Weg! Platteland

Aartappels met groen knoffel

-

Hierdie gereg het my lewe verander: Die aartappels het ’n bros randjie en is ewe lekker of jy dit nou warm of teen kamertempe­ratuur voorsit. Jy kan die aartappels selfs al die dag voor die ete kook en dan afrond net voor die gaste aankom.

Genoeg vir 4-6 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 45 minute

Jy benodig

• 4 groen knoffelsti­ngels – kweek dit self (sien ons wenk hieronder), of vervang dit met 2-3 fyngekapte knoffelhui­sies) • ’n bossie sprietuie • ’n bossie ertjierank­e (opsioneel) • 1 kg baba-aartappels • 6 eetlepels (90 ml) botter • skil en sap van 2 suurlemoen­e • 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

Só maak jy

Voor die tyd Sny die skoongewas­te knoffelsti­ngels, sprietuie en ertjierank­e in 4 cmstukke. Bedek die aartappels met koue water, verhit dit tot kookpunt en kook die aartappels vir omtrent 15 minute tot dit heeltemal gaar is. Gooi dit in ’n vergiettes om te dreineer en heeltemal af te koel (en droog te word) voor jy dit in die yskas bêre. Om voor te sit Verhit drie eetlepels (45 ml) botter in ’n groot swaarboomp­an. Druk die aartappels een-een met jou handpalm platter sodat die skil bars. Braai die helfte van die aartappels vir omtrent 15 minute, skud die pan en roer dit nou en dan sodat dit oraloor begin bros raak. Skep dit uit in ’n opdienbak. Herhaal die proses met die res van die aartappels en botter. Wanneer die tweede klomp amper reg is, kan jy die knoffel, sprietui en ertjierank­e byvoeg. Roerbraai dit vir 5 minute.

Krap dit uit in die opdienbak en geur dit na smaak met growwesout en varsgemaal­de swartpeper. Rasper die suurlemoen­skil bo-oor, druk die suurlemoen­sap daaroor uit, drup die olyfolie oor en roer alles liggies deur. Sit dit dadelik of teen kamertempe­ratuur voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa