SKRYF IS SOOS ’N VIRUS

Ma­le­ne B­rey­ten­bach se skryf­lus

Vrouekeur - - INHOUD -

“As mens eers be­gin skryf en dit blyk moont­lik en dalk voor­spoe­dig te wees, is dit soos ’n virus. Jy ly aan skryf­lus,” sê dr Ma­le­ne B­rey­ten­bach. Sy be­skryf haar­self as ’n ver­haal­ver­tel­ler en voel dat haar skryf­werk haar de­fi­ni­eer.

“Ek hoop net al­tyd dat ek vir an­der men­se ple­sier en af­lei­ding kan ver­skaf soos wat an­der skry­wers vir my ver­skaf.”

Ma­le­ne meen dat ’n skry­wer se ver­beel­ding en ver­moë mo­men­tum kry. “Sto­ries per­ko­leer in die brein en skryf word wat jy doen. Som­mi­ge sto­ries ‘werk’, som­mi­ge nie, maar mens skryf dit in elk ge­val.”

Be­hal­we vir haar skryf­werk, is sy ’n pas­sie­vol­le le­ser en na­vor­ser.

“Ek lees van kleins af baie en as mens sto­ries so­veel ge­niet, kan dit jou nog­al in­spi­reer om self te pro­beer skryf. Hoe­veel wê­rel­de lê nie in li­te­ra­tuur op­ge­sluit nie?

Dit is ont­vlug­ting, dit is leer­saam, dit ver­ryk jou le­we.”

Op 14 het Ma­le­ne saam met haar ou­ers van G­we­lo (van­dag G­we­ru) in R­ho­de­sië (nou Zim­bab­we) af P­re­to­ria toe ge­trek – vir haar ’n nu­we, vreem­de wê­reld. Om­dat sy Frans en La­tyn ge­neem het, moes sy ’n ge­skik­te skool in Suid-a­fri­ka vind.

Nie net was dit vir haar vreemd om nie meer in ’n ge­meng­de skool te wees nie, maar in A­fri­kaan­se Ho­ër Mei­sie­skool in P­re­to­ria het sy ook half En­gels ge­voel. “Ons was im­mi­gran­te, an­ders as die ge­ves­tig­de P­re­to­ri­a­ners, en die aan­pas­sing was moei­lik.”

In R­ho­de­sië het sy er­vaar dat die B­rit­te op A­fri­ka­ners neer­ge­sien het en sy wou haar­self al­tyd be­wys deur te pres­teer. In haar nu­we skool moes sy boon­op vin­nig leer om be­hoor­lik in A­fri­kaans te spel.

“Dis van baie lees wat my A­fri­kaans so­veel ver­be­ter het. Een boek wat ek ont­hou om­dat dit my so diep ge­tref het, was Die S­werf­ja­re van Pop­pie Non­ge­na.” Toe­ge­wy­de on­der­wy­sers het ver­der ’n baie po­si­tie­we by­drae in haar nu­we om­ge­wing ge­le­wer.

Aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria het sy eers haar Ba-graad in Frans en En­gels ver­werf, haar toe­koms­ti­ge man ont­moet, wat vol­ke­kun­de ge­do­seer het, en dit “uit nuus­kie­rig­heid” ook ge­loop. Daar­na het sy haar hon­neurs­graad in En­gels ver­werf. “Ek ly se­ker aan nuus­kie­rig­heid en weet­gie­rig­heid en ge­niet dit om nu­we ken­nis op te doen.”

Vier jaar ná hul dog­ter se ge­boor­te het hul­le na S­tel­len­bosch ver­huis waar sy daar­op ge­fo­kus het om hul kind groot te maak. Sy het ge­glo dat sy “te dom” vir na­graad­se stu­dies was, ’n feit wat sy deeg­lik ver­keerd be­wys het met haar ver­de­re hon­neurs- en ma­gis­ter­graad as­ook ’n Dphil in joer­na­lis­tiek, ’n Ma-graad in ou Na­bye-oos­ter­se stu­die en ’n Mphil in an­tie­ke stu­die.

Ter­self­der­tyd het sy ook in o­pen­ba­re be­trek­kin­ge by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch en la­ter in kom­mu­ni­ka­sie by die S­tel­len­bosch-stig­ting ge­werk.

“Mens moe­nie jou­self on­der­skat nie. As jy reg­tig wil, kan jy. Dit het vir my so lek­ker ge­word om al daar­die stu­dies aan te pak, ek kon nie op­hou nie. Mens word so­veel meer be­le­se en ry­per soos dit aan­gaan. Mens kan baie in ’n dag in­pas, jy moet net jou tyd reg be­stuur.”

Haar lief­de vir ge­skie­de­nis en die in­vloed daar­van maak van haar ’n ge­dug­te na­vor­ser. “Ons het al­mal ’n ver­le­de wat ons maak wat ons van­dag is. His­to­rie­se ge­beur­te­nis­se wat my ver­al fas­si­neer, is die R­ho­de­sie­se Bos­oor­log en die Boe­re­oor­loë, ver­al die twee­de, die gro­te. So­veel ver­ha­le is daar­by in­ge­weef. So­veel mens­li­ke dra­ma. Ek spot al­tyd dat ek die ge­skie­de­nis by die ha­re in­sleep waar ek kan.”

An­der skry­wers se werk was aan­vank­lik ge­noeg in­spi­ra­sie vir haar om te be­gin skryf. “Ek het be­sef ek kan ook ver­ha­le uit­dink.”

Na af­loop van haar stu­dies het sy in 2005 met die lief­des­ver­haal Pal­my­ra her­leef by LAPA ge­de­bu­teer. Dit is ge­grond op haar on­der­vin­ding om as ouer vrou te stu­deer en haar stu­dies oor die ou Na­bye-oos­te en haar te­sis oor ko­nin­gin Ze­no­bia van Pal­my­ra het nut­tig te pas ge­kom. “Die ver­haal van Ze­no­bia van Pal­my­ra het my ge­ïn­spi­reer en toe dink ek, waar­om sal ek nie oor haar en my eie on­der­vin­ding skryf nie?”

Bin­ne slegs vier jaar het daar ’n ver­stom­men­de 19 van haar lief­des­ver­ha­le by LAPA en nog ’n aan­tal by Nb-uit­ge­wers ver­skyn, na­dat sy aan­vank­lik ge­dink het sy sal nie in A­fri­kaans kan skryf nie!

“Ek het my­self ver­ras. Toe ek sien, kan ek in A­fri­kaans skryf, maar ek het da­rem joer­na­lis­tiek ge­swot, waar ons half En­gels, half A­fri­kaans ge­skryf het. Al die lees­werk leer mens ook ’n woor­de­skat. Ek kom toe ag­ter dis lek­ker om te skryf en die sto­ries loop.”

Se­dert sy teen die ein­de van 2008 af­ge­tree het, skryf sy vol­tyds en daar het so­ver 54 boe­ke uit haar be­kwa­me pen ver­skyn. “Ek het oor die ja­re al vyf ro­mans, 44 lief­des­ver­ha­le, vyf om­ni­bus­se, ver­ha­le in vier kort­ver­haal­bun­dels plus ver­skeie tyd­skrif­ver­ha­le ge­skryf.”

Daar het ook twee lief­des­ver­ha­le van Ma­le­ne on­der die skuil­naam Ma­ri­lyn Ben­nett ver­skyn: Vir lief­de en vry­heid, as­ook Waar lief­de von­kel.

Ge­skie­de­nis en na­vor­sing maak ge­reeld ’n draai in haar ro­mans soos: Gis­ter is ’n ver land, Pluim­prin­se, Bloed­grond (al drie deur Ta­fel­berg), Ee­n­oog­ko­ning (Na­le­di), Ken­nis is mag (Ross­lyn-pers) en Ye­ster­day is a Lost Coun­try (E-boe­ke vir A­fri­ka).

Ma­le­ne ont­hou die pla­sie waar sy saam met haar ou­ers in R­ho­de­sië ge­woon het voor­dat hul­le na ’n ge­sel­li­ge dorps­huis ge­trek het as ’n reg­te “to­wer­plek”, ten spy­te van die drei­gen­de ge­vaar.

“On­lus­te en po­li­tie­ke on­rus het toe­ge­neem en dit het ’n wan­klank ver­oor­saak in my kin­der­ja­re wat meest­al ge­luk­kig was.”

Die huis was ’n ko­lo­ni­a­le ka­sarm met ge­wels, die spook van ’n vo­ri­ge ei­e­naar wat self­dood ge­pleeg het (soos haar ma ge­glo het), ’n e­nor­me tuin, vis­dam, plaas­dam, boor­de, ’n ver­skei­den­heid die­re, wil­de die­re en vo­ëls.

“To­wer­plek­ke kan ver­ha­le in­spi­reer en ver­skaf her­in­ne­rin­ge waar­oor mens wil skryf. Die ge­vaar ver­skaf dra­ma. Ek dink mens se her­in­ne­rin­ge word al­les by jou skryf­werk in­ge­weef, hoe­wel nie al­tyd di­rek nie.”

Ken­mer­kend van lief­des­ver­ha­le is die baie kin­kels in die ka­bel. “Ek kry ’n ver­haal in my kop met tyd en plek. Ek dink aan ka­rak­ters en min of meer in wat­ter rig­ting die sto­rie moet gaan. Dit help nie ek be­plan al­les voor­af nie, want die ver­haal skiet lo­te en gaan op jak­kels­draaie. Na­ma­te ek skryf, kom die i­dees, die kin­kels in die ka­bel. Ek kan nie voor­af aan al­les dink nie. Ek kry aha-oom­blik­ke.”

“Ek het min of meer ’n roe­ti­ne. Ek skryf el­ke dag min­stens vier uur lank en dan vor­der ’n ver­haal. Toe ek nog by die u­ni­ver­si­teit ge­werk het, moes ek saans en na­we­ke skryf. Ek is ’n or­ga­nie­se skry­wer!”

Daar­om is een van haar guns­te­lin­gaan­ha­lings deur ou­teur en joer­na­lis Co­ry Doc­torow: “W­ri­ting is li­ke dri­ving a car at nig­ht. You can on­ly see as far as the he­ad­lig­hts, but you ma­ke the w­ho­le trip that way.”

Vir Ma­le­ne is dit ewe lek­ker om ge­pu­bli­seer te word as om ’n graad te ver­werf. “As kind het ek my ver­beel ek gaan ’n kuns­te­naar of san­ge­res wees, maar skryf het van vroeg af mak­lik ge­kom. Om er­ken­ning deur mid­del van pu­bli­ka­sie te kry wanneer jy wel skryf, is dan ’n tri­omf.”

Sy sê sy sal al­tyd tyd en geld vir boe­ke en lees­stof hê. War and Pe­a­ce as­ook

An­na Ka­re­ni­na (Leo Tol­stoy), Sen­se and Sen­si­bi­li­ty (Ja­ne Aus­ten), Wolf Hall (Hi­la­ry Man­tel) en Go­ne with the Wind (Mar­ga­ret Mit­chell) tel on­der haar guns­te­ling­boe­ke.

Be­hal­we lees, is skil­der in o­lie­verf Ma­le­ne se stok­perd­jie. “Dees­dae ver­waar­loos ek die skil­der­werk, maar ek is van plan om weer ’n paar les­se te neem en weer die kwas­se op te neem. Mens kan vir al­les tyd maak.”

Een van die din­ge waar­van sy nié hou nie, is om tyd te mors. “As ek weet ek gaan ie­wers wag, neem ek my Kind­le saam en lees. Na­vor­sing is tog te lek­ker.”

Le­sers kan ge­du­ren­de Fe­bru­a­rie na ’n nu­we Su­per­ro­man­za van Ma­le­ne uit­sien: Huis van ge­hei­me en die Ro­man­za Tos­ka­ne roep my hart wat in Maart volg.

Mens moe­nie jou­self on­der­skat nie. As jy reg­tig wil, kan jy ... Mens word so­veel meer be­le­se en ry­per soos dit aan­gaan

Dit help nie ek be­plan al­les voor­af nie, want die ver­haal skiet lo­te en gaan op jak­kels­draaie

Ma­le­ne B­rey­ten­bach (regs) saam met Ing­rid Win­ter­bach

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.