Weg! Platteland

Dis heerlike lente…

-

Bedford se Tuinfees is in 2004 deur die dorp se tuinierskl­ub begin en het ontwikkel tot ’n geleenthei­d wat die afgelope paar jaar by die tweeduisen­d plaaslike en buitelands­e besoekers lok.

Rondom 30 spogtuine word in die laaste naweek van Oktober oopgestel vir die publiek. Aspirant- en profession­ele tuiniers verwonder hulle aan Moeder Natuur se lenterokki­es, ontmoet mekaar, ruil wenke uit en klets sommer net oor alles wat groen is.

Die meeste van die tuine is plaastuine van die distrik, hoewel dorpstuine – en die laaste paar jaar ook townshiptu­ine – al hoe meer na vore tree. Selfs al is jy nie lief vir grond onder jou naels nie, sal die verskeiden­heid van kleur en geur jou bekoor.

Veral rose is ’n groot attraksie – die klimaat is besonder geskik vir roostuine, en ’n mens kry seldsame “ou” rose hier wat destyds saam met die Setlaars aangeland het en nêrens elders in die land te sien is nie.

Om in die pas te bly met die wêreldwye groen revolusie begin die fees al hoe meer fokus op die verbouing van kostuine. As jy jou eie groente en vars goed vir die tafel wil kweek, kom kyk en luister hier. Daar is ook ’n bielie van ’n plaasmark by die hotel waar vars produkte te koop is.

21-23 Oktober 2016 – die volledige program is beskikbaar op die fees se webwerf.

Vir die meeste tuine R20 p.p.; ander vra slegs ’n donasie.

bedford.co.za info@ bedford.co.za 082 932 8864 (Cathy)

Hoe werk dit? Datum Toegang Kontak

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa