Hoe lank en hoe warm?
Heel hoender Rook dit vir 2 uur teen 125 ºc. Dit is gaar as die binnetemperatuur 82 ºc bereik.
Vis (omtrent 2,5 cm dik) Rook dit vir 15-30 minute teen 125-140 ºc (of ’n bietjie langer vir dikker of heel vis). Hoe laer die temperatuur van die roker, hoe langer moet jy die vis rook, maar dit sal ook die vis geuriger maak en is veral ’n goeie plan vir salm of forel. Jy kan wel ’n snoek of makriel vir 15 minute teen die temperatuur rook wat jy dit normaalweg sou braai, en die geur sal baie lekker wees, veral die volgende dag.
Ribbetjies Rook dit vir 5-6 uur teen 125 ºc. Dis gaar as die vleis sag is.
Lamsboud Rook dit vir 2½ uur teen 110 ºc. Dis gaar as die interne temperatuur 67 ºc bereik.