Nie van brood al­leen nie

Vrouekeur - - INHOUD - Deur KOOS KOM­BUIS

‘Die mens kan nie van brood al­leen leef nie,’ sê oom Groot-jan in ’n stem wat van be­ter­we­te­rig­heid drup. En iets ... iets soos dweep­sug. Dis se­ker die vier­de By­bel­ver­sie wat nou al by sy mond uit­bor­rel ter­wyl hy groot sluk­ke von­kel­wyn saam met sy bre­die af­sluk

“Jan.” ’n Ge­rit­sel van koe­rant­blad­sye in die ver­ste hoek van die half­don­ker sit­ka­mer. “Hmm?”

“Jan, ek kan nie met jou praat as ek nie jou ge­sig kan sien nie. Dis in elk ge­val eer­gis­ter se koe­rant. Wil jy nie maar gaan stort en aan­trek nie?”

“Or­raaaait,” sê hy en staan op. Hy skraap die flen­ters koe­rant­blad­sye by­me­kaar en stap son­der ’n woord by die trap­pe op om te gaan stort. Sy kop hang. Daar is ’n ver­sla­en­heid oor sy he­le lyf. Sy skou­ers hang on­ken­mer­kend.

“Iets het my v­rien­de­li­ke reus van­og­gend om­ge­krap,” sê Sa­ri­na ag­ter hom aan. “Wat is fout, Jan? Is jy op­ge­won­de om jou ou­ers vir die eer­ste keer in so baie ja­re te sien?”

Jan kyk te­rug na haar. “Ek weet nie of ek kans sien hier­voor nie.”

“Is jou fa­mi­lie só erg?” vra sy, met­eens be­kom­merd.

“Nee. Dis net …” Jan praat nie ver­der nie.

Oom­blik­ke la­ter hoor Sa­ri­na die gei­ser in­skop. Sy sug. So­veel voor­be­rei­dings, so­veel dra­ma het hier­die Kers­fees voor­af­ge­gaan. Om vir die eer­ste keer in hul ge­trou­de le­we al­bei stel­le ou­ers te­ge­lyk vir ete te nooi …

Sy het Jan se ou­ers nog net een keer vlug­tig ont­moet – by haar en Jan se troue vyf jaar ge­le­de. Dit was so ’n be­si­ge aand, sy moes vir so­veel men­se glim­lag en met so­veel men­se ge­sprek­kies aan­knoop dat sy nie be­hoor­lik ’n in­druk van die twee ou­men­se met die baie plooie kon vorm nie. Se­dert­dien was Jan traag om hul­le te kontak en ja­re het ver­by­ge­gaan son­der ’n be­soek. Tot nou.

Die ge­lui van die voor­deur­klok­kie steur haar in haar my­me­rin­ge. Sy hou op roer aan die twee pot­te len­sie­bre­die, die een ve­ge­ta­ries, vir haar eie ou­ers, en die an­der een met vleis. Sy vee haar han­de haas­tig aan haar voor­skoot af en stap vin­nig voor­deur toe ter­wyl sy be­noud boon­toe roep: “Jan­n­nn!”

“O, iets ruik heer­lik!” roep haar ma uit toe Sa­ri­na die voor­deur oop­maak. “Is dit hoen­der?”

“Nee, ek het ’n kal­koen in die oond,

Ma.” Sy soen­groet haar ou­ers. “Hoe gaan dit? O, wat hou Ma daar vas?” Sy moes op haar to­ne staan om by haar ma se wang uit te kom, want El­sa hou met al­bei han­de – soos al­tyd wan­neer sy kom kui­er – ’n e­nor­me bak poe­ding in ’n breë glas­bak vas.

“Dis frum­mel­tert, skat,” sê El­sa, lag en knik na haar man. “Jou pa het vir my die re­sep van die ra­dio af­ge­skryf toe hy vir na­vor­sing in Na­ma­kwa­land was. Waar’s Jan?”

Ag­ter hul­le staan haar jon­ger broer, ska­me­rig soos al­tyd, ef­fens kop­on­der­ste­bo. Hy hou ’n mei­sie se hand vas. Sa­ri­na moet twee keer kyk om se­ker te maak sy sien reg.

“Hal­lo, Sa­ri­na,” groet jong E­ben be­dees, “ont­moet vir Zan­di­le.”

“Hul­le stu­deer saam,” ver­dui­de­lik oom Ju­rie ge­mak­lik ter­wyl hy die sit­ka­mer bin­ne­stap en sy hoed af­haal. “O, ek dink ek ruik len­sies ook. Jy’t ont­hou dis my guns­te­ling, Sa­ri­na!”

“Met knof­fel,” sê Zan­di­le vro­lik in ’n per­fek­te A­fri­kaan­se ak­sent. “In So­we­to het my ma al­tyd vir ons len­sie­bre­die met baie knof­fel ge­maak.”

Op daar­die oom­blik kom Jan by die trap­pe af­ge­storm. S­joe, hy het in re­kord­tyd ge­stort en aan­ge­trek. Hy steek sy hand uit om sy skoon­ou­ers te groet, maar dan steek

hy vier­voet vas.

Zan­di­le.

S­pra­ke­loos gaan sy mond oop en toe soos ’n vis bui­te wa­ter. Dan is dit as­of hy uit ’n be­swy­ming wak­ker skrik en hy steek sy hand uit, eer­ste na haar.

“Hal­lo. Ek is Jan.”

“Zan­di­le,” sê sy vrien­de­lik en neem sy hand.

Die ef­fen­se on­ge­mak­lik­heid is da­de­lik iets van die ver­le­de wan­neer Jan sy skoon­ma soen­groet en die glas­bak by haar neem. “Ek sal hier­die kom­buis toe vat,” bied hy aan.

“Wil ie­mand iets drink?” vra Sa­ri­na. “Sau­vig­non blanc soos ge­woon­lik, al­mal? Of sal ek som­mer nou die von­kel­wyn oop­maak?”

“Dis nog vroe­ge­rig,” sê oom Ju­rie ter­wyl hy reg­uit na sy guns­te­ling­leun­stoel stap en hom­self be­haag­lik neer­plak. Daar sal hy eers op­staan wan­neer hy e­tens­ta­fel toe ge­roep word, weet Sa­ri­na nou al. “Hoe lyk dit met kof­fie eer­ste?” stel hy voor.

“’n Rond­te kof­fie klink na ’n goeie i­dee!” sê El­sa. Sy volg Sa­ri­na ge­sels-ge­sels kom­buis toe. “Ek hoop maar die frum­mel­tert se re­sep is reg af­ge­skryf. Ont­hou jy daar­die jaar toe daar ’n druk­fout in die tyd­skrif was met die drie­bo­ne­slaai? Ons moes al­les weg­gooi.”

In die kom­buis staan Jan bot­stil met ’n was­bleek ge­sig, as­of hy ’n spook ge­sien het.

“Die tert lyk heer­lik!” sê Sa­ri­na vir El­sa en trek die ke­tel na­der. “S­koert voor die ys­kas, Jan, ek wil die melk kry.”

“Dit ruik … dit ruik snaaks,” sê Jan. Zan­di­le kom die kom­buis in­ge­flad­der. Sa­ri­na let nou eers op wat­ter prag­ti­ge veel­kleu­ri­ge rok sy aan­het. Dit lyk soos iets uit Ni­ge­rië.

“Kan ek help, Me­vrou?”

Die ge­sprek word eg­ter on­der­breek deur die aan­hou­den­de ge­lui van die voor­deur­klok­kie. Sa­ri­na hoor hoe ie­mand oop­maak, dan E­ben se stem: “Jul­le is se­ker die Koe­ke­moers? Kom bin­ne!” ’n Lui­de ge­groet.

Sa­ri­na sien hoe Jan se ge­sig saam­trek. Sy ruik aan die frum­mel­tert. “Dit ruik reg vir my. Wat be­doel jy?”

“Nee, nee. Ek be­doel die …”

“Die re­sep is baie mak­lik,”ver­dui­de­lik El­sa ter­wyl sy kof­fie­kop­pies reg­sit. “Mar­ga­rien, ei­er, sui­ker, bruis­meel, klap­per, ka­ra­mel­kon­dens­melk, appels en ge­klop­te room. En mens moet die kors eers k­lits en ’n der­de daar­van ’n ruk lank vries.”

“Die bre­die,” sê Jan met on­heil in sy stem. “Die len­sie­bre­die.”

Sa­ri­na trek haar a­sem in. “Ek ruik net die knof­fel,” sê sy. “Moe­nie ver­spot wees nie, Jan. Vat vir my die skink­bord in en laat ons jou ma-hul­le groet.”

Die Koe­ke­moers kom van ver af. Groot­jan Koe­ke­moer vra vrees­lik uit oor die na­vor­sing wat oom Ju­rie in Na­ma­kwa­land doen, want hy en sy vrou Hes­sie is oor­spronk­lik van daar­die ge­wes­te af. “Jy sê jy wil die boe­re help?” vra Groot-jan. “Dink jy reg­tig ie­mand met u­ni­ver­si­teits­op­lei­ding kan iets vir hul­le doen? Har­de werk en bid, dis al waar­in ek glo,” sê hy in ’n pre­ke­ri­ge stem. “Wat sê die By­bel? As die He­re die huis nie bou nie …”

Die von­kel­wyn vloei nou al lus­tig. Die eet­ka­mer is dik van die knof­fel­reuk. Al­mal het pa­pier-kers­fees­hoed­jies op, be­hal­we Jan.

Jan is be­sig om hom­self te oo­reet aan die bak brood en bol­le­tjies bot­ter wat Sa­ri­na heel eer­ste ge­dek het. As hy so aan­gaan, sal hy nie plek vir die an­der kos hê nie, wat nog te sê vir die frum­mel­tert, dink Sa­ri­na. Ver­beel sy haar, of is daar ’n af­keu­ren­de blik el­ke keer wan­neer Hes­sie na Ju­rie en El­sa kyk? Om nie te praat van E­ben en Zan­di­le nie. Hes­sie ig­no­reer hul­le heel­te­mal.

Die Koe­ke­moers het mas­sas len­sie­bre­die op­ge­skep. Hul twee tien­der­ja­ri­ge seuns sit tjoep­stil en eet. Sa­ri­na wou nog vir haar­self in­skep, maar het be­sluit sy sal haar­self eer­der spaar vir die kal­koen. En E­ben en Zan­di­le staar so diep in me­kaar se oë dat hul­le skaars iets ge­ëet kry.

“Wil jy nie len­sie­bre­die hê nie, Jan? Wat­se fie­mies is dit met jou?”

“Hier­die brood is baie lek­ker,” ant­woord hy en gryp nog ’n sny.

“Die mens kan nie van brood al­leen leef nie,” sê oom Groot-jan in ’n stem wat van be­ter­we­te­rig­heid drup. En iets ... iets soos dweep­sug. Dis se­ker die vier­de By­bel­ver­sie wat nou al by sy mond uit­bor­rel ter­wyl hy groot sluk­ke von­kel­wyn saam met sy bre­die af­sluk. Toe hy die eer­ste keer len­sies in­ge­skep het, het hy veel oor E­sau en dié se eer­ste­ge­boor­te­reg te ver­tel­le ge­had.

Sa­ri­na kyk na Jan se ou­ers. Groot-jan se som­ber grys pak. Tan­nie Hes­sie se oor­doen­de ge­blom­de pers rok. Skie­lik is al­les vir haar dui­de­lik. Skie­lik ver­staan sy al­les. Sy weet pre­sies waar Jan se pro­ble­me van­daan kom. Sy be­sef hoe­kom haar reus van ’n man soms so ’n swak self­beeld het. Hoe­kom hy on­se­ker is. Hoe­kom die an­der twee kin­ders so stil en bang lyk.

Hul­le oor­don­der Jan en sy boe­ties van kleins af met hul ver­smo­ren­de, baas­spe­le­ri­ge lief­de. Daar is ver­skil­len­de ma­nie­re om die By­bel te ge­bruik. Jy kan dit breek en deel soos goeie brood, of jy kan ie­mand daar­mee oor die kop slaan soos met ’n knup­pel. Sa­ri­na sug. Hoe gaan ons deur hier­die Kers­fees kom?

Dit neem ’n half­uur voor­dat die eer­ste kreu­ne be­gin. Sa­ri­na het pas die kal­koen in por­sies be­gin op­kerf. Dit ruik wa­ter­tand. Groot-jan is die eer­ste wat op­spring. “Waar’s die … waar’s die …?”

“Die bad­ka­mer? Dis af in die gang, Me­neer,” be­duie Zan­di­le be­leef, en Groot-jan ver­spil geen tyd nie.

Oom­blik­ke la­ter kom daar vrees­li­ke ge­lui­de uit die bad­ka­mer. Dan spring tan­nie Hes­sie ook op, hard­loop in die gang af. “Groot-jan, maak oop!”

Dit lyk of die kin­ders ook ef­fens groen om die kie­we word.

Kort voor lank is net Sa­ri­na-hul­le en haar fa­mi­lie by die ta­fel. Op hul bor­de is kal­koen en groen­te.

“Zan­di­le, jy kan bly wees jul­le het nie ook van die len­sie­bre­die ge­ëet nie,” sê Jan met ’n be­dees­de glim­lag. “Ek dink daar was dalk ’n druk­fout in die re­sep.”

“Jan, wat het jy ge­doen?” vra Sa­ri­na, skie­lik woe­dend. Hul­le hoor hoe die Koe­ke­moers voor­deur toe storm, hul kin­ders ag­ter­na.

“Dis nie ek nie,” slaan Jan sy oë he­mel­waarts ter­wyl hy die bak met ge­kerf­de kal­koen na­der trek. “Ek dink dit was die He­re.”

Vk

Koos Kom­buis is ’n skry­wer. Hy skryf e­nig­iets: ru­brie­ke, ge­dig­te, lied­jies en sto­ries. Ver­al sto­ries. En ver­al vir Vrou­e­keur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.