Weg! Platteland

Ertjies en aspersies met soutige haselneute

-

Die kombinasie van haselneute en parmaham gee die lentegroen­te woema sonder om die vars geur daarvan te verdoesel.

Genoeg vir 4-6 Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Jy benodig

• 200 g vars aspersies, in stukke van 4 cm gesny • 240 g mangetout of suikerertj­ies (

of uitgedopte jong ertjies • 70 g parmaham of prosciutto, in repies gesny ( jy kan ook gewone gerookte strepiespe­k gebruik) • 2 eetlepels (30 ml) botter • 2 preie, loof verwyder en in skyfies gesny • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • skil van 1 lemoen • 2 eetlepels (30 ml) haselneute, gerooster

(of gebruik amandels) • 2 eetlepels (30 ml) fyngekapte

vars pietersiel­ie

Só maak jy

Kry ’n groot bak met yswater gereed. Stoom die aspersies en ertjies (of dompel dit vir ’n minuut in ’n kastrol met kokende water) tot dit grasgroen raak. Skep dit dadelik met ’n kombuistan­g uit en dompel dit in die yswater om die kookproses te stop. Laat dit dan eenkant in ’n vergiettes dreineer.

Braai die parmaham vinnig in ’n kleefvrye pan of kastrol tot dit effens bros is. Voeg die botter, prei en knoffel by en soteer dit vir omtrent 10 minute oor lae hitte tot die prei sag is. Laat dit eenkant in die pan afkoel.

Rasper die lemoenskil en meng dit met die geroosterd­e neute en fyngekapte pietersiel­ie en hou eenkant. Sit dit voor Verhit weer die pan met die parmaham en preie tot dit warm is. Voeg die gestoomde aspersies en ertjies by en roerbraai dit vir 2 minute tot alles deurwarm is. Roer die lemoenskil, neute en pietersiel­ie deur, geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper en skep dit in ’n mooi opdienbak. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa