Man soek in­ti­mi­teit wat ek nie kan bied nie

Vrouekeur - - WAT PLA JOU? -

Van vroeg in ons ver­hou­ding af het my man al vir my ge­sê dat hy my nie aan­trek­lik vind nie, maar hy wil steeds in­tiem ver­keer. Ek kan nie! Dit voel of ek moet voor­gee el­ke keer dat dit ge­beur. Hoe kan ek as vrou ge­noeg self­ver­troue hê om in­tiem te wees as ek weet dat my man my nie aan­trek­lik vind nie? Is dit be­ter om my­self af te sluit en hom maar net toe te laat soos hy wil? – Ver­werp Dit maak sin dat jy nie ge­liefd en in­tiem teen­oor jou man voel ná sy op­mer­king nie. Dit is ge­we­ten­loos van hom om so ’n op­mer­king te maak en steeds in­ti­mi­teit van jou te ver­wag. Jy be­hoort die reg­te oom­blik te kies (nie wan­neer hy in­ti­mi­teit i­ni­si­eer nie) om aan hom uit te wys dat vroue, an­ders as mans, nie in­tiem kan ver­keer as hul­le nie goed ge­noeg en e­mo­si­o­neel vei­lig oor hul­self voel nie. Mans en vroue se er­va­ring en aan­loop na in­ti­mi­teit ver­skil heel­wat. Dik­wels gaan dit vir die man oor die seks­daad en vir die vrou veel eer­der oor die lief­ko­sing en aan­vaar­ding van wie sy is. Jou re­ak­sie is dus nor­maal. Praat so vin­nig moont­lik met jou man hier­oor voor­dat die ge­drag ’n ne­ga­tie­we pa­troon vorm waar jy nie jou­self meer kan dwing om in­tiem te ver­keer nie. ’n Be­soek aan’ n ver­hou­dings te­ra­peut kan ook waar­de­vol wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.