Weg! Platteland

Dit woel in die politiek

-

Met die onlangse Brexit-woelinge in Brittanje het één karakter by 10 Downing Street in Londen gereeld sy verskyning gemaak voor die kameras: Larry, die kat.

Dié bruin-en-wit strepieska­t is in 2011 by die Battersea Dogs and Cats Home gewerf vir die pos van hoofmuisva­nger in die kabinet – dis nou nadat van die knaagdiere ’n paar keer voor die Britse premier se ampswoning opgemerk is.

Larry se eerste 100 dae in die amp was egter nie sonder omstredenh­eid nie. ( Dit gebeur so dikwels met politieke aanstellin­gs. – Reds.) Toe Larry nie ’n enkele muis plattrek nie, het kritici gesê sy vaardighed­e is bedenklik, terwyl ander volgehou het Larry werk net nog aan sy taktiek.

Met die vorige premier, David Cameron, se laaste verskyning in die parlement het hy ’n foto te voorskyn gebring van Larry wat op sy skoot sit – as bewys dat hy en Larry op goeie voet uiteen gaan. Larry, het hy gesê, bly aan in 10 Downing Street.

Intussen, tipies van die politiek, het ’n video met verdoemend­e materiaal op Youtube opgeduik: Hierin kan ’n mens sien hoe Larry in ’n bakleiery met die kat van die bure by nr. 11 (die minister van finansies) betrokke raak.

Ondanks die skandaal het Larry hom goed ingegrawe in die Britse politiek – glad nie sleg vir ’n kat wat van die straat af kom nie! • Gaan kyk op ons Facebook-blad na ’n video oor Larry se lewe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa