Ma Met alz­hei­mer­siek­te Maak ons le­we Moei­lik

Vrouekeur - - WAT PLA JOU? -

My ma het alz­hei­mer­siek­te en wei­er om in die ou­e­te­huis te woon. Sy loop heel­tyd weg, ba­klei met die per­so­neel en dreig om weer in haar ou huis, wat ver­koop is, in te trek. Sy be­skul­dig ons daar­van dat ons nie meer vir haar omgee nie, hoe­wel ons daag­liks gaan kui­er. Ons voel skul­dig om­dat ons haar nie in die huis in­ge­neem het nie, maar ons kan nie 24 uur per dag na haar om­sien nie. Gee as­se­blief raad. – A­no­niem Daar is ’n paar goue re­ëls wan­neer dit by die han­te­ring van men­se met alz­hei­mer­siek­te kom. Moet liefs nie met hul­le ar­gu­men­teer, hul­le laat skaam­kry, pro­beer dwing om te ont­hou, neer­ha­lend wees, op din­ge aan­dring en hul­le daar­op wys dat hul­le iets nie kan doen nie. In die mees­te ge­val­le is die on­der­steu­ning­stel­sel juis die­ge­ne wat die mees­te on­der die pa­si­ënt se siek­te ly. Pro­beer om jou ma so­ver moont­lik in ’n roe­ti­ne te hou. Moe­nie vir haar jok nie en wees re­spek­vol eer­lik wan­neer sy ’n hel­der oom­blik het waar­ty­dens erns­ti­ger sa­ke be­spreek kan word. Die per­so­neel van sul­ke te­hui­se is dik­wels baie goed op­ge­lei om met hier­die ti­pe uit­speel­ge­drag van die pa­si­ën­te te werk en daar­om is dit ’n goeie i­dee om haar daar te laat tuis­gaan. Hou in ge­dag­te dat dit met e­ni­ge van ons kan ge­beur en vra dan jou­self af met hoe­veel waar­dig­heid jy graag han­teer sal wil word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.