Weg! Platteland

Blomtempur­a met mikrokrui-mayonnaise

-

Jy sal verbaas wees hoeveel eetbare blomme daar regdeur die jaar in jou sier-, kruie- en groentetui­n is. Ons het pampoenblo­mme, krulkoolbl­are, sonnebloms­aadspruite, basilieblo­mstele en naelblomme ( Dianthus) gebruik.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Jy benodig

VIR DIE BLOMTEMPUR­A • 3 koppies (750 ml) eetbare blomme en blare • 1 koppie (250 ml) koekmeel • 1 koppie (250 ml) mielieblom • 1 eier • 1 koppie (250 ml) yskoue sodawater • 1 ℓ canola- of druiwepito­lie vir diepbraai

VIR DIE MIKROKRUIE-MAYONNAISE • 1 eier • 2 eetlepels (30 ml) suurlemoen­sap • ¼ koppie (60 ml) mikrokruie van jou keuse – ons het ’n mengsel van basilie, roket en mosterdbla­artjies gebruik • 1 koppie (250 ml) druiwepito­lie

Só maak jy

Maak die mayonnaise Pols die eier, suurlemoen­sap, mikrokruie en ’n knippie sout tot glad. Laat die voedselver­werker teen ’n taamlik hoë spoed loop terwyl jy die olie stadig en in ’n baie dun straaltjie byvoeg. Hou aan klits tot die mayonnaise verdik. Proe en geur dit na smaak met sout of nog suurlemoen­sap, indien nodig, en bêre dit in die yskas. Maak die blomtempur­a Sny enige harde, droë of oneetbare dele van die blomme af. Meng die koekmeel en mielieblom en roer dan die eier en net genoeg water by sodat jy dit deeglik kan meng. Voeg dan die res van die water by, maar moenie dit te veel roer nie. Sit die tempurabes­lag in die yskas.

Verhit die olie vir diepbraai tot dit baie warm is, maar nog nie begin rook nie – die temperatuu­r is reg as jy ’n druppel deeg laat inval en dit borrel liggies, maar brand nie dadelik swart nie.

Doop die skoongemaa­kte blomme een vir een in die beslag, laat die meeste van die beslag afdrup en dompel dan die blom in die olie. Braai ’n paar blomme op ’n slag, maar moenie die kastrol te vol maak nie. Wag tot die beslag goudbruin en bros is, skep die blomme met ’n gaatjiesle­pel uit en laat dit op kombuispap­ier dreineer. Sit dit dadelik voor met sout, suurlemoen­skyfies en mikrokruie-mayonnaise.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa