Ontmoet die mense
Susan Witbooi Werk by Rose Café en die Belvedere-gastehuis
“Ek werk al 13 jaar hier en het al baie oulike mense ontmoet. Hier kom baie mense verby. Veral in die blommetyd.”
Sandra van Tonder Eiendomsagent by Seeff
“Ons het van Swellendam af hierheen getrek. Toe ons deur die Boesmanland ry, het ek gehuil dat die trane spuit. Maar toe ek Kakamas sien, het ek beter gevoel. Dis werklik ’n oase.”
Barbie Solomons Werk by Die Pienk Padstal
“Hier kom baie toeriste verby en ons Engels is nie van die beste nie. Onsons praatpraat opop onseonse maniermanier enen soso in between, maar die mense verstaan en sê
hulle like hoe ons praat.”
Suzanne Fourie Oud-inwoner, nou boekhouer in Pretoria
“Ek het op Kakamas grootgeword en verlang nog baie terug. Hier word vreemdelinge vriende. Die mense is regtig vriendelik en laat jou baie gou tuis voel.”
Randy van Wyk Wynassistent by Die Mas
“Met al die ontwikkeling is hier baie werk. Die wynmakery is ’n helse job, maar dit is baie interessant en ek is bly ek kon so ’n kans kry.”