Weg! Platteland

Phalaenops­is (Mot-orgidee)

-

Die mot-orgidee is seker die bekendste en gewildste binnenshui­se soort wat ook die maklikste is om gelukkig te hou.

In die natuur Phalaenops­is-orgideë is epifiete wat in bome groei – in reënwoude van Suid-asië tot Noord-australië. Anders as parasiete wat hulle in ’n gasheer vestig en op die gasheer se “krag” teer, gebruik epifiete hulle wortels om teen die takke te klou om bo by die lig uit te kom. Die plante soek dus helder lig, maar geen direkte sonlig nie. In die natuur is hulle wortels nooit onder die grond nie en ook nooit langdurig onder water nie – die wortels droog vinnig uit ná elke reënbui. In die huis Soek daardie plek aan die noordekant van jou huis waar die lig instroom, maar waar die plant nooit in direkte sonlig sal staan nie. En moenie karring met die weerbarsti­ge silwer wortels wat nie in die pot wil bly nie – onthou, hulle is epifiete. Water Dis nie nodig om ’n besproeiin­gstelsel in jou sitkamer te installeer nie – die kans is skraal dat jou sitkamer so warm gaan word soos ’n reënwoud. Gee huisplante in die somer elke 7-10 dae water en in die winter twee keer per maand. Die groot geheim is dat die plante moet uitdroog tussen die natmaaktye, maar moet ook nie wag tot die groeimediu­m kurkdroog is nie. Toets altyd met jou vinger of die groeimediu­m nog klam voel – indien wel, wag nog ’n dag of twee.

Om die plante nat te maak kan jy die pot vinnig in ’n emmer water druk en dan dadelik weer laat dreineer. As dit soos te veel moeite voel, kan jy gewoon twee groot ysblokkies per week in die pot sit.

Om die atmosfeer meer vogtig te maak soos in ’n tropiese woud kan jy blare en wortels een keer per dag liggies met water sproei, maar moenie dat die water in die kroon van die plant opdam nie – dit sal vrot. Jy kan ook die orgidee in ’n groter plat bak met gruisklipp­e en water laat staan, maar onthou: Die pot en die wortels self moet nooit aan die water raak nie. As hulle klaar geblom het… Een van die besbewaard­e geheime is om nie dadelik die blomsteel af te sny as die plant klaar geblom het nie. Winterkoue aktiveer die plant om nog blomritse te gee. Hoewel die steel nie weer blomme sal vorm op die boonste gedeelte waar die blomme gedra is nie, is daar ’n kans dat die steel, veral as dit nog groen is, dalk later ’n nuwe blomsyloot kan vorm of selfs ’n “keiki” – ’n miniatuurp­lantjie wat jy kan afsny en plant wanneer dit minstens drie gesonde blare en ’n paar stewige lugwortels het. Wanneer dieselfde blomsteel ’n tweede keer geblom het, kan jy dit afsny om die vorming van ’n nuwe een aan te moedig. Hoekom vrek hulle? Daar is net twee oorsake hiervoor: Die plek waar hulle staan is te donker; en hulle kry te veel liefde, oftewel water.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa