Wat kos eiendomme?
Patensie het ’n relatief klein kopersmark, maar met ’n oog vir ’n winskoop kan ’n mens regkom hier, meen Reneé Scheepers van Patensie Investment Properties. Erwe is gemiddeld 1 000 m2, meestal met ’n goeie ligging en mooi uitsigte, en kos ongeveer R200 000. PATENSIE INVESTMENT PROPERTIES
Reneé Scheepers 082 862 8627 info@patinvestprop.net patensieproperties.co.za
R500 000
Plekkies soos dié, met heelwat regrukpotensiaal as jou hande jeuk, is taamlik volop. Dié huis het 2 slaapkamers en 1 badkamer, maar jou kar staan buite. Dis naby aan alles wat ’n mens nodig het.
R695 000
Hierdie is ’n netjiese kuierhuisie op ’n hoekerf met mooi uitsigte oor die vallei. Jy kry 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n studeerkamer en ’n lekker groot dubbelgarage. Gerieflik en veilig.
R1 400 000
’n Ruim gesinshuis met ’n gevestigde tuin en ’n rustige atmosfeer. Lekker vir onthaal – hier’s 3 slaapkamers, 2 badkamers, ’n spens en dubbelgarage, met ’n goeie ligging naby aan die middedorp.