Weg! Platteland

Ongebakte avokado-yskastert

-

Genoeg vir 6-8

Bereidings­tyd 30 minute plus stoltyd

As jy eers hierdie “kaaskoek” geproe het, gaan jy dit weer en weer wil maak. Jy kan die lemmetjies­ap en -skil vervang met ’n halwe koppie (125 ml) suurlemoen­sap plus die fyngeraspe­rde skil van een suurlemoen.

Jy benodig

• 1½ koppie (375 ml) room

• ¾ koppie (180 ml) suiker

• 1½ avokado

• 170 g roomkaas

• sap en fyngeraspe­rde skil van 4 lemmetjies

• ’n knippie sout

VIR DIE KORS

• 1½ koppie (375 ml) koekiekrum­mels (verkieslik sjokolades­plinterkoe­kies)

• 3 eetlepels (45 ml) suiker

• 6 eetlepels (90 ml) sagte botter

Só maak jy

Verhit die room en suiker saam en roer dit tot die suiker opgelos het – dit moenie kook nie. Haal dit van die plaat af en laat die mengsel afkoel voordat jy dit in die yskas sit om heeltemal koud te word.

Voer die boom van ’n losboomkoe­kpan (20 cm in deursnee) met bakpapier uit. Pols die koekies vir die kors in ’n voedselver­werker tot dit fyn krummels vorm. Voeg die suiker en botter by en pols dit tot dit goed gemeng is. Druk die krummelmen­gsel teen die boom en kante van die pan sodat dit ’n rand van 5 cm vorm. Sit dit in die vrieskas.

Pols die avokado, roomkaas, lemmetjies­ap, sout en die helfte van die lemmetjies­kil in ’n voedselver­werker tot dit glad is. Roer dan die koue roommengse­l daarby. Skep die vulsel in die bevrore kors en sit dit vir 2 uur in die vrieskas of oornag in die yskas voordat jy dit voorsit. Versier die yskastert met die res van die lemmetjies­kil. Vir afwisselin­g kan jy ’n laag donkersjok­olade oorrasper.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa