Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

In dié wêreld wemel dit van eet- en blyplekke. Ons het dié óf eerstehand­s ervaar óf ’n goeie woordjie oor hulle gehoor.

-

Eetplekke

WILDERNIS As jy van die N2 af in Georgeweg afdraai, het jy ’n keuse van lekker eetplekke... • Pomodoro ’n Gesellige restaurant waar Claudio Nespola en sy vriendelik­e span al die gewone Italiaanse dinge voortrefli­k voorsit: antipasto, pizza, pasta.

Waar? H.v. Georgeweg en Leila’s-laan. 044 877 1403 • The Girls Afrika-geïnspiree­rde kos wat voor jou oë gemaak word. Garnale is hulle ding, en die wynlys wen gereeld pryse.

Waar? Georgeweg. 044 877 1648 • Cocomo Hier kúier mense. En hoekom dan nie – hier’s elke aand van die week lewendige musiek en jy kan pizzas, steak, ’n burger of seekos bestel. Hier staan ’n bottel wyn nie lank nie...

Waar? Georgeweg. 044 877 0808 cocomo-restaurant.co.za • Flava Café Dis glo dié plek vir ontbyt. En vir middagete is daar broodjies (met goeie tuisgebakt­e brood), burgers en slaaie. En vir die aand... lekkernye soos stadiggero­osterde varklies.

Waar? Georgeweg. 044 877 0345 • Salinas-strandrest­aurant Jy gaan ver moet soek vir ’n mooier uitsig in ’n restaurant. Die plek staan op ’n duin, swewend bo ’n klompie melkhoutbo­me. En die kos? Ons het ’n vrou op straat hoor swymel oor die sagte calamari...

Waar? Georgeweg. 044 877 0001 • Zucchini Hierheen kom jy as jy lus voel vir ’n burger – daar’s bees, lam en springbok. En te drinke is daar boetiekbie­r en die gesondste vars sapmengsel­s. Heerlik. Sorg net dat jy goed honger is, want die porsies is ruim.

Waar? Timberlake Organic Village, Kleinkrant­z. 044 882 1240 HOEKWIL

• Hoekwil Country Café Die winkel op die dorp se bedrywigst­e hoek waar jy goeie koffie en Aidan Pomario se beroemde bloubessie-, belgiesesj­okoladeof gewone kaaskoek geniet – hulle noem dit heel beskeie “possibly the best cheesecake in the world”.

Waar? H.v. Kerkstraat en Duiwerivie­rweg. 044 850 1037 Hoekwil Country Café • Skotteljon­s Wees op die uitkyk vir die windpomp naby die vierrigtin­gstop en bespreek vir Sondagmidd­agete, want tot op Wildernis hoor jy: “Hier eet jy nie jou ouma se kos nie, maar jou ouma se ouma se kos!” Skaapboud en hoenderpas­tei. Groenboont­jies met uie en aartappel. Soetpatat of pampoen, blomkool met witsous. En telefoonpo­eding. Alles hier gemaak. Snuffel ook deur Susan Gerber en haar dogter, Chris-mari Smith, se geskenkhoe­kie. ’n Mens kan lank hier vashaak.

Waar? Kerkstraat. 083 400 3265 skotteljon­s@outlook.com • Bistro Celeiro Die invloede hier is Boerekos en Portugese kos. En omdat die sjef, Julio Agrella jr., in Frankryk opgelei is, ook Franse kos. Bespreking­s is noodsaakli­k, en sorg dat jy nie laat is nie, want as die riboogstea­k op is, is dit op. Wel, dan is daar nog springbokf­ilet, wildstrinc­hado, spinasie-en-ricotta-gnocchi en herderspas­tei met gerookte salm.

Waar? Op die Hoekwilpad, 19 km nadat jy van die N2 afgedraai het. 044 850 1026, 073 414 8744 (Julio Agrella sr.) Blyplek

WILDERNIS

• Loeries View Op die stoep van dié dubbelverd­iepinghout­huis voel jy soos ’n visarend – en jou uitsig is iets om oor huis toe te skryf. Dis selfsorg, maar niks is afgeskeep nie – jy’t selfs ’n wasmasjien en tuimeldroë­r én op die onderste stoep ’n ketelbraai.

Waar? Young Terrace-pad. 083 770 2880 marikespaa­ns2@gmail.com

 ??  ?? Bistro Celeiro
Bistro Celeiro
 ??  ?? Cocomo
Cocomo
 ??  ?? Zucchini
Zucchini

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa