Weg! Platteland

Nuwerwetse salm met sitrus

-

Dié resep is geskik vir enige vis en is moeilik om te bederf – selfs as jy dit effens te lank in die oond los, sal die vis steeds sappig wees. Maar onthou, elke oond (én mens en vis) is anders: Ons het die resep sonder ’n oondwaaier getoets en 15-20 minute was net reg vir my, maar jy sal dalk 30 minute verkies.

Genoeg vir 4-6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 15-25 minute

Jy benodig

• 4 Clemengold-nartjies ( jy kan ook

gewone nartjies of lemoene gebruik) • 1 knoffelhui­sie, gerasper • 1 salot, gerasper (of gebruik ¼ ui) • 1 teelepel (5 ml) fyn komyn • 1 teelepel (5 ml) droë rissievlok­kies • ½ teelepel (2,5 ml) growwesout • varsgemaal­de swartpeper na smaak • 600 g heel salmfilet met vel

maar grate verwyder • 6 takkies dragon (

koljanderb­lare (sien “

Só maak jy

of ’n bossie sê” onder) Maak ’n sitrussous deur twee van die nartjies se sap uit te druk en die skil te rasper. Meng dit met die knoffel, salot, komyn, rissievlok­kies, sout en swartpeper. Hou die sous in die yskas, maar moenie nou al die vis daarin sit nie – die suur sap sal die tekstuur verander.

Sny 30 minute voor jy die vis wil voorsit, die orige 2 nartjies met skil en al in skyfies. Pak die helfte van die skyfies in ’n oondbak wat met olie gesmeer of met bakpapier uitgevoer is. Sit die vis met die velkant na onder op die sitrusskyf­ies – dit sal die vis help dreineer wanneer dit bak. Pak die orige sitrusskyf­ies en die dragon of koljander bo-op en skink die sitrussous eweredig bo-oor. Laat dit buite die yskas staan terwyl jy die oond met die oondrak in die middel verhit tot 120 ºc (sonder die waaier).

Sit die vis in die oond en rooster dit oop vir 15 minute. Toets die dikste deel met ’n vurk – dis reg sodra jy dit kan vlok en die vel maklik loskom. Hou die vis tot opskeptyd eenkant onder foelie. Die vis gaan te sag wees om dit in netjiese porsies te sny – gebruik dus sommer twee groot slaailepel­s om porsies te skep.

Platteland sê

Dragon en koljander het albei ’n baie kenmerkend­e geur. Vervang dit met enige kruie van jou keuse – basilie, pietersiel­ie of takkies vars vinkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa