Weg! Platteland

Spruite-en-neutbrood

-

Ons het lensies laat uitloop om in dié brood met sy sagte, sponserige tekstuur en lekker korsie te gebruik. Dit smaak vorentoe met kappertjie­botter (resep hiernaas).

Maak 1 brood Bereidings­tyd 20 minute plus rystyd Baktyd 30 minute

Jy benodig

• 1¼ koppies (310 ml) louwarm water • 2 teelepels (10 ml) kitsgis • 2 eetlepels (30 ml) heuning • 2 eetlepels (30 ml) olyfolie plus ekstra • 2 koppies (500 ml) bruinbrood­meel • 1 koppie (250 ml) koekmeel • 1½ teelepel (7,5 ml) sout • 2 koppies (500 ml) boon- en saadspruit­e – ons het net lensies gebruik, maar jy kan ook kekerertji­es en sonnebloms­aad probeer • ½ koppie (125 ml) droë sade – ons het

sonnebloms­aad en pampoenpit­te gebruik

Só maak jy

Klits die louwarm water, gis, heuning en olyfolie goed saam. Meng die twee soorte meel in ’n mengbak, voeg die water- engismengs­el by en knie dit vir 10 minute met die hand of in ’n menger met ’n deeghaak. Smeer die bol deeg met olie, bedek die bak met kleefplast­iek en laat dit op ’n warm plek rys tot dubbel die volume.

Knie die deeg af en knie dan die boontjieen saadspruit­e en sade daarby in. Druk die deeg liggies in ’n reghoek van omtrent 20 x 30 cm en rol dit dan in die breedte op. Smeer ’n broodpan van 20 x 10 cm met olie en sit die opgerolde deeg daarin met die naatkant na onder. Bedek dit liggies en laat die deeg vir ’n uur eenkant rys.

Verhit die oond tot 200 ºc met die oondrak in die middel. Bak die brood vir 15 minute, verlaag die oondtemper­atuur tot 175 ºc en bak dit vir nog 30-35 minute.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa