Weg! Platteland

KYK BLOMME SOOS ’N BOTANIS

-

Is jy een van daardie mense wat dadelik die kar pak wanneer jy hoor van ’n lentebloms­kouspel, maar jy kan om die dood nie al die blomname onthou nie? Die gewilde gids Photo Guide to the Wildflower­s of South Africa met foto’s en stap-vir-stap identifika­sie van meer as 900 Suid-afrikaanse veldblomme in SuidAfrika, Lesotho, Swaziland en Namibië is nou as ’n app vir jou iphone, ipad of ipod beskikbaar. (Die Android-weergawe sal later vanjaar beskikbaar wees.)

As jy in die veld staan, ’n blom sien en kopkrap oor sy naam of sommer net nuuskierig is oor wat hom besonders maak, kies jy eenvoudig die blomkleur, die maand, en die streek waar jy jou bevind (Grasvlakte, Savanne, Fynbos of Namakwalan­d). ’n Kortlys van moontlike spesies sal op jou skerm verskyn met pragtige foto’s en verspreidi­ngskaarte wat dit nóg makliker maak om die blom te identifise­er.

By elke blomspesie word plantname in verskillen­de tale verskaf (ook Afrikaans), plus ’n beskrywing van die spesie, blomtyd, habitat en ’n interessan­te feit of twee.

Die blomspesie­s wat jy in die veld geïdentifi­seer het, kan ook outomaties met behulp van jou foon se GPS in die app gemerk word. En as jy die app eers geïnstalle­er het, het jy nie weer ’n internetve­rbinding nodig om dit te gebruik nie. Boonop word die app gereeld (en gratis) bygewerk. R370 in die App Store.

Sunbirdima­ges

Prys Kontak

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa