Weg! Platteland

Gerookte makriel

-

Genoeg vir 4-6

Bereidings­tyd 1 uur

Gaarmaakty­d 15 minute

Jy kan hierdie metode gebruik om enige vis te rook. Makriel is een van my gunsteling­vissoorte, maar ’n mens sukkel om dit vars in die hande te kry. As jy dit gaan rook, maak dit nie saak as die vis eers gevries was nie.

Jy benodig

• 4-6 heel makriele

• 2 ℓ koue water

• 1 koppie (250 ml) sout

• ½ koppie (125 ml) bruinsuike­r

• 40 ml suurlemoen­sap

• 1 teelepel (5 ml) varsgemaal­de swartpeper

Só maak jy

As jy vars makriel gebruik, verwyder eers die kop en binnegoed en vlek die vis. Indien jy bevrore makriel gebruik, sal dit skoongemaa­k wees en dan hoef jy dit net te vlek. (Jy kan makriel rook sonder om dit te vlek, maar al die geur gaan aan die vel kleef, wat ’n mens nie eet nie.) Moenie bekommerd wees oor die grate nie – dit lig maklik uit as die vis eers gerook is.

Kook 2 koppies (500 ml) water en los die sout en suiker daarin op. Gooi dit by die res van die water, voeg die suurlemoen­sap en swart- peper by, en sit dit in die yskas om af te koel.

Sit die vis in ’n bak of emmer en gooi die afgekoelde pekelmengs­el bo-oor. Laat dit vir 30 minute staan. Haal die vis uit die pekel en druk dit met kombuispap­ier droog.

Sit die vis vir ’n uur in die yskas – oop en in ’n enkellaag, velkant na onder. Dis om die vis te laat droog, anders trek die rook nie goed in nie.

Berei die roker voor. Verf die rookrakkie met olie sodat die vis nie daaraan vassit nie. Sit die vis met die vel na onder op die rookrakkie, sit die deksel op en rook dit vir 15-20 minute.

Sit die warm makriel voor met soutvlokki­es en vars, warm brood met plaasbotte­r. Of laat dit heeltemal afkoel en bêre dit vir tot 5 dae in die yskas. Wat oorbly, kan jy vries en in ’n patee (resep onder) of viskoekies gebruik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa