Dis nie son­de nie

Vrouekeur - - BEKENDES -

“Die kombinasie van rooi, groen en goud her­in­ner my aan sa­me­syn en my fa­mi­lie, ver­al ook aan die­ge­ne wat nie meer daar is nie. Ek moes on­langs my twee ou­pas groet, ’n ver­lan­gen­de leem­te, ver­al oor fa­mi­lie­tyd. Dit is ook ’n tyd om te­rug te sit en te dink aan waar­oor die le­we – ’n won­der­li­ke ge­skenk – rê­rig gaan,” sê B­ren­dan Pey­per, wat die pret en sor­ge­loos­heid van jonkwees op sy splin­ter­nu­we al­bum Dis nie son­de nie vier.

“Klok­kies laat my glim­lag, want ek sien Kers­va­der en toe­ge­draai­de per­sen­te as­ook ge­luk­ki­ge ge­sig­gies vol af­wag­ting. Die lied­jies op die ra­dio het ’n u­nie­ke klank en wek nos­tal­gie soos geen an­der tyd in die jaar nie. ’n Mens is som­mer net weer dank­baar en ver­vuld.”

B­ren­dan is ver­sot op die geur van gem- mer, ka­neel en ge­bak­te brood. “Daar is min din­ge wat ’n mens we­ke daar­na nog so skul­dig laat voel soos die Ker­s­e­te. As die win­kels ein­de Ok­to­ber vrug­te­koe­ke be­gin uit­pak, wil ek klaar va­niel­je­room­ys gaan koop. Ek dink ons A­fri­kaan­se men­se ver­een­sel­wig Kers­fees met ’n kos­fees. In ons ge­sin is al­les ge­woon­lik in oor­maat.

“Die aan­loop tot die fees­tyd is ook nie te ver­smaai nie. Ek ont­hou nog hoe ons as kin­ders my ma help koe­kie­deeg uit­rol het vir die see­va­kan­sies.

“Gem­mer- en soet­koe­kies, na­tuur­lik Jo­de­ter­tjies en al­ler­lei an­der soe­tig­he­de. Net ’n jam­mer­te daar­die reu­se­plas­tiek­blik­ke waar­in die koe­kies ver­pak is, kon nie gro­ter wees nie, want ons was skaars by die see, dan is die blik­ke leeg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.