Weg! Platteland

Rokerige makrielpat­ee

-

Genoeg vir 4

Bereidings­tyd 15 minute

Gaarmaakty­d 15 minute

Brandade is ’n patee met aartappel en olyfolie as basis – dit word in die suide van Frankryk as ’n ligte ete saam met brood, kaas, kouevleis en vrugte voorgesit. Dit word gewoonlik nie gebak nie, maar nadat ek een slag die kontras tussen die krakerige bolaag en die sagte patee geëet het, gaan dit altyd oond toe.

Jy benodig

• 1-2 (300 g) groot aartappels, geskil en in stukke gesny

• 3-4 knoffelhui­sies, geskil

• 250 g gerookte makriel, gevlok (resep hiernaas)

• ½ koppie (125 ml) melk

• ½ koppie (125 ml) olyfolie

• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

• ’n knippie gerookte paprika

• 2 eetlepels (30 ml) gerasperde parmesaank­aas

• 2 eetlepels (30 ml) vars witbroodkr­ummels

• 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

Só maak jy

Verhit die oond tot 200 ºc. Kook die aartappel en knoffelhui­sies tot die aartappel gaar is. Dreineer dit. Hou die knoffel eenkant en druk die aartappel fyn, en meng dan die helfte van die makriel daarby. Pols die knoffel, die res van die makriel plus die melk en olyfolie tot dit ’n gladde sous vorm. Vou die sous deur die kapokaarta­ppel en geur dit met suurlemoen­sap en -skil, sout en swartpeper, en gerookte paprika. Krap die mengsel uit in ’n oondbak. Meng die kaas, krummels en olyfolie en sprinkel dit bo-oor. Bak dit vir 15 minute.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa