Ka­me­ras op slim­fo­ne neem toe

Vrouekeur - - TEGNOLOGIE -

’n Ruk ge­le­de het sel­foon­ver­vaar­di­gers be­gin om twee ka­me­ras op die ag­ter­kant van hul slim­fo­ne te plaas. Nou is ons al op na drie, met Hu­a­wei se nuut­ste: die Ma­te 20 Pro. Wat is dan die nut van drie (vier as mens die voor­ste ka­me­ra by­tel)? Elk­een kom met ’n spe­si­a­le doel, met ’n 40 Mp-hoof­ka­me­ra, ’n 20 Mp-wy­e­hoek en ’n 8 Mp-ka­me­ra wat kan in­zoem. Hier­die drie werk saam om te sorg vir een van die bes­te fo­to­gra­fi­eer­va­rings op ’n slim­foon tot nou toe. Met ’n 6,39”-skerm is dit ook een van die gro­ter slim­fo­ne, so dan­kie tog dat Hu­a­wei ’n ster­ker 4200 mah-bat­te­ry ont­werp het om vir deur-die-dag-krag te sorg. Teen R19 000 is die Ma­te 20 Pro eg­ter be­slis nie goed­koop nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.