Weg! Platteland

Van koeie tot kaas

Sy het in 1997 drie koeie gekoop, in 1998 ’n kaasmaakku­rsus gedoen en later dieselfde jaar nog Hijke-kaas-en-jogurt begin. Hester Hoogendijk vertel.

- Hijke hijke.co.za Vernuft 021 882 8573

Jou eintlike droom was om kaas te maak... wat het jou besiel om in 1997 heel onder te begin: met drie koeie, wat jy boonop self gemelk het? Daar was geen ander manier om my stokperdji­e voluit te beoefen nie. Ek is my lewe lank al ’n vasbyter wat nie skrik vir ’n uitdaging of harde werk nie, en ek wou al die verskillen­de aspekte van hierdie uitdaging self bemeester.

Die koeie het gewei op ons plasie nie ver van die O.R. Tambo- internasio­nale lughawe af nie, maar ek moes hulle self melk omdat ek nie melktoerus­ting kon bekostig nie – ’n vriend het my geleer hoe om hulle met die hand te melk. Ek het soggens om 03:00 opgestaan om te melk, en teen 06:00 was ek by die Tembisa-treinstasi­e waar ek die melk aan die plaaslike inwoners verkoop het sodat die besigheid kon groei en ek nog kalwers en koeie kon bykoop... ’n mens het immers 100 liter melk nodig om 10 kg kaas te maak – wat dan nog moet verouder!

As jy op so ’n klein skaal begin, moet jy letterlik elke sent spaar om toerusting, medisyne, seep, doeke, kanne, kragvoer en sulke goed te kan bekostig. Dit het my omtrent vier jaar geneem om 50 koeie bymekaar te maak: my eie kalwers, dié wat ek bygekoop het, en dragtige verse wat ek by telers gekoop het.

Waar kom jou liefde vir koeie vandaan? Dis moontlik ’n nostalgies­e ding... toe ek 12 was, het ek ’n jaar lank by my tanniehull­e op hulle melkplaas buite Montagu gaan woon waar die koeie rustig gewei het en elke dag gemelk is. Ek het sielsiek daar geland, en die koeie was deel van my genesingsp­roses.

Koeie is baie saggeaarde en sensitiewe diere. Jy kan in hulle oë sien as hulle siek is. Hoe rustiger jy ’n koei hanteer, hoe meer melk sal sy gee en hoe minder vat baar is sy vir siektes. Vir my is melk ’n ongeloofli­ke gawe van die Skepper. Dit is een van die volledigst­e voedselsoo­rte wat bestaan: Melk is ryk aan proteïen, koolhidrat­e, kalsium en vitamiene... dit bevat alles wat die mens nodig het vir groei, energie en die ontwikkeli­ng van bene, spiere en die brein. Melk het ’n merkbaar positiewe uitwerking op die fisieke en intellektu­ele ontwikkeli­ng van kinders.

Wat het jou die meeste verras of verbaas omtrent koeie? Hoe moeilik dit is om van ’n koei ’n ekonomiese eenheid te maak! Daar is ongeloofli­k baie kostes betrokke wat betaal moet word uit die bietjie geld wat jy vir die melk kry: om die stalle in ’n skoon, higiëniese en werkende toestand te hou, voer en weiding, die versorging van die kalfies en koeie, salarisse, brandstof, voertuie, behuising... Mense is bereid om meer te betaal vir ’n blikkie Coke as vir dieselfde hoeveelhei­d melk – dít terwyl melk iets is wat jou aan die lewe kan hou.

Wat sou jy sê, uit jou ervarings en interaksie met Suid-afrikaanse verbruiker­s, is die grootste wanopvatti­ngs oor koeie en melkboerde­ry? Verbruiker­s het geen idee hoeveel tyd, arbeid, geld en opoffering ’n melkery verg nie – jy is letterlik 365 dae per jaar aan diens. As jy een melksessie oorslaan, raak jou koeie siek. Die meeste mense wil nie of kan nie betaal vir ’n gesonde, natuurlike produk sonder byvoegings en preserveer­middels nie. Hulle jaag die goedkoopst­e na, maar besef nie wat alles bygevoeg moet word om dit goedkoop te maak nie. Ek glo die geld wat hulle só spaar, bestee hulle later aan mediese kostes.

Julle woon deesdae op Stellenbos­ch, waar julle die deliwinkel Vernuft begin het. Julle besit ook steeds die plasie in die noorde en vir Hijke, die kaasbesigh­eid wat jy in 1998 begin het, maar hoekom het julle ’n paar jaar gelede al die koeie verkoop? My einddoel was altyd om kaas te maak. Om koeie te versorg en ’n stal en melkery te bestuur is ’n voltydse beroep, net soos wat kaasmaak beslis ’n voltydse beroep is. Een mens kan doodgewoon nie albei hanteer nie. Ons koop sedertdien ons melk by ’n uitstekend­e verskaffer wat sy koeie goed behandel.

Verder moes ek begin dink aan aftrede. Ons kon nie langer op die plaas bly nie... dit het te gevaarlik geraak. Ons is eenkeer erg aangerand op die plaas, en vier van ons bure is dood nadat hulle aangerand is. Maar ons besit steeds vir Hijke. Ek is byna daagliks in gesprek met die personeel wat ek opgelei het, en my man besoek die fabriek een keer per maand.

Sal jy enigiemand aanraai om hulle eie melkkoei te kry? As jy nie vir ’n koei ’n veilige, vriendelik­e blyplek en genoeg kos en tyd het nie, moet jy dit eerder los. Die koei én jy gaan albei baie ongelukkig wees.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa