Weg! Platteland

Blom-plaatkoeki­es

- Lente 2016

Die kombinasie van laventel, roomkaas en eetbare blomme is gewoon onweerstaa­nbaar!

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Jy benodig

• 1½ koppies (375 ml) koekmeel • 1½ teelepel (7,5 ml) bakpoeier • ½ teelepel (2,5 ml) koeksoda • 3 eetlepels (45 ml) suiker • ½ koppie (125 ml) crème

fraîche of mascarpone • 1 koppie (250 ml) melk • 2 eiers • 1 suurlemoen, skil fyngeraspe­r

en sap uitgedruk • 1-2 eetlepels (15-30 ml) droë

laventelbl­ommetjies • botter vir vlakbraai • 1 koppie (250 ml) eetblare blomme – viooltjies en gesiggies werk goed

Só maak jy

Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en suiker goed saam. Meng die crème fraîche, melk en eiers in ’n aparte bak of die beker van ’n voedselver­werker en voeg die suurlemoen­skil, 2 eetlepels (30 ml) van die suurlemoen­sap en die droë laventelbl­omme by. Vou dan die nat mengsel by die droë bestanddel­e in tot dit net-net gemeng is.

Verhit ’n kleefvrye pan en smelt 1 teelepel (15 ml) botter daarin. Drup ’n ¼ koppie (60 ml) beslag per plaatkoeki­e in die warm pan en braai dit tot die koekie goudbruin en gaar aan die onderkant is. Net voordat jy dit omdraai, versier die bokant met 2 of 3 eetbare blommetjie­s. Draai die koekies om en braai die ander kant netnet lank genoeg tot die plaatkoeki­e deurgaar is. Herhaal die proses met die res van die beslag en voeg nog botter by die pan soos jy aangaan.

Platteland sê

Sit die plaatkoeki­es voor met heuning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa