Weg! Platteland

WAAROOR GAAN DIE BANGMAAKST­ORIES?

-

Die onlangse “skoknuus” dat verwerkte en gerookte vleisprodu­kte ’n mens kanker gee, het behoorlik die kat in die duiwehok losgelaat, veral onder Banting-apostels wat hulle nie ’n lewe sonder spek kan voorstel nie.

Soos talle van die kanker spesialist­e rol Sean ook maar net sy oë oor die alarmistie­se koerantber­igte. “As dit by jou gesondheid kom, was matigheid nog altyd die wagwood. Te veel van enige ding – selfs water – is uiteindeli­k sleg vir jou gesondheid.”

Volgens Sean kom veral twee chemiese stowwe ter sprake in navorsing oor die karsinogen­iese eienskappe van gerookte kos: polisiklie­se aromatiese koolwaters­towwe ( polycyclic

aromatic hydrocarbo­ns oftewel PAH’S) en nitrosamie­ne.

PAH’S sluit meer as 100 organiese verbinding­s met twee of meer koolstofri­nge in, maar net ’n paar hiervan is skadelik in groot hoeveelhed­e. PAH’S beweeg as rook (van die vleisvet wat op die vuurwarm kole land) en kom gewoonlik voor bo 400 ºc – dit kan dus net gedurende die warmrookme­tode ontstaan.

“Ons verlaag die risiko hiervoor omdat ons warmgerook­te produkte nooit direk bo ’n oop vlam gehang word nie, en buitendien moet dié chemiese stof in groot hoeveelhed­e voorkom om die oorsaak of katalisato­r vir kanker te wees. Ek kan my nie voorstel dat Suid-afrikaners braai – iets wat ons so gereeld en so goed doen – heeltemal sal laat staan nie.”

Nitrosamie­ne is die ander potensieel skadelike stowwe wat gevorm word weens die uitwerking van nitriet op sekondêre en tersiêre amiene, byvoorbeel­d deur die gebruik van natriumnit­raat (’n gewilde preserveer­middel) in spek en ander verwerkte vleis. “Maar by Aphrodisia­c Shack gebruik ons slegs sout, suiker en natuurlike kruie en speserye. Ons produkte hou nie naastenby so lank soos die goed wat jy in supermarkt­e koop nie, maar as jy dit eers proe, sal jy verstaan dat natriumnit­raat glad nie nodig is nie!” sê Sean.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa