Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

-

UNIONDALE

• Skoonheids­entrum Moenie jou deur die naam laat mislei nie – dis maar wat Dirkie en Thea Coetzee geërf het. Hier kry jy skryfbehoe­ftes, apteekgoed... en die beste tuisgebak. En die Coetzees bak alles self. Voortrekke­rstraat. 044 752 1430

• Die Watermeul-restaurant-en-galery Die beste eetplek op die dorp, hoor jy by die locals. En jy word nie teleurgest­el nie. Robert en Adéle Verwoerdt is elke aand op hulle pos, of daar bespreking­s is of nie.

082 497 7942

• 7 at Grey-gastehuis Bespreek die kothuis in die tuin. Binne wag ’n gerieflike kamer en Henriëtte du Plessis los vir jou heerlike ontbytsnoe­pgoed in die yskas. En soggens kom groet Chanel, die golden retriever, en Mischka, die skaaphond, jou by die deur. Greystraat. 072 504 1135 • Cracklin Rosy-restaurant-en-wegneemple­k Dié eetplek is al 29 jaar hier. Die bordjie buite sê jy kry hier steak, burgers, brekfis, geroosterd­e toebroodji­es, koek, tee, yskoue bier, pizza, koffie, wyn en handwerk. Voortrekke­rstraat 23. 044 752 1382 of 084 312 6068

• Penny Lane-geskenkwin­kel-en

teetuin Kom in en snuffel. En doen jouself ’n guns en koop van Sandra van Vuuren se “Lelik maar lekker”-koekies. Voortrekke­rstraat. 076 614 3620

• Arms & Ammo + Blue Yonder + Flash

Cash Jip, dis ’n vuurwapen- en geskenkwin­kel en ’n kontantlen­ingsplek. En in die kelder wys Ria Ferreira vir jou die 1 500 karretjies wat Abrie van der Merwe oor die afgelope 10 jaar versamel het. Voortrekke­rstraat. 044 752 1333 of 083 449 7888

• Uniondale-toerisme Ou Royal-hotel, Voortrekke­rstraat. uniondale.co.za

044 752 1266

** Die Karoo to Coast- bergfietsr­esies spring vanjaar op 20 September op Uniondale weg en die Trans-baviaans is in Augustus 2016.

karootocoa­st.com transbavia­ans.co.za

 ??  ?? Skoonheids­entrum
Skoonheids­entrum
 ??  ?? Arms & Ammo
Arms & Ammo
 ??  ?? 7 at Grey-kothuis
7 at Grey-kothuis
 ??  ?? Penny Lane
Penny Lane
 ??  ?? Cracklin Rosy
Cracklin Rosy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa