Nóg i­dees

Vrouekeur - - JOU KIND - By­ge­werk­te bron: www.debt­ca­mel.co.uk

u As jul­le oor Kers­tyd tuis bly, is dit die i­de­a­le tyd vir die kin­ders om hul eie Kers­ver­sie­rings te maak en op te hang (los hul­le maar dat hul­le hul eie kre­a­ti­wi­teit kan uit­leef – al is dit nie juis hoe jy dit self sou doen nie).

u Trek jul stap­skoe­ne aan en stap som­mer in jul buurt (as die om­ge­wing waar jy woon dit toe­laat). Neem ’n sak­kie saam en tel rom­mel op ter­wyl jul­le stap.

u Hou ’n skat­te­jag in die par­kie of in jou eie tuin. Te­ken ’n kaart vir die kin­ders en maak hin­der­nis­se (soos ’n “kro­ko­dil­poel” of “slang­put”) waar­oor hul­le moet kom en steek ’n lek­ker­ny op in­te­res­san­te plek­ke weg. Dit kan vir ure se pret sorg.

u Maak jul eie ge­skenk­pa­pier deur vorms uit aar­tap­pels te sny, dit in verf te doop en vel­le pa­pier of koe­rant­pa­pier daar­mee te stem­pel.

u Die in­ter­net is vol ou­li­ke i­dees vir ver­skil­len­de we­ten­ska­peks­pe­ri­men­te om tuis te pro­beer. Kies iets wat ou­der­doms­ge­pas is vir jou kind. Dis pret en leer­saam.

u Stuur jou kin­ders uit (in jou eie tuin, of ’n vei­li­ge om­ge­wing waar jy ’n oog kan hou) om fo­to’s te gaan neem van i­tems op ’n lys. Iets groots en ronds, iets pers, iets wat met ’n “T” ein­dig, iets wat pe­per­duur is, of ’n baie vuil kar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.