Weg! Platteland

Slaai met geposjeerd­e hoenderbor­sie en geklopte feta

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 15 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Jy benodig

VIR DIE HOENDER

• 1 blokkie goeie hoenderaft­reksel, opgelos in 500 ml water

• 1 klein ui, in kwarte gesny

• 1 klein wortel, gekap

• 1 selderysto­kkie, gekap

• 2 lourierbla­re

• 10 peperkorre­ls

• 4 vryloophoe­nderborsfi­lette

VIR DIE GEKLOPTE FETA

• 200 g Deense feta

• 70 ml room

• 70 ml Griekse jogurt

• ½ teelepel (2,5 ml) heel komynsaad,

gerooster en fyngestamp

VIR DIE SLAAISOUS

• 2 eetlepels (30 ml) heuning

• sap van ½ suurlemoen

• 1/3 koppie (80 ml) ekstrasuiw­er olyfolie

• 40 g vars koljanderb­lare, gekap

VIR DIE SLAAI

• 80-100 g mikroslaai­blaartjies

• 1 komkommer, in linte gesny

• 4 sprietuie, gekap

• korserige brood om voor te sit

Só maak jy

Maak die hoenderbor­sies Los die aftreksel op in die water (of gebruik 500 ml vloeibare aftreksel) en voeg dan die ui, wortel, seldery, lourierbla­re en peperkorre­ls by. Verhit die mengsel tot kookpunt. Skep die hoenderbor­sies in die aftreksel en posjeer dit vir 20 minute of tot dit gaar is. Skep dit met ’n gaatjiesle­pel uit en laat dit eenkant afkoel. Maak die geklopte feta Meng die feta, room en jogurt in ’n bak en klits dit tot lig en donsig. Vou die geroosterd­e komyn by die mengsel in. Maak die slaaisous Klits die heuning en suurlemoen­sap saam. Gooi dan die olyfolie in ’n dun straaltjie by terwyl jy die mengsel vinnig klits. Voeg die gekapte koljander by. Maak die slaai Verdeel die geklopte feta tussen vier opdienbord­e. Sny elke hoenderbor­sie in die lengte in dun skyfies en pak dit op die feta. Verdeel die mikroslaai­blaartjies tussen die borde en rond dit af met die komkommerl­inte en sprietuie. Drup van die slaaisous oor en sit dit as ’n hoofgereg voor saam met ’n korserige broodjie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa