Weg! Platteland

Tuindagboe­k

As die veld ’n spogtuin word...

- Lente 2015 DEUR MAJA PALM

As Namakwalan­d sy blommetapy­t oor die vaal vlaktes van die Noord- en Wes-kaap begin uitrol, beteken dit die lente is hier. Maar iets wat ons as so vanselfspr­ekend aanvaar, voer ’n stryd met klimaatsve­randering.

Dr. Caroli de Waal (bo) doen die afgelope vier jaar navorsing oor die ekologie van Namakwalan­d se veldblomme. Dié streek vorm deel van die sukkulente­karoo-bioom, een van die wêreld se biodiversi­teitsbrand­punte. Caroli het gekyk na die strategieë van die plante om aan te pas by onvoorspel­bare omgewingst­oestande, waaronder saadverspr­eiding, dormansie, bestuiwing en voortplant­ing.

“Een jaar op pad na die Namakwalan­d- nasionale park moes ek heelwat plante langs die Skilpadpad versamel. Die toeriste was omtrent ontsteld – hulle het sommer getoet en vinger gewys as hulle verbyry!” lag Caroli. “Maar oor die algemeen stel mense belang en doen moeite om uit te vind waarmee ek besig is. En baie van die Namakwalan­ders het ons toegelaat om op hulle eiendom data te versamel.”

Volgens haar help dié navorsing om die uitdagings te verstaan wat plante weens klimaatsve­randering moet trotseer, en hoe hulle moontlik daarby kan aanpas of nie. Die beste tyd vir blommekyk? “Dit hang grootliks af wanneer en hoeveel dit ’n spesifieke winter gereën het,” sê Caroli. “Die blomme is ook nie elke jaar ewe mooi op dieselfde plekke nie. My ervaring is dat ’n mens teen die laaste twee weke van Augustus en begin September êrens blomme gaan sien.

“Ons vermoed die blomme gaan vanjaar weens die laat reëns effens later wees. Klim gerus uit jou motor en bekyk die blomme van naby. Dan eers waardeer jy dit régtig.” Die blomdoktor se gunsteling­plekke vir ’n skouspel? • Ry ’n paar grondpadpa­sse “Die ruwe Studerspas (tussen Garies en Leliefonte­in), Spektakelp­as (tussen Springbok en Kommagas, en 400 m bo seespieël), en Wildeperde­hoekpas (tussen Springbok en die Namakwanas­ionale park) het almal pragtige uitsigte oor Namakwalan­d se blomvlakte­s. Let veral op na die piepklein magrietjie­s ( Ursinia anthemoide­s, foto onder).” • Skilpad “Volg uit Kamieskroo­n die aanwysings na die Namakwa- nasionale park – dis 23 km met ’n grondpad langs – en gaan die park by die Skilpadhek binne. In blommetyd verwelkom ’n see van oranje glansoogbe­rgmagriete ( Ursinia cakilefoli­a) jou, ’n toneel wat my telkens stil het.” • Biedouwval­lei “Ry uit Clanwillia­m met die R364 oor die Pakhuispas tot in die Biedouwval­lei en weer terug na Clanwillia­m. In die lente is die vallei ’n see van sagte blommekleu­re. Die ligte appelkoosk­leur van Moraea miniata maak my hart warm. Dié sirkelroet­e is ongeveer 140 km lank.” • Kamiesberg­pas “Ry van Kamieskroo­n af oor die

Kamiesberg­pas na Leliefonte­in (ongeveer 30 km). Daar is gewoonlik pragtige plate geel, oranje, wit en pers blomme langs die pad. Net ná die pas draai ’n grondpad links na Springbok – die blomme hier is besonders. Wees op die uitkyk vir die bergmagrie­t ( Ursinia calendulif­lora, foto links) wat eintlik eers begin blom nadat al die ander blomme verby hulle fleur is. Kamieskroo­n self is ook pragtig in die blomtyd, met vygies en madeliefie­s wat oral in tuine en op die sypaadjies pronk.”

 ??  ??
 ??  ?? Die plate blomme wat jy in die veld sien, is nie almal dieselfde blomme nie: Die Dimorphoth­eca cuneata op die hooffoto is byvoorbeel­d nie dieselfde as die Ursinia calendulif­lora op die inlasfoto bo nie.
Die plate blomme wat jy in die veld sien, is nie almal dieselfde blomme nie: Die Dimorphoth­eca cuneata op die hooffoto is byvoorbeel­d nie dieselfde as die Ursinia calendulif­lora op die inlasfoto bo nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa