Weg! Platteland

Blomgeur jellie

-

Vang die geur van enige eetbare aromatiese blomme vas deur ’n konfytjell­ie of soet stroop daarmee te geur. Dié jellie, wat losweg op Diana Henry se oorspronkl­ike resep vir laventel- of kruieblomm­e (soos roosmaryn) gegrond is, is amper soos ’n kweperjell­ie – ’n heerlike pasmaat vir ’n kaasbord of vleisgereg­te. Dis ’n bietjie moeite om dit te maak, maar die eindresult­aat maak alles die moeite werd (en ook ’n spesiale geskenk). Omdat ’n mens soms sukkel om pektien op die platteland op te spoor, het ek dié metode gekies waarin die appels die nodige pektien verskaf.

Maak 7 flessies van 250 g elk Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 1½ uur plus dreinering oornag

Jy benodig

• 1,5 kg appels, met skil en pitte en al

in stukke gesny • 2 koppies (500 ml) kanferfoel­ieblommetj­ies ( al die groen dele verwyder (behou slegs die blomblare en kern met die nektar) • 650 ml appelasyn • 7 takkies pynappelsa­lieblomme • sowat 650 g suiker (sien die metode – jy het 450 g suiker nodig vir elke 600 ml vloeistof)

Só maak jy

Bedek die appelstukk­e en kanferfoel­ieblomme met 750 ml water. Verhit die water tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir 45 minute prut. Voeg die asyn by wanneer die appel heeltemal sag is en laat dit vir nog 5 minute prut.

Drapeer ’n stuk kaasdoek oor ’n groot kastrol en gooi die appels op die doek uit. Knoop die punte bymekaar en haak dit oor ’n kraan sodat die sak met appels oor die kastrol hang, of druk ’n houtlepel deur die knoop van die kaasdoek en laat dit oor die kastrol balanseer (sorg dat daar minstens 20 cm oop is tussen die onderkant van die doek en die boom van die kastrol). Laat dit oornag staan en moenie die proses probeer aanjaag deur die appel byvoorbeel­d deur die doek te vryf nie – dan sal die eindproduk nie helder wees nie.

Meet die volgende dag die vloeistof wat deurgedrup het in ’n maatbeker af en gooi dit saam met 450 g suiker vir elke 600 ml vloeistof in ’n kastrol. Verhit die appelvloei­stof en suiker oor lae hitte en roer dit tot al die suiker opgelos het. Verhit dit dan tot kookpunt en kook dit tot die jellie stolpunt bereik het (105 ºc op ’n suikerterm­ometer). As jy nie ’n suikerterm­ometer het nie, kan jy ’n teelepel jellie skep op ’n kleinbordj­ie wat jy in die vrieskas gesit het. Laat dit vir 1 minuut staan – as jy die jellie met jou vinger druk en dit vorm plooie, is dit reg.

Skep die warm jellie in gesterilis­eerde flessies en druk ’n takkie pynappelsa­lieblomme in elkeen. Bedek die bek van die flessies met waspapier en draai die deksels op. Draai die flessies gereeld om terwyl dit nog stol, sodat die blomme nie afsak nie. Die jellie sal ’n jaar hou op ’n donker spensrak. Hou dit in die yskas nadat jy dit oopgemaak het. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa