. Hy kyk na In­no­cen­ce.

Dié hui­wer net ’n oom­blik, toe gaan hy op die rand van die graf sit, draai om en laat hom­self daar­in sak. Die vrou snik ver­skrik, as­of sy pas be­sef wat ge­beur. Sy kreun ef­fens en wieg op haar voe­te toe In­no­cen­ce uit die don­ker die kis­sie aan­vat. Hy ver­dwyn daar­mee uit hul ge­sigs­veld.

Toe hul­le In­no­cen­ce se hart­ver­skeu­ren­de ge­huil uit die graf hoor, gee Lu­kas mee. Rou dring die hart van ’n pa wat sy e­nig­ste in die graf moet ag­ter­laat, tot hom deur. Skie­lik ook die ver­staan van die Va­der­hart van Hom wie se Kind se ge­boor­te hy mô­re vier. Dié Een wat met sy Seun die graf moes in­klim om Hom daar ag­ter te laat. Vir die eer­ste keer in die leef­tyd­lan­ge dag huil Lu­kas. Hy hurk langs die graf. In­no­cen­ce kyk op na hom. In die fel son­lig blink sy be­traan­de ge­sig ver­we­se.

“Kom, In­no­cen­ce,” sê Lu­kas ge­demp. Hul han­de vat styf in­me­kaar. Die ver­eel­te swart hand van die ar­bei­der en die fyn wit vin­gers van die pre­di­ker wat soos vo­ëls uit sy swart moue flad­der as hy oor die nag­maal­ta­fel brood breek en wyn skink.

Toe hy hul­le by die hout-en-plas­tiek­hui­sie af­laai, maak hy sy beur­sie vir hul­le leeg. “Dis tog mô­re Kers­fees, In­no­cen­ce,” is al wat hy sê.

Die man kyk ver­slae na die no­te in sy hand. Hy be­we daar­van. Lu­kas slaan sy arms nog een­maal vin­nig om hom en toe loop hy blind van tra­ne tus­sen die rom­mel en die kin­ders weg.

Sy eie huis eg­go van ver­la­ten­heid. Die hond spring ek­sta­ties teen hom op. Met die span­joel in sy arms gaan hy voor die Kers­boom staan wat sy vrou ver­sier het voor sy weg is.

Hy kyk na die rag­fyn glas­bal­le waar­in die mid­dag­lig hang. Die reuk en ge­luid van die og­gend se pyn en el­len­de kom na hom te­rug. Sy we­se kreet daar­van. Hy sien Je­sus op weg in die stof­stra­te van sy aard­se be­staan. Die ver­moei­en­de mas­sa om Hom, die ver­skrik­li­ke hit­te, die aan­slag van nood en ly­ding en ar­moe­de. God wat sy heer­lik­heid ag­ter­ge­laat het om tus­sen men­se te kom woon. Men­se soos In­no­cen­ce en Pa­tri­cia. Tus­sen die arm­stes van die ar­mes.

Hy raak met sy voor­vin­ger lig­weg aan die hout-mes­si­as in die voer­bak. “Ek is jam­mer,” sê hy, “ek is jam­mer ek het moeg ge­word. Dat ek op­ge­gee het. Ek was so be­sig met dóén, ek het ver­geet dat ek net kan wéés ook.”

Lank sit hy daar. Bui­te raas die laas­te his­te­rie­se Kers­ru­moer ver­by. Toe­ter die ver­keer, skreeu uit­ge­la­te kin­ders, word braai­vleis­vu­re aan­ge­steek, swiep sproei­ers oor son­deur­week­te gras­per­ke. Lu­kas se hart hui­wer nog by die graf in die plak­kers­kamp. By die vrou wat stil huil, wat soos ’n riet in die wind bib­ber. Die rou snik­ke van ’n man by sy kind wat hy moet laat gaan.

“Va­der!” roep hy ter­wyl die aand­ske­mer­te deur sy woon­ka­mer kruip. “Hoe sal ek die bood­skap mô­re nuut vir hul­le bring? Hoe sal ek hul­le iets van die Seun van die mens laat ver­staan? Hul­le wat in so­veel oor­vloed le­we?”

Ná ’n ruk­kie steek hy sy hand uit en neem die By­bel wat op die boek­rak langs die Kers­boom lê. Hy slaan dit oop by Je­sa­ja 53. Hy be­gin die eeue-oue woor­de hard­op lees. By die der­de vers stok sy stem. Hy haal die laas­te ge­deel­te sag aan: “Hy was ver­ag en deur die men­se ver­stoot, ’n man van ly­ding wat pyn ge­ken het.

“Dit sal ek hul­le sê, Va­der. Dat Hy ’n man van ly­ding was wat pyn ge­ken het. Ek sal hul­le van In­no­cen­ce ver­tel … Vir hul­le her­in­ner dat U u Seun ge­gee het, al het U ge­weet dat U Hom ook die dood sal moet in­neem.”

Hy staan op om die preek te gaan maak. Maar eers steek hy die ker­se op die kag­gel­rak aan. In die don­ker­te val die lig sag oor die kind­jie in die krip en die pa wat sorg­saam oor hom buig.

Marzanne Le­roux-van der Boon is een van die ge­wild­ste skry­wers in A­fri­kaans. Sy het hier­die ver­haal spe­si­aal vir Vrou­e­keur ver­werk uit een van haar bun­dels wat in 2003 by Lux Ver­bi ver­skyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.