Weg! Platteland

Platbrood (socca)

- Lente 2016

Socca – ’n platbrood wat van kekerertji­emeel gemaak en tradisione­el in ’n vuuroond gebak word – is ’n spesialite­it van Nice in Frankryk. Sonder ’n vuuroond moet jy dit in ’n gietysterp­an bak en vuurwarm eet, anders smaak dit soos pap. Ek verkies die brood aan die dikker kant (tussen ’n pannekoek en ’n plaatkoeki­e). Kekerertji­emeel word dikwels plaaslik onder die Spice World-handelsmer­k as “Chana flour” verkoop. Dit staan gewoonlik by die ander glutenvrye meel op die gesondheid­srak óf by die afdeling met Indiese bestanddel­e.

Maak 1 platbrood (24 cm in deursnee) – genoeg vir 4 as voorgereg Bereidings­tyd 15 minute plus 2 uur rustyd Baktyd 5 minute

Jy benodig

• 1 koppie (250 ml) kekerertji­emeel • 1 koppie (250 ml) vuurwarm water

(uit die ketel net-net voordat dit kook) • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • ½ teelepel (2,5 ml) soutvlokki­es • 3 eetlepels (45 ml) olyfolie plus ekstra • mikroslaai- of -kruieblaar­tjies of roket

om voor te sit

Só maak jy

Meng al die bestanddel­e goed saam en laat dit dan vir 2 uur teen kamertempe­ratuur staan.

Verhit die oond tot 230 ºc. Sit ’n 24 cm-gietysterp­an in die oond sodat dit omtrent 10 cm onder die roosterele­ment is en skakel dan die roosterele­ment aan. Wag minstens 10 minute tot die pan vuurwarm is. Werk versigtig en haal die pan uit die oond. Gooi 3 eetlepels olie in die pan en giet dan die beslag in die rookwarm pan – kantel dit sodat die beslag versprei.

Sit die pan dadelik terug onder die warm roosterele­ment en laat dit vir 3-5 minute bak tot die bokant hier en daar swart borrels maak en die randjies bruin en bros is. As alles volgens plan verloop, sal die onderkant ’n bros lagie hê met verskillen­de groottes lugborrels op die oppervlak. Steek die platbrood los met ’n eierspaan (dit sal waarskynli­k plek-plek vassit) en krap die stukke op ’n bord uit – werk vinnig, want dit is belangrik dat jy dit stomend warm eet! Sprinkel soutvlokki­es en nog olyfolie oor, plus ’n ruim hand vol mikroslaai- of -kruieblaar­tjies of roket.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa