Dub­bel­gan­ger Hfst 10 SLOT

Vrouekeur - - INHOUD - Deur DEBORAH STEINMAIR

Na­ma­te La­lie haar ge­heue her­win, vind sy uit dat haar siel­kun­di­ge se spe­si­a­lis­ge­bied i­den­tie­se twee­lin­ge is. Sy be­sef ook dat sy saam met haar dok­ter, Ber­nard, en haar be­krui­per, Kon­rad, in ’n kin­der­huis was. An­na­bel, La­lie se dob­bel­ver­slaaf­de twee­ling­sus­ter, daag uit ’n re­ha­bi­li­ta­sie kli­niek op. Kon­rad ver­skyn met ’n mes en pyl op La­lie af, maar Hans skiet hom be­tyds

Kon­rad lê roer­loos op die kom­buis­vloer. Die hond, Kap­tein, het een tjank ge­gee en ver­moe­de­lik on­der ’n bed gaan skuil. ’n Bloed­plas s­prei sta­dig soos ’n rooi­wyn­vlek oor die wit te­ëls.

Ber­nard skeur sy oë los van La­lie, na wie hy ge­kyk het soos ’n rei­si­ger wat op ’n snik­he­te dag na ’n lang glas wa­ter staar. Hy gaan hurk by Kon­rad en voel vir ’n pols. Dan kyk hy op en skud sy kop. “Hy is dood.”

Ber­nard haal sy sel­foon uit en bel ’n am­bu­lans.

Ge­meng­de ge­voe­lens woel in La­lie, maar een ge­voel kry tog die oor­hand: ver­lig­ting. Sy kan nie pre­sies ont­hou waar­om nie, maar sy voel soos ie­mand wat uit­ein­de­lik aan die ein­de van ’n le­wens­lan­ge von­nis ge­kom het. Sy is vry.

Hans, bleek soos ’n la­ken in die kers­lig, gryp sy mo­tor­sleu­tels en storm son­der ’n woord by die deur uit. Die pis­tool lê nog op die kom­buis­toon­bank.

Ber­nard stap na La­lie, gaan staan voor haar en druk haar styf teen hom vas. Die om­hel­sing voel soos ’n e­wig­heid. Dit voel soos om ná ’n uit­mer­ge­len­de ma­ra­thon in ’n lang, warm bad weg te sink. Dit voel reg. La­lie sit haar nie teë nie, want sy het een­vou­dig nie die e­ner­gie nie. Sy voel tam tot in haar to­ne, ge­drei­neer en ja – ver­lig. Vry.

Kort voor lank hoor hul­le die am­bu­lans se si­re­ne loei. Blou lig­te deur die kom­buis­ven­ster. Al­les is dra­ma­ties, soos in ’n ak­sie­rol­prent, met skar­re­len­de fi­gu­re in die half­don­ker – die e­lek­tri­si­teit is nog af. Pa­ra­me­di­ci storm in en be­ves­tig Ber­nard se di­ag­no­se. Kort op hul hak­ke is die po­li­sie met flits­lig­te so sterk soos dag­lig. Hul­le neem fo­to’s en ver­kla­rings, en maak die pis­tool in ’n plas­tiek­sak toe.

Al­les lyk vir La­lie ruk­ke­rig, soos on­der dis­ko­lig­te. Die aan­skou­ers se oë is don­ker spe­lon­ke in hul bleek ge­sig­te. Daar is ’n me­taal­ag­ti­ge reuk in die lug. Bloed? En bus­kruit, dink La­lie. Nee, nie bus­kruit nie, wat ook al die don­ker stof is wat vry­ge­stel word wan­neer wa­pens af­ge­vuur word. Dit voel soos ’n hal­lu­si­na­sie. Mis­kien is dit ’n nag­mer­rie, dink sy. Maar nee, hier is ons al­mal nou saam, on­der des­pe­ra­te om­stan­dig­he­de. En daar lê hý.

Die am­bu­lans­per­so­neel rits Kon­rad se lig­gaam in ’n sak toe en stoot hom weg. An­na­bel gee vir die po­li­sie die a­dres van Hans se se­kre­ta­res­se, na wie hy waar­skyn­lik ge­vlug het. Ja, sy weet al lank­al van sy af­fair.

En dan is al­les weer stil en don­ker. Die po­li­sie het aan­be­veel dat hul­le in ’n ho­tel gaan oor­nag, maar hul­le was een­vou­dig te ge­daan om die to­neel te ver­laat. Die kin­ders het gaan slaap. An­na­bel en La­lie be­gin ge­sels, ver­sig­tig, soos am­per-v­reem­de­lin­ge. Hul­le ver­my die kom­buis met die

bloed­plas en sit in die don­ker sit­ka­mer.

La­ter be­weeg hul­le, as­of af­ge­spreek, na Hans se ka­mer, gaan lê op die reu­se­bed en ge­sels ver­der. Oor al­les, oor hul he­le le­we, van ge­boor­te af. Hul on­der­skeie le­wens. Net hul skou­ers raak lig­gies, soos hul­le laas in die baar­moe­der aan me­kaar ge­raak het. Op Google het La­lie ge­sien i­den­tie­se twee­lin­ge het nie die­self­de vin­ger­af­druk­ke nie – daar is k­lein ver­skil­le. Ge­ne­ti­ka be­paal die al­ge­me­ne pa­tro­ne op ’n vin­ger­punt, maar ter­wyl ’n fe­tus ont­wik­kel, kan fak­to­re soos been­groei, druk­king bin­ne die baar­moe­der en kontak met die vrug­wa­ter die pa­tro­ne be­ïn­vloed. So merk die le­we ’n mens, laat k­lein en gro­ter let­sels op jou vel. Nie­mand gaan on­aan­ge­raak deur die le­we nie – dit laat sy vin­ger­af­druk­ke op jou ge­ne­tie­se blou­druk. Elk­een is u­niek.

La­lie is nie meer al­leen nie. Nou­dat sy ont­span, kan sy voel hoe die lig sta­dig be­gin breek, hoe­dat die duis­ter­nis be­gin op­los en voor­wer­pe aan die rand van haar sig be­gin vorm aan­neem: sy be­gin haar le­we ont­hou. Dis as­of haar brein ont­vries.

Dit was nie ’n goeie le­we nie. Dit was die le­we van ’n vlug­te­ling. Van­dat sy kan ont­hou en ook na­dat sy die ver­hou­ding met hom be­ëin­dig het, was hy al­tyd daar, in die hoek van haar oog. Kon­rad met sy pik­swart au­ra en sy woe­de­buie, Kon­rad wat ge­wei­er het om te aan­vaar dat hul­le nie be­stem is om saam te wees nie. Sy het ge­du­rig van a­dres en werk ver­an­der, het so­si­a­le me­dia ver­my en so lig as moont­lik ge­trap om nie s­po­re te los nie. Maar al­tyd het hy weer op­ge­duik. Geen be­sker­mings­be­vel of pa­rool kon hom stuit nie. Geld was daar, want haar eer­ste aan­neem­ou­ers het haar goed na­ge­laat, in ’n trust wat met haar 21ste ver­jaar­dag los­ge­kom het. Teen daar­die tyd het sy haar reg­ge­ruk en iets van haar le­we pro­beer maak. Maar sy het nooit haar voe­te ge­vind nie en al­tyd ’n ge­mis er­vaar, ’n naam­lo­se leeg­heid. En ’n ma­ni­ak in haar tru­spie­ël­tjie.

La­lie het na­vor­sing ge­doen. Sy het by ’n ou vrou wat vroe­ër as ma­tro­ne by Ma­rien­tal-hos­pi­taal ge­werk het, uit­ge­vind dat sy as een van ’n t­wee­ling ge­bo­re is. Sy het An­na­bel uit­ein­de­lik op­ge­spoor en was op pad na haar toe daar skie­lik in die nag, in Suid-a­fri­ka, ’n mo­tor reg voor ha­re in­draai. La­lie het regs ge­kyk en die an­der be­stuur­der was Kon­rad. Sy het ge­rem en skerp ge­swenk en die boom in die voor­ruit is die laas­te wat sy ont­hou. Toe sy wak­ker word, is daar vir haar ge­sê haar naam is An­na­bel. En niks het sin ge­maak nie. Net vir Ber­nard het sy vaag­weg ont­hou, soos ’n deun­tjie wat ’n mens nie kan plaas nie.

An­na­bel se le­we was ook on­ver­vuld. Sy het haar net ná skool in die arms van Hans, heel­wat ou­er en al ge­ves­tig in sy be­roep, ge­werp om van haar ri­gie­de, lief­de­lo­se aan­neem­ou­ers weg te kom. Die hu­we­lik was van die be­gin af ge­doem. Sy is lief vir haar kin­ders, maar teen die tyd dat hul­le tie­ners was, het die voort­du­ren­de span­ning tus­sen haar en Hans, en die kom­pul­sie­we dob­bel­ge­woon­te waar­in sy ont­vlug het, ’n wig tus­sen hul­le be­gin in­dryf.

En nou is daar twee van hul­le, soos dit al­tyd moes ge­wees het. Sy het haar spie­ël­beeld op­ge­spoor en sy haal mak­li­ker a­sem. Hul­le raak uit­ein­de­lik aan die slaap, rug aan rug soos dren­ke­lin­ge wat uit­ge­spoel het.

Dis ’n maand la­ter. Vry­dag­aand. La­lie woon nog steeds by An­na­bel en die kin­ders. C­har­le­ne het vir die po­li­sie Kon­rad se woon­stel, waar sy aan­ge­hou is, gaan uit­wys. ’n On­her­berg­sa­me hok­kie met min meu­bels, ’n ty­de­li­ke staan­plek. Daar het hul­le La­lie se hand­sak, tas en skoot­re­ke­naar ge­kry. Kon­rad was na­tuur­lik eer­ste op die on­ge­luks­to­neel en hul­le kan maar net ver­moed dat ie­mand op hom af­ge­kom het en dat hy moes vlug.

Hans is nie van moord aan­ge­kla nie – nie eens straf­ba­re man­slag nie. Daar was ge­noeg oog­ge­tui­es om te be­ves­tig dat dit self­ver­de­di­ging was, of ver­de­di­ging van sy ge­sin. Sy se­kre­ta­res­se het hom ook uit­ge­skop en hy woon nou op sy eie. Die kin­ders sien hom ge­reeld. Hy het in hul aan­sien ge­styg – wie sou kon dink ’n ak­tu­a­ris is so flink op die snel­ler?

Op dr Wolf­gang van der S­puy se re­ke­naar was de­ka­des se ver­slae oor La­lie en An­na­bel, fyn ge­no­tu­leer en ge­a­na­li­seer. Toe die pers die le­we vir hom be­gin warm maak, het hy A­me­ri­ka toe pro­beer vlug, maar hy is op die lug­ha­we on­der­skep en vir on­der­vra­ging in­ge­neem.

La­lie wil nie te­rug Na­mi­bië toe nie. Daar is min goeie her­in­ne­rin­ge daar, en hul­le da­teer uit haar vroeg­ste jeug. Een van die goeie her­in­ne­rin­ge is Ber­nard, en hy is hier, in P­re­to­ria. An­na­bel en die kin­ders is hier. Met An­na­bel het sy op die eer­ste aand van hul ken­nis­ma­king be­gin praat as­of hul­le ’n ge­sprek voort­sit wat voor hul ge­boor­te al be­gin het. En hul­le het nog nooit weer op­ge­hou nie. An­na­bel se kin­ders voel am­per soos haar eie. Sy het nooit self die vre­de en ruim­te ge­had om te trou en kin­ders te hê nie.

Die deur­klok­kie lui. Kurt gaan maak oop. Dis Ber­nard.

Hul­le sit om die kom­buis­ta­fel. Kurt, sy vrien­din E­ri­ka, C­har­le­ne, An­na­bel, La­lie en Ber­nard. Die buurt gaan weer on­der beurt­krag ge­buk en die groot kom­buis word deur ’n paar ste­wi­ge ker­se ver­lig. Die half­lig is fees­te­lik, eer­der as vrees­aan­ja­end, soos daar­die ver­skrik­li­ke aand. Kon­rad se bloed is lank­al weg­ge­was en die blink­wit te­ëls is met ter­ra­cot­ta ver­vang, war­mer en dien­lik. An­na­bel het ge­kook. Die ge­sel­skap is hart­lik en ver­troud. Dit voel soos huis.

Mis­kien, dink La­lie, be­staan daar nie iets soos ge­luk­ki­ge ein­des nie. Maar daar be­staan wel iets soos ’n nu­we be­gin. Mis­kien het som­mi­ge men­se meer tyd no­dig om hul­self en hul plek in die wê­reld te vind. Mis­kien was hul­le on­we­tend die slag­of­fers van die nood­lot, of van ’n psi­go­paat wat van­af ’n af­stand god ge­speel het met hul le­wens. Maar ê­rens, op ’n dag, vind hul­le wel hul be­stem­ming.

On­der die ta­fel lê Kap­tein met sy kop op haar voet. Ber­nard se hand kom rus op haar been as­of dit nog al­tyd deel van haar was. Van oor­kant die ta­fel k­nip An­na­bel vir haar oog.

Sy het tuis­ge­kom.

Nou­dat sy ont­span, kan sy voel hoe die lig sta­dig be­gin breek, hoe­dat die duis­ter­nis be­gin op­los en voor­wer­pe aan die rand van haar sig be­gin vorm aan­neem: sy be­gin haar le­we ont­hou

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.