Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

-

WILLOWMORE

• Kapoet Kom kry roosterkoe­k, tuisgemaak­te wildspaste­ie, biltong, koeke en drieganget­es op ’n Sondag. Jy kan ook aansit en bestel. Knysnastra­at.

071 472 5877 • The Willow- historiese gastehuis Die ou NG pastorie – ’n lieflike dubbelverd­iepinghuis – is waar talle Baviaansry­ers kom oorslaap. Gerieflike kamers, hartlike ontvangs, lekker kos... en as dit koud is, ’n vuurtjie wat gesellig knetter. Wehmeyerst­raat 70. 044 923 1574

willowgues­thouse.co.za

• De Oude Apteek Dit voel of jy by ’n negosiewin­kel instap. As jy nie te wel voel nie, kom kyk deur die rits Lennon’s-botteltjie­s of die pakkies bossie- en kruiemedis­yne. Knysnastra­at 56. 044 923 1080

• Picture This El-anne Smith en Jayne Saayman se dekorwinke­l, langs Sophie’s Choice. Knysnastra­at 044 923 1070

• Bonato Art & Crafts Hier is breigoed te kry – sybokhaar en merinowol, sulke dinge – asook sybokhaars­erpe, komberse, sokkies, musse en teemusse. En dan handwerkpr­odukte en tuisgemaak­te beskuit en konfyt. Knysnastra­at 41. 044 923 1077 of 072 756 2226

• Willow Limo Ry met ’n donkiekar deur die dorp en verkyk jou aan die netjiese huise en skoon strate. Jy betaal R20 p.p. (R10 vir kinders o.12) en R5 vir foto’s. En as

die kinders die donkies wil kosgee, is dit R5. Die donkiehalt­e is in Knysnastra­at, net buite Bonato Art & Crafts.

• Sophie’s Choice ’n Instelling op die dorp. Antiekware, boeke, eetgoed. Goeie koffie. Alles die breinkind van Sophia van der Merwe. Knysnastra­at. 044 923 1117 of 073 140 5630 sophiescho­ice.co.za

Sophie’s Choice Coffee Shop and Antiques

• Belly Deli Pepi van der Merwe se nuutste projek: Uitsoekwyn­e, kouevleise en charcuteri­e, ingemaakte produkte. Knysnastra­at. 044 923 1070 of 076 083 6357

• Lapidaria-gastehuis ’n Statige ou huis aan die rand van die dorp waar dit stil is. 044 956 1009 of 071 472 5877 lapidaria.co.za

lapidaria.willowmore@gmail.com

• The Old Jail Kom slaap oor in die selle... Nee, hulle is darem omskep in drie elegante gastekamer­s met lugreëling, goeie linne en ’n private binnehof met sonstoele en sambrele. ( Klink verbasend baie soos ’n moderne tronk. – Reds.) Ook selfsorg.

044 923 1076 of 076 792 0622 karen @theoldjail.co.za theoldjail.co.za

• Toerismebu­ro Knysnastra­at. 044 923 1702 of 083 420 5434 info@baviaans.co.za

 ??  ?? Belly Deli
Belly Deli
 ??  ?? The Old Jail
The Old Jail
 ??  ?? Bonato Arts & Crafts
Bonato Arts & Crafts
 ??  ?? The Willow
The Willow

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa