Weg! Platteland

Morele dilemma

Die dag toe ons Chicken Little moes regkry vir die pot

- FOTO’S DONOVAN KIRKWOOD EN ROSIE STANWAY

As jy ernstig is oor volhoubare kos, maak dit sin om pluimvee vir eiers en vleis aan te hou. Maar dit kan ’n groot uitdaging wees om eendag die hoender te slag wat jy gevoer, liefgekry en dalk ’n naam gegee het. Vir Don en Rosie was dit allermins ’n maklike saak. Hulle gesels oor die besluit om hoenders te kry en hoe hulle een van dié geveerde vriende geslag en geëet het.

Ons pad saam met diere

Don Ek was nog altyd mal oor diere. Al het ek in die voorstede grootgewor­d, was daar teen die tyd dat ek tien was, verskeie hokke in ons agtertuin met kapokhoend­ertjies, kwartels en konyne, en ’n dammetjie met eende. Dosyne sneeuwit poustertdu­iwe het bo ons huis gesirkel en nesgemaak in ’n lendelam hok agter die huis. Toe ons kort nadat ek hoërskool toe is verhuis, is die hele klein dieretuin met lewende hawe weggegee.

Van alles het ek nog altyd die hoenders die meeste gemis. Daar is min diere wat so gelukkig en “in die oomblik” lewe soos ’n hoender, en min dinge is so vermaaklik soos om hulle dop te hou terwyl hulle skrop, kloek of ’n bohaai opskop oor ’n lekker gogga of ander happie.

Nou, dekades later, het ons weer hoenders – maar dié slag gaan dit oor

baie meer as om net gelukkige lewende hawe op die werf te hê. Heel eerste op die lys is die eiers met hulle oranje dooiers, wat varser en lekkerder is as enigiets wat ons in die supermark kan kry. Ewe belangrik is my erg sanderige groentebed­ding wat elke moontlike krieseltji­e mis nodig het – ek is mal oor die proses om ons kombuisafv­al “terug te ploeg” in ’n klein stelsel wat groente en eiers lewer.

In die jare sewentig moes ek by ’n familievri­end, die biblioteek en by die hoenders self aanklop vir inligting, maar deesdae kan ek op die internet seker maak ek weet hoe om ons hoenders gelukkig, gesond en so produktief as moontlik te hou en waar ek die beste ras en voorrade vir my behoeftes kan kry.

Ons het aanlyn gesoek en ’n teler opgespoor wat vir ons profession­eel

‘In Maart vanjaar het ons ons gereed gemaak om ons eie hoender te slag. Dié slag was ek ’n gewillige deelnemer eerder as ’n geskokte omstander.’

gelyk het. Jy kan henne vir R150 elk koop wat op die punt is om te begin lê, maar ons het uiteindeli­k op twee weke oue kuikens (R27 elk) besluit wat ons vir ses maande self wou grootmaak tot hulle begin eiers lê.

Rosie Ek was in my noppies toe Don voorstel ons moet hoenders kry. Daar is geen waarborge oor wat jou besending gaan oplewer nie, maar in ons boks was uiteindeli­k drie haantjies en ses hennetjies. Ek het dadelik geweet ons sal moet begin dink oor wat ons met die ekstra seuns gaan doen. Daar was reg van die begin af twee kuikens wat veel pieperiger was as die ander. Chicken Little was die kleinste en het twee ekstra weke op die warmkussin­g deurgebrin­g toe die ander lankal reeds buite gerinkink het. Hulle het hom ook dikwels weggedruk van die bak kuikenmeel. Aan sy vere kon ons sien dis ’n haantjie, en al het Don spesiale aandag aan hom gegee en hom selfs onder sy hemp ingedruk om hom warm te >

 ??  ?? 62
62
 ??  ?? Rosie en Donovan met Marshall Glazer, die “alfamannet­jie” van hulle hoenderben­de.
Rosie en Donovan met Marshall Glazer, die “alfamannet­jie” van hulle hoenderben­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa