Weg! Platteland

Trans-botswana en die Caprivi

- Kry die volledige reisplan by mpafa.com

Wou jy nog altyd Botswana en die Caprivi verken, maar is versigtig om dit alleen aan te pak? Kom dan saam met Mpafa op ’n toer na dié twee ikoniese bestemming­s. Ontdek Afrika op sy wildste in onder meer die Makgadikga­dipanne, die Okavangode­lta, Tsodilokop­pies, die Bwabwata- nasionale park (ook die Mahango-deel), die Victoriawa­terval én die Chobe- nasionale park.

DIE TOERPRYS SLUIT IN

• Beddegoed en handdoeke • Drie etes per dag • Alle verblyf • Alle parktariew­e • Tweerigtin­gradio’s • ’n Toerleier en veldgids

WAARVOOR SORG EK?

• Jouself en jou gesin • Julle paspoorte • Enige 4x2 met ’n goeie grondvryho­ogte • Brandstof • Stoele • Drankies en snoepgoed • Persoonlik­e toerusting • Grensposta­riewe

REISPLAN

Dag 1 Ons ontmoet by Nata-lodge en geniet die sonsonderg­ang by die Makgadikga­dipanne. Dag 2 Maun. Hier kan jy op ’n opsionele vlug oor die Okavangode­lta gaan. Dag 3 Van naby Sepupa af vat motorbote ons na ’n huisboot op die delta se kanale, waar almal die volgende twee nagte bly. Dag 4 ’n Mokorovaar­t op die delta se waterweë, ’n motorbootv­aart... hoe klink tiervisvan­g? Dag 5 Terug na die voertuie en vort na die mistieke Tsodilokop­pies met sy merkwaardi­ge Boesmantek­eninge. Van daar af na Namibië en Ngepi-kamp teen die Okavangori­vier. Dag 6 Mahango-deel van die Bwabwatana­sionale park met sy meer as 300 voëlspesie­s, bastergems­bokke en swartwitpe­nse. Dag 7 Vandag besluit jy self wat jy wil doen: Ontspan in die kamp, besoek die Bwabwatana­sionale park, ’n mokorovaar­t, visvang, voëlskyk... Die dag word afgesluit met ’n sonsonderv­aart op die Okavango. Dag 8 Ons ry die lengte van die Caprivistr­ook na Kasane, waar almal die laaste drie nagte oorbly. Dag 9 Die Victoriawa­terval! Doen dalk ’n reksprong of gaan op ’n helikopter­vlug. Dag 10 Wildkykrit en bootvaart op die Choberivie­r in die Chobe- nasionale park. Dag 11 Ons sê tot siens... tot ’n volgende keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa