Weg! Platteland

’n Sagte hand

-

By die African Penguin and Seabird Sanctuary is Mervin Visagie die man wat beseerde en uitgehonge­rde seevoëls verpleeg. As boorling van St. Francisbaa­i het hy eers onlangs na dié geweste verhuis, maar hy werk al meer as vier jaar met pikkewyne en ander geveerdes. Die organisasi­e streef daarna om seevoëls so gou as moontlik te rehabilite­er en dan in hulle natuurlike habitat los te laat. Die meeste pasiënte word deur vissermann­e ingebring, en dis nie net pikkewyne nie – meeue, kormorante en tobies tel ook onder die ongevalle. Roofdiere is ’n groot oorsaak, maar volgens Mervin is die werklike probleem ekologies van aard. “Weens die visbedryf moet voëls al hoe verder van die kus af beweeg op soek na prooi, en dis in die diepsee waar hulle hulle vasloop teen hongerte en ontbering.” >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa